Die 17-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas naby Griekwastad vermoor het, het Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley begin getuig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Deon Steenkamp"
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Die staat het Donderdag sy saak afgesluit teen die 17-jarige seun wat verdink word van die moorde op die Steenkamp-gesin op hul plaas naby Griekwastad in die Noord-Kaap verlede jaar.
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Die verklaring van die tiener wat verdink word van die Griekwastad-plaasmoorde stem nie ooreen met bewyse wat op die toneel gevind is nie, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Woensdag aangehoor.
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Bloedspore van Marthella Steenkamp, die veertienjarige slagoffer wat in April verlede jaar wreed saam met haar ouers op hul plaas naby Griekwastad vermoor is, het vandag die gru-verhaal van haar laaste oomblikke vertel.
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Cornelia de Wet, ʼn bekende lid van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), het Woensdag aangevoer dat sy deel was van ʼn “moordbende” wat die Steenkamp-gesin van Griekwastad vermoor het.
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Die hofsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op ʼn boer en sy familie van Griekwastad verdink word, sal uitgestel word, het die Nasionale Vervolgingsgesag Donderdag gesê.
Boer vertel van Griekwastad-moord
Joachim Scholtz, ʼn boer van Griekwastad, het Dinsdag onthul hoe hy, tydens ʼn familiesamekoms, van die driedubbele moord in die gebied te hore gekom het.