Angie Oeh benoem vir Aitsa-musiektoekenning

Biggy en Angie Oeh se lied “Die way sy” is benoem vir ʼn Aitsa Afrikaanse-musiektoekenning. (Foto: Johan Vividd/Instagram/@bigbiggerbiggy)

Die jong musikant Angie Oeh wat op 19 Augustus haar kort stryd teen longkanker verloor het, en die kletsrymer Biggy se lied “Die way sy” is benoem vir ʼn Aitsa Afrikaanse-musiektoekenning vir beste hiphop- of kletsrymliedjie van die jaar.

Biggy en Justin Vega se lied “King van die jol”, sowel as kletsrymer Loufi en Jayms se “Bank rob” is ook onder dié kategorie se benoemdes.

Die Aitsas word deur Pretoria FM aangebied en is sedert 2019 ʼn platform om Afrikaanse kunstenaars, liedjieskrywers, vervaardigers, bestuurders en platemaatskappye te vereer vir hul bydraes tot die plaaslike musiekbedryf.

Maroela Media het vroeër berig dat Oeh, wie se regte naam Angelique Greeff is, laat Saterdagmiddag in die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria op die ouderdom van 24 dood is. Fase 4‑longkanker is die week tevore by haar gediagnoseer.

Oeh, wat in 2021 op die Afrikaanse musiektoneel verskyn het met haar omstrede voorkoms en lirieke, het die afgelope paar jaar saam met verskeie bekende kunstenaars in die bedryf gewerk, onder andere Biggy, Loufi, Peach Van Pletzen en Jack Parow.

Volgens Louise Crouse, Oeh se publisiteitsbestuurder, was die jong musikant ten tyde van haar diagnose besig om aan nuwe musiek te werk. Of van dié musiek nog die lig gaan sien, is nie op die oomblik bekend nie.

“Jy lewe vir ewig in ons harte en ek sal seker maak die wêreld onthou jou naam. Dankie dat ek jou kon ken. Mag jy nou sag rus en nie meer pyn voel nie. Ons is lief vir jou Angie,” het Biggy kort na Oeh se dood op Instagram geskryf.

Inskrywings vir Aitsa-musiektoekennings het op 26 Mei 2023 gesluit en toekennings word op Dinsdag 19 September in die Choose Life-ouditorium in Moreletapark oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

kragaap ·

Waarom, maklik om mense irriteer met uitlokkende en onsmaaklike lirieke. Om iets van waarde te skep is moeiliker.

Harry ·

Just because you don’t like what she did does not mean everyone feels the same as you. People are different and like different things. And also, most people don’t get offended by song lyrics.

Elma ·

“SOME people” might not get offended by song lyrics. It’s a bit of an overstatement to say “most people”.

kragaap ·

Kan jy Afrikaans lees, aangesien jy in engels antwoord ? Waar het ek gesê ek hou nie van wat sy doen nie ?

Janine ·

Ons Afrikaners…. Lyk my al die frustrasies met die huidige regering word op onskuldige mense uitgehaal, net omdat hulle “anders” is. Nee, genade! ‘n Jong meisiekind is oorlede, en dit is tragies! 24 jaar oud. Sy was jonger as my oudste twee kinders, en my hart breek vir haar ouers en geliefdes! Ek voel vere wat sy gesing het/gesê het/gedoen het!!!!!

Elmarie ·

Stem só met jou saam. So jonk en soveel moontlike potensiaal wat nét so weggeruk is uit die lewe. Jammer sy kan nie self hier wees om benoeming en moontlike wen te kry nie.

kragaap ·

Wat het dit met haar lirieke of lewensbeskouing uit te waai of die feit dat sy die benoeming gekry het ?

Willem ·

Tenminste kan sy nie nog meer mense in die verderf lei met daai snert wat sy musiek noem nie. Sy sal binekort vergeet word net soos haar “musiek”

Erika ·

Ek het ook gaan loer wie sy was op you tube, kon nie een van die “songs” langer as 2 minute luister nie, dit is die grootste pot snert onder die son, dankie tog smaak verskil, maar vir my, is dit waglik. Wat mens dit noem, weet ek nie, maar musiek beslis nie. NOT MY CUP OF TEA.

kragaap ·

Soos jy van dit hou en dit sê is daar die wat nie daarvan hou nie en dit ook sê. Erika is reg.

Mariette ·

Ai Willempie. Dat iemand so ‘n swart hart moet he… Dis iemand se dogter, suster, vriendin van wie jy sulke snert kommentaar lewer. Maar weet jy, jy gaan nog vinniger vergeet word as sy eendag. My innige meegevoel aan haar familie. Ek is seker daarvan julle sal haar nooit vergeet nie!

kragaap ·

Die musiek was nog steeds kru. Moet mens dit goedpraat omdat sy iemand se dogter was ? Onsin.

Leeubekkie ·

Ai, as mens darem in die verderf gelei word deur ander se musiek, dan het ek nie veel hoop vir jou nie. ‘n Bietjie simpatie het niemand nog skade berokken nie.

Willem ·

Ek praat nie van myself wat in die verderf gelei word nie maar wel die jeug wat haar aanvangs gehoor was. Ek is o.k weet waarvoor om uit te kyk, so jy hoef jou nie oor my te bekommer nie.

Harry ·

Most disgusting thing I’ve read in a while. Go read the poem, no man is an island and get some culture.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.