Foto’s: Só lyk Mej. Heelal SA se kostuums

Zozibini Tunzi in vanjaar se nasionale kostuum genaamd Waves of Love. (Foto: Instagram)

Zozibini Tunzi, die huidige Mej. Suid-Afrika, het Vrydag haar uitrustings vir die Mej. Heelal-kompetisie onthul.

Die kompetisie vind op 8 Desember in Atlanta in die Amerikaanse deelstaat Georgia plaas en elke skoonheid moet oudergewoonte ʼn nasionale kostuum wat haar land verteenwoordig vir die kompetisie saamneem.

Tunzi het vanoggend haar nasionale kostuum genaamd Waves of Love gedurende ʼn geleentheid in Sandton onthul. Dié uitrusting bestaan uit liefdesbriewe wat mans vooraf gevra is om aan die vroue van Suid-Afrika te skryf en vertoon elkeen van die landskleure.

“Hier is sy! Waves of love. Ek is trots om ’n golf van Suid-Afrikaanse liefde op die Mej. Heelal-verhoog te dra,” het Tunzi op Instagram geskryf.

Die aandrok wat Zozibini Tunzi by die kompetisie gaan dra. (Foto: Instagram)

Lloyd Kandlin van The Costume Department het vanjaar se nasionale kostuum ontwerp. Kandlin is geen vreemdeling wanneer dit by die ontwerp van Mej. SA-uitrustings kom nie en het vantevore ook deelnemers soos Tamaryn Green en Demi-Leigh Nel-Peters geklee.

Maroela Media het vroeër berig Nel-Peters se nasionale kostuum is deur die protea geïnspireer, terwyl Green op haar beurt die bloukraanvoël in haar kostuum verteenwoordig het.

Tunzi het ook die een van die aandrokke wat sy gaan saamneem, onthul. Die handgeborduurde aandrok is deur Biji Maison ontwerp en is deur die land se mineraalrykdom geïnspireer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hannetjie ·

Ek is ook verstom!Wonder net hoe ongemaklik dit moet wees.Krismisboom.

Essa ·

Hierdie vrou is elegant, stylvol en beeldskoon. Die nasionale kostuum sou by haar pas sonder die “waves”. Ai, die ontwerper is nie ons Mej Wêreld kandidaat se beste vriend hiermee nie. Sterkte Zozibini – jy is ‘n wenner.

Rohan ·

Baie sterkte Zozibini! Hou ons SA naam omhoog! Baie interessante rok. Almal wat so snedig is met aanmerkings, gaan kyk bietjie na ander lande se rokke. Hierdie is ‘n meesterstuk teenoor meeste van die ander lande s’n.

My mening ·

Sy is so pragtig, sy verdien n lieflike uitrusting! Die nasionale kostuum lyk soos n laslap gedoente en die aandrok is vaal en vervelig.

Penellope Jones ·

Sjoe, ek hou baie van haar aandrok – baie elegant.
Voorspoed Zozibini!

Koos Dup ·

Die aand rok ja, mooi, maar die ander een, “goodness gracious, what is that?!”.

CabyTheron ·

Nee wat, los die katterigheid! Sy is pragtig en stylvol en intelligent. Sy kan enige rok aantrek en sy gaan mooi lyk. Sy kan sekerlik nie almal se stylsmake bevredig nie. Ek hoop sy wen die kroon op 8 Desember.

Hannah Van der Merwe ·

Ek hou vd aandrok se snit maar dis baie “bland”. Oor die ander stukke lap kan ek niks goeds sê nie

LB ·

Die aanrok smelt mooi in by haar vel. Die ander “rok” lyk soos n baba stootwa waarin sy vervoer word. Nie snedig, net my opinie.

Elaine ·

Sy is beeldskoon. Maak nie saak wat sy aantrek nie ek dink sy is so pragtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.