In Suid-Afrika gaan “die burokratiese proses ook vir die staat belangriker wees as jou lewe”, skryf Theuns du Buisson in ʼn verduideliking oor hoe die nuwe Nasionale Gesondheidsversekering na verwagting gaan werk.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Ballito: Vyfde slagoffer lewend gevind
Die soektog na die slagoffers is vroeër Saterdag tydelik opgeskort nadat nog dele van die sandbank meegegee het.
Foto’s | Duisende in buiteland ruk op om te stem
Duisende Suid-Afrikaners in die buiteland het gehoor gegee aan die oproep om te stem.
Drie sterf toe sandbank op Ballito-bouperseel ineenstort
Die soektog is in ʼn stadium tydelik opgeskort nadat nog dele van die sandbank meegegee het.
11 vissermanne by Kaapstad vermis
Altesame nege van die 20 bemanningslede is oornag op ʼn reddingsboot gevind en aan boord van een van die visserskepe geneem. Hulle is nie beseer nie.
Moenie nou mediese fonds kanselleer – gesondheidsfinansiers
Die raad sê die ondertekening het nie ʼn onmiddellike uitwerking op lidmaatskap van ʼn mediese fonds nie. “Dit is sake soos gewoonlik en mediese fondse gaan voort om toegang tot gesondheidsorgdienste moontlik te maak.”
Polisie ‘verswyg’ misdaadsyfers voor verkiesing
Die jongste misdaadsyfers sou Vrydag bekend gemaak word met sommige politieke partye wat glo die minister van polisie verswyg dit om ʼn “verleentheid” voor die verkiesing te vermy.
Lesufi ‘laat welsynsorganisasies in steek’
Die Gautengse premier onderneem al van die begin van die jaar om dienskontrakte af te handel, maar welsynsorganisasies oorleef steeds van die hand na die mond en talle moes reeds hul deure sluit en personeel aflê.
Steeds geen beurtkrag; dís hoekom
Eskom sê hy verwag dat beurtkrag in die winter waarskynlik tot fase 2 beperk sal wees.
Ysterpen-aanvalle: Hier is die brandpunte
Polisiesigbaarheid op verskeie hoofweë is verhoog ná ʼn vlaag voorvalle waarin motoriste beroof is nadat hul voertuigbande deur ysterpenne beskadig is en hulle noodgedwonge langs die pad moes stilhou.
‘Misverstand’ lei tot Scheffler se inhegtenisneming
Die polisie het Scheffler Vrydag in hegtenis geneem en geboei in wat as een van die vreemdste tonele nóg by ʼn Major-toernooi bestempel is.
Kommer ná derde gewapende roof by aftreeoord
ʼn Inwoner van die oord met wie Maroela Media gepraat het, sê inwoners is geskok, bang en onseker.
Partye se geld rol in voor verkiesing
“Die verklaarde waarde van die skenkings het vir die eerste keer sedert die instelling van die Wet op Partyfinansiering die R100 miljoen kerf verbygesteek,” het die OVK Vrydag gesê.
SOE, Valke slaan toe op vlugtelingsentrums
Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek bewerings dat werknemers van die departement van binnelandse sake saam met sindikate werk om onder meer asielaansoeke te vervals.
‘Nuwe polisiebestuur’ nodig waar 5-jarige vermoor word
Dit is belangrik om te beklemtoon dat hierdie ʼn “strategiese herontplooiing is” wat gemik is daarop om “nuwe leierskap en ʼn vars benadering tot polisiëring” tot gevolg te hê.
George-tragedie: Soek-en-reddingsoperasie ‘afgehandel’
“Die operasie het ʼn reddingskoers van 54,5%. Dit is werklik merkwaardig wanneer dit vergelyk word met internasionale statistieke wat dui op ʼn reddingskoers van net 10% tydens soortgelyke gebou-ineenstortings.”
Meer duidelikheid oor NGV nodig – mediese fondse
Verskeie mediese fondse het hul lede die afgelope paar dae probeer gerusstel nadat pres. Cyril Ramaphosa vandeesweek die omstrede Wet op Nasionale Gesondheidsversekering onderteken het. Groot kommer heers onder talle lede oor die toekoms van private mediese fondse.
‘Uiteenlopende gemeenskappe’ verenig teen Bela
“Ondanks ons verskil in agtergrond, kultuur of oortuigings, kom mense van verskillende groepe bymekaar omdat Bela gesien word as ’n stryd wat gemeenskaplik gepak moet word.”
Video: Boereplanne uit die boonste rakke
Verskeie vindingryke boere is Donderdag by die Boereplan-kompetisie by Nampo vir die allerslimste praktiese planne om die lewe op die plaas makliker te maak, vereer. Kyk hier.
Internasionale Geregshof: Israel kap Vrydag terug
Suid-Afrika het Donderdag ’n reeks verdoemende aantygings teen Israel in Den Haag gemaak. Die aantygings sluit in massagrafte, marteling en die doelbewuste weerhouding van humanitêre hulp.