Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal

Marthella Steenkamp

Marthella Steenkamp

Bloedspore van Marthella Steenkamp, die veertienjarige slagoffer wat in April verlede jaar wreed saam met haar ouers op hul plaas naby Griekwastad vermoor is, het vandag die gru-verhaal van haar laaste oomblikke vertel.

Die hof het vandag getuienis van kaptein Marius Joubert, ’n misdaadtoneel- en bloedspatselkenner van die polisiediens se forensiese laboratorium in Kaapstad gehoor. Dit volg op die getuienis van Lemaine Fouche, ’n patoloog van die Noord-Kaapse departement van gesondheid wat vroeër die skietwonde wat Marthella toegedien is beskryf het: een in die bors en drie in die kop.

Volgens die staat is Marthella buite die huis in die bors geskiet waarna sy in die huis in gehardloop en probeer het om ʼn telefoonoproep te maak, maar sy het by die telefoon inmekaargesak. “Sy sou in daardie stadium nie meer krag oorgehad het nie,” het Fouche gesê.

Joubert het vandag getuig dat die bloed van die skietwond in Marthella se bors teen haar lyf, haar regterarm en regterbeen afgeloop en van haar vingers af op haar voete gedrup het. ’n Spoor bloeddruppels het van die kombuisdeur af, deur die opwaskamer tot in die kombuis gelei waar sy teen die kombuistoonbank geleun het. Die bloedspoor lei dan verder, om die toonbank. Halfpad na die telefoon, tussen die toonbank en eetkamertafel, het sy weer gestop en daarna weer by die tafel – daar was ’n bloedbevlekte handafdruk daarop. Sy het naby die telefoon inmekaargesak en is daar dood voordat sy hulp kon ontbied.

’n Sewentienjarige seun word daarvan beskuldig dat hy Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14) in April verlede jaar doodgeskiet het. Hy word ook daarvan verdink dat hy Marthella verkrag het en staar ook ʼn aanklag van regsverydeling in die gesig.

Lees ook:

Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Charmaine

Ek glo regtig nie dat die seun, Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hul dogter Marthella (14) in April verlede jaar doodgeskiet het. En nog sy suster Marthella verkrag, ag kom nou mense. Soek bietjie verder ondersoek span, nou haak julle op een afgesaagte plek vas die’ seun moet nou al die blame vat. Al die werkers wat die dag so gesuip was werk 4 maande of bietjie meer, minder as n jaar. Wat van die werkers wat voor heen daar gewerk het,ek wet julle hulle het die moord gepleeg en die gesuipte werkers is kop en een… Lees meer »

Elize Mans

So tragies,die arme meisie kind.

Trippie

Mag die waarheid, en slegs die waarheid seevier.

annamarie

Hoe wis jy jou eie ouers en sussie uit? Dis siek!

Hennie van der Merwe

Charmaine, moet nie so naief wees nie! Gaan speel met jou poppe!