Eie skole, skole wat aan die gemeenskap behoort, skole waar wêreldgehalteonderrig sonder jaloesie of onder politiek gebuk moet gaan, is wat ons soek. En dit is wat ons vir onsself moet bou.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Solidariteit Jeug"
Jeug teleurgesteld deur skisofreniese staatsrede
Maar dit verhoed nie die jeug om die toekoms in hul eie hande te neem nie. Ons het nie die regering se toestemming nodig om vir onsself ʼn toekoms in die land te bou nie. Wie weet, dalk sal daar eendag ʼn slim stad in Suid-Afrika wees. As jongmense sal ons egter nie ons geld op Ramaphosa sit om dit ʼn realiteit te maak nie.
As die jeug nie saamkom nie, is dit verniet
Oor die afgelope maande word ek baie met een spesifieke ding gekonfronteer: Emigrasie. Die tyd toe ek die hoeveelheid skool- of universiteitsvriende wat oorsee werk op my twee hande kon tel, is lankal verby.
President Ramaphosa se boomparadoks
Pres. Ramaphosa, jong Suid-Afrikaners, veral jong wit Suid-Afrikaners, na wie daar spesifiek verwys is, gaan soek nie na groener weivelde uit arrogansie of gierigheid nie. Nee, hulle gaan omdat hulle nie op die plaaslike weiveld toegelaat word nie.
Yes4Youth sluit nie meer wit jeugdiges uit
“Ons hoop dat Yes4Youth se besluit ʼn voorbeeld sal wees vir maatskappye soos Discovery, Eskom en Sasol sodat hulle hul rasse-uitsluiting binnekort sal staak.”
Departement gemaan oor nie-betaling van internskappe
Die Gautengse departement van gesondheid is gemaan om persone wat mediese internskappe doen en onlangs geplaas is, maar nie die afgelope week betaling ontvang het nie, dadelik te betaal.
Werkbare motivering vir 2019 en daarna!
Vir my kom hierdie hele verduideliking van intrinsieke motivering, motivering wat van binne af kom, neer op een woord: Roeping. Ek glo dat jy nie toevallig is waar jy is nie, ek glo dat jy met ʼn baie spesifieke doel daar geplaas is.
Medici in krisis
As Suid-Afrika werklik op pad wil wees na eerstewêreldstatus, behoort ons alles in ons vermoë te doen om hooggekwalifiseerdes van die begin af welkom en gewaardeerd te laat voel – en dit is nie wat tans gebeur nie!
Gaan meganisering ons almal werkloos én moedeloos laat?
Gaan ek eendag vervang word deur ʼn vriendeliker, vinniger, en slimmer robot? Gaan my werk of beroep nie meer bestaan nie, omdat tegnologie dit oortollig verklaar het?
Raad vir eerstejaars: Koshuis, kommune, of woonstel?
Begin jy in 2019 met jou studies? Een van die belangrikste besluite is om te bepaal waar jy jou kop elke aand ná harde studies en aktiewe studentebetrokkenheid gaan neerlê.
Regstappe aangekondig teen Yes4Youth
Solidariteit Jeug het tydens die konferensie bekendgemaak dat hy regstappe namens een van sy lede, Danie van der Merwe, wat werkloos is en uit hierdie program uitgesluit word weens sy velkleur, gaan neem.
Wees veilig op en om die kampus
Hier is ‘n paar wenke om jouself en jou besittings te beskerm. Só voorkom jy dat jou studentedroom in ‘n misdaad-nagmerrie ontaard.
Raad vir eerstejaarstudente
Die oorgang van hoërskool na universiteit is nie maklik nie. Daar kom baie verantwoordelikhede en veranderings by. Ongelukkig oorweldig die veranderings talle eerstejaarstudente.
Studiebeurse: Wat is dit en hoe werk dit?
Indien finansiering die uitdaging is wat tussen jou en jou droomloopbaan staan, is die antwoord dalk om aansoek te doen vir ʼn beurs. Hier is ʼn paar dinge om te onthou wanneer jy aansoek doen.
Studielenings: Hoekom, hoe, en waar?
Meeste van ons is deeglik bewus daarvan dat tersiêre studies werklik duur is. Ons het so bietjie gaan rondsnuffel op van die grootste banke in die land se webwerwe, om te bepaal hoe presies studielenings werk.
‘Yes4Youth mislei publiek oor oopstelling van skema’
“Yes4Youth sê steeds vir die jong wit werklose: “Jy is eintlik onwelkom; gaan staan asseblief in ʼn ander ry.”
Die nasionale minimumloon se katastrofiese impak op die Suid-Afrikaanse jeug
Ons stel voor dat die minimumloon, as dit dan nou moet geld, slegs van 24-jarige ouderdom af geld. Hierdie voorstel sou werkgewers wat tydelike poste of geleenthede vir ongeskooldes het, aanspoor om jongmense aan te stel.
Lewe jy aspris of per ongeluk?
Om per ongeluk te lewe is maklik, jy doen net-net genoeg. As jy bevorder word, is dit toevallig en jy is verbaas daardeur. As jy nie bevorder word nie, dan is dit maar so. Om aspris te lewe is nie maklik nie, allermins.
Hoe om beter te wees – in alles!
Daarom sê ons by Solidariteit Jeug #WeesBeter: ja, beter as ander aansoekers, beter as die wette en regulasies wat jou terughou. Bowenal, wees môre beter as wat jy vandag is!