Dis die laaste week van 2016 en ons neem afskeid van die jaar. As jy ʼn bietjie nadink oor die afgelope jaar, hoe sou jy dit opsom?
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: Geloofsversekerdheid – nie meer verlore
Mag ek die vertroue uitspreek dat ons viering van Kersfees spruit uit ʼn geloofsekerheid. Die baba in die krip is ook die Koning van my en jou lewe.
ToekomsVenster: Ontvang God se Kersgeskenk dankbaar en in geloof
Het jy die geskenk al geneem, “oopgemaak” en in verwondering by die kruis gestaan?
ToekomsVenster: Nie goedkoop genade nie, maar duur gekoop
God gee Homself prys ter wille van mense.
ToekomsVenster: Die hele wêreld
God se bevrydende liefde, onverstaanbaar en onweerstaanbaar, moet met alle mense gedeel word. Die nasies van die wêreld moet deur ons gehoorsaamheid, woorde en dade, kom en gaan bewus word van die reddende genade van God in Christus.
ToekomsVenster: Onweerstaanbare liefde
Mense (harte) verkrummel in sy teenwoordigheid; alle weerstand behoort soos mis voor die son te verdwyn. Betoon besondere dankbaarheid hierdie Kerstyd vir die onverstaanbare en onweerstaanbare liefde van God.
ToekomsVenster: Kom na die Here
Die weg na die Vaderhart is oop. Mense kan vanuit die voorhof vorder tot in die allerheiligste teenwoordigheid van die Almagtige.
ToekomsVenster: Mag die Here jou seën
En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ’n verskil in die wêreld kan maak sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word. nie
ToekomsVenster: Beelddraers van God
Wanneer gaan ons ophou baklei? Wanneer sal die Kersvrede van ons besit neem?
ToekomsVenster: Prioritiseer jou verhouding met God
Die plek vir die Here gereed maak kan verskillende goed beteken. Ek vermoed dat die digter sy verhouding met God weer wil prioritiseer. Nuwe Testamenties-gesproke woon die Here tog in elkeen van ons.
ToekomsVenster: Soos ʼn kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het
“Ja, al is die Here hoog verhewe, Hy gee om vir die nederige, maar Hy sien van ver af deur die hoogmoedige.”
ToekomsVenster: God weet sonde verniel
God weet sonde verniel die lewens van sy kinders oneindig. Geen vader wens sy kinders dit toe nie. Daarom dat God ʼn afsku het in sonde. Moenie toegee aan die pretensies van die bose nie.
ToekomsVenster: Die prys wat Hy betaal het
Die prys wat Hy betaal het om my skuld weg te neem, is ongeëwenaar in die geskiedenis van die mensdom. Onthou, dis nie een mens wat sy lewe vir ʼn ander gee nie, dis die Seun van die mens wat Sy lewe gewillig aflê.
ToekomsVenster: Die verantwoordelikheid om ander te seën
Ag, ons moet mekaar baie meer seën. Daar gebeur iets wanneer mense in die naam van die Here geseën word.
ToekomsVenster: By God is niks tevergeefs nie
Selfs al werk dinge nie uit nie, bly elke ervaring ʼn leerskool vir die lewe. In en by God is niks tevergeefs nie. Dank Hom daarvoor.
ToekomsVenster: Die Here sal ons lot verander
“Roep my aan in die dag van benoudheid en Ek sal julle uitred en julle sal my eer”.
ToekomsVenster: Omvattende sorg en beskerming van die Here
Die ervaring van die beskerming wat die berge bied, is ʼn metafoor van die veiligheid wat die geloofsgemeenskap by God beleef. Die woorde “van alle kante” is betekenisvol. Dit is asof God se kinders die berge soos toevouende hande beleef, sagkens gedra deur ʼn ontfermende God.
ToekomsVenster: Daar’s niks wat my God nie kan doen
Ons kinders sing: My God is so groot, so sterk en so magtig. Daar’s niks wat my God nie kan doen!
ToekomsVenster: Vriende, broers, kollegas en medewerkers van die lewende Christus
Dis ʼn pragtige gebed van afhanklikheid en aangewesenheid op die God van die Bybel. Nuwe-Testamenties is ons nie meer slawe nie maar vriende, broers, kollegas en medewerkers van die lewende Christus wat onder en deur ons teenwoordig en werksaam is. Dit getuig van ʼn gewilligheid om deur Hom geleer en begelei te word.
ToekomsVenster: Geloofsverkeer met medegelowiges
Die beginsel in hierdie vers is eerder die belangrikheid van geloofsverkeer met medegelowiges, saam besig om aan die Koning van die konings eer en lof te bring.