Maroela Media se 10 gewildste vermaak-artikels vir 2021

Hierdie tien artikels is in 2021 die meeste gelees op Maroela Media se vermaak-portaal.

  1. Kyk: Neels nie meer ‘op sy eish’ ná finale keuse

Neels van Jaarsveld, die Afrikaanse akteur wat vir 13 weke in die eerste seisoen van die kykNET-maatsoekreeks Op my eish na ‘n pasmaat gesoek het, het sy uiteindelike keuse gemaak.

  1. Boer Niel en sy Cheréze: ‘Dit was vir ons bestem’

Niel Bruwer en Cheréze Maree van Boer soek ʼn vrou is na afloop van die jongste seisoen beslis een van dié gewilde TV-maatsoekreeks se gunstelingpaartjies.

Cheréze en Niel van Boer soek ‘n vrou-faam is verloof. (Foto: Inecke Photography)

  1. Foto’s: Voormalige Mej. SA verloof

Liesl Laurie, voormalige Mej. Suid-Afrika en radio-omroeper op JacarandaFM, het verloof geraak.

Liesl Laurie en haar verloofde, dr Musa Nthombeni. (Foto: Instagram)

  1. Liefdespaadjie skei vir Richann, René van BSV

Richann Brüssow en René de Klerk, die gewilde paartjie wat mekaar op die kykNET-maatsoekprogram Boer soek ʼn vrou ontmoet en sedertdien as die sangduo Reën bekend staan, se liefdespaadjie het geskei.

Richann en René van Reën. (Foto: Verskaf)

  1. Video: TikTok se goue paartjie se ‘unieke belofte’

Roberto (Robbie) de Gouveia, of KingBerto soos hy op sosiale media bekend staan, het Maandag sy meisie, die TikTok-ster Chané Grobler, verras met ʼn beloftering.

Chané Grobler en haar kêrel, KingBerto, oftewel Robbie de Gouveia. (Foto: Verskaf)

  1. Foto’s: Karlien, Bobby se sus hou bruilof

Cara Brink, halfsuster van die sangers Karlien en Bobby van Jaarsveld, is in ʼn stylvolle seremonie in Pretoria met Dwane van Aardt getroud.

Cara Brink, suster van Karlien en Bobby van Jaarsveld, is Saterdag getroud met Dwane van Aardt. (Foto: Marika Wilkins Wedding & Lifestyle Photography)

  1. ‘Boer soek ʼn vrou’ se Ilne trou

Ilne Prinsloo, een van die kykNET-reeks Boer soek ʼn vrou se gewildste deelnemers, is getroud.

Die pasgetroudes (Foto: Instagram)

  1. Rasperstemsanger, vrou binnekort baba ryker

Die rasperstemsanger Juan Boucher en sy vrou, Shamodene, word binnekort ʼn pienkvoet ryker.

Shamodene en Juan Boucher. (Foto: Kreativ)

  1. Bok se Hanna maak oop oor nuwe baba

Bok van Blerk en Hanna Grobler het Sondag bekend gemaak dat hulle op 21 September vanjaar ʼn babadogtertjie ryker geword het.

Hanna Grobler het dié foto van haar en baba Papillon op Facebook en Instagram gedeel.

  1. Saluut vir oom Willie, Theuns se pa

Regop staan oom Willie daar. Hy kyk ons almal reg in die oë. Die orkes speel terwyl die sangers die kis indra. Die draers se gesigte is stroef.

Theuns Jordaan se pa, Willie Jordaan, en die sangeres Juanita du Plessis, ondersteun mekaar voordat die kis in die kerk ingedra is. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.