Die Blitsbokke is deur na hulle sesde opeenvolgende halfeind nadat hulle Sondagaand die tuisspan Kanada deurmekaar gespeel het om die kwarteind van Wêreldrugby se sewesreeks in Vancouver met 36-7 te wen.
Lees meerAlles vir Sondag 12 Maart 2017
Sánchez uitgewys vir gevaarlike duikslag; skorsing sy voorland
Die beheerliggaam Sanzaar, onder wie die Superreeks en Rugbykampioenskap val, het Sondag in ʼn verklaring laat weet die losskakel van die Jaguares, Nicolás Sánchez, is uitgewys vir ongeoorloofde spel Saterdag in sy span se sege met 36-24 teen die Lions in Buenos Aires.
[Foto’s] Vervalle sementfabriek word skouspelagtige woonplek
Toe die Spaanse argitek Ricardo Bofill in 1973 met vakansie in Barcelona was en ʼn vervalle sementfabriek raakgeloop het, het hy nie ʼn murasie gesien nie – Bofill het dié fabriek in 45 jaar in ʼn skouspelagtige en uitsonderlike woonplek omskep.
Varsitybeker: Pylvak sal gestoei vir halfeind-plekke afgee
Ses universiteite het nog ’n realistiese kans om die uitspeelronde van vanjaar se Varsitybekerreeks te haal en met slegs drie rondes se rondomtalie-wedstryde oor, kan geen span ’n neerlaag bekostig nie.
Twee dié naweek dood in Kimberley
Polisie in Kimberley ondersoek twee onverwante gevalle van moord in dié dorp in die Noord-Kaap.
Blitsbokke: Korrekte afskoptye vir kwarteindwedstryde
Die tye wat deur Saru en Wêreldrugby – en gevolglik ook Maroela – vir Sondagaand se kwarteindwedstryde van die Vancouver-sewestoernooi aangegee is, is weens die daglig-besparing wat van Sondag af in Kanada geld verkeerdelik as ʼn uur later as die werklike afskoptye aangegee.
[Foto’s] Durban-promenade gesluit weens oorstromings
Die Durban-promenade asook noordelike dele van die strand is Sondagaand vir baaiers gesluit nadat die tropiese sikloon Enawo oorstromings veroorsaak het.
Polisiebeampte vas vir gewapende roof
ʼn Polisiebeampte is in Uitenhage in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy verbind kon word met ʼn gewapende rooftog.
Kaapstad-fietstoer se kos, water na Houtbaai-slagoffers
Duisende slagoffers van die verwoestende brand by Houtbaai in die Kaapse Skiereiland het Sondag kos, water en koeldrank wat vir die Kaapstad-fietstoer bedoel was, as skenking ontvang. Nagenoeg 8 000 mense is dakloos gelaat.
Leeus reken met leeutemmer af
Dit was Saterdag in Keulen, Duitsland, `n geval dat die leeus met die leeutemmer afgereken het.
30 plaasaanvalle in Februarie; DA sê oor bekampingsplanne
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Saterdag gesê hy is geskok oor plaasaanvalle-statistiek en het oor moontlike planne om plaasaanvalle te bekamp gepraat.
Malaria in Limpopo: Huidige stand
“Al hierdie gevalle is van mense in die Lephalale- en Waterbergreeks-omgewing wat nog nooit in ʼn malariagebied was nie”.
Pa, seun (14) in aanhouding ná dood van inbreker
Die inbreker het verskeie skote op die man afgevuur voor hy om hulp vir sy 14-jarige geskree het. Die man en sy seun het die inbreker vermoor, en is tans in aanhouding.
Callie trek dief plat
ʼn KwaZulu-Natalse patrolliehond het Saterdagoggend sy hap uit misdaad in Suid-Afrika gevat.
Dodetal styg ná Houtbaai-brand
Die dodetal van die Houtbaai-brand het Sondagoggend gestyg nadat ʼn verwoestende brand nagenoeg 8 000 mense dakloos gelaat het.
Bejaarde verdrink in swembad
Hulle het die man aangetref waar hy met sy gesig na onder in die water gelê het.
Ma van ‘vermiste’ Durban-baba in hegtenis geneem
Die ma van die vermiste baba van Durban wat in ʼn kapingsdrama betrokke was, is Sondagoggend in hegtenis geneem.
Kaapstad-fietswedren gekanselleer
Duisende fietsryers moes Sondagoggend vroeg, kort nadat hulle weggespring het in vanjaar se Kaapstad-fietstoer (voorheen die Argus), teleurgesteld teruggaan huis toe weens stormsterk winde. Video’s wys hoe die sterk winde fietse opskep en fietsryers omwaai.
Vermiste baba opgespoor
Die baba wat soek was ná ʼn kapingsdrama Vrydagmiddag in Durban is opgespoor.
Kriekettoets onbeslis na geen spel op vyfde dag nie
Die eerste toets tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika is Sondag weens aanhoudende reën afgelas sonder dat ʼn bal op die vyfde dag in Dunedin geboul is.