“Die saaier saai die woord… maar die sorge van die lewe … verstik die woord, en dit bly sonder vrug.” Sorge en bekommernisse kan ons…
Alles vir die maand November 2011
Man vas na moord op vrou in Mooikloof
Die polisie het bevestig dat ʼn 23-jarige man laat Donderdagaand in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn 55-jarige vrou, nadat haar lyk in ʼn rioolpyp gevind is by die Mooikloof-kantoorpark, oos van Pretoria.
Nuuskommentaar: Wind uit die regspraak se seile?
As die nuutste inisiatief op ‘n magstryd tussen die ANC en die grondwethof dui, is sake werklik kommerwekkend.
Sportaanbieder weer in hof oor beweerde ‘seksdaad’
ʼn Sport-aanbieder wat homself glo voor ʼn 15-jarige seun onbloot en gemasturbeer het, se saak is Donderdag uitgestel vir verdere ondersoek.
Bekende wildsveearts glo by renosterstropery betrek
ʼn Bekende renosterkenner en voormalige hoof van die Krugerwildtuin se wildvangseenheid, Dr Douw Grobler, is verlede week in hegtenis geneem op aanklagte wat verband hou met renosterstropery.
Motata dien hofaansoek in om weer as regter op te tree
Die omstrede Nkola Motata, wat skuldig bevind is aan dronkbestuur, het ʼn hofaansoek ingedien om weer as regter op te tree.
ANC sê Vrydag oor Malema en kie se appèl
Die ANC sê hy sal Vrydag bevestig of die geskorste ANC-jeugligaleier en sy medebeskuldigdes Donderdag se middernag sperdatum gehaal het om appèl aan te teken teen hulle skorsing.
Die lang pad na ware ekonomiese vryheid verg meer as optogte
Die geskiedenis het gewys dat die pad na ware ekonomiese vryheid ongelukkig nie so kort en maklik is soos ʼn optog van Johannesburg na Pretoria nie. In die harde werklikheid was Sosialisme eerder ʼn doodloopstraat na knegskap en ellende.
Land van Kokanje
‘n Luilekkerland waar niemand werk nie, maar almal lekker leef…
Vrou se liggaam glo in rioolpyp gevind in Mooikloof
Die polisie het aan Maroela Media bevestig dat hulle begin soek het na die liggaam van ʼn 55-jarige vrou by die Mooikloof-kantoorpark, oos van Pretoria.
Debat groter as die deelnemers
Die belangrikste punt vir die deelnemers is sekerlik tog die onderwerp: begrip vir wat in die oorlog gebeur het en hoe ons vandag daaroor moet dink.
Video: Cosatu wil hof toe oor “geheimhoudingswet”
Die vakverbond Cosatu sê hy sal die konstitusionele hof nader indien pogings om die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te wysig, onsuksesvol is.
Matriekseun wat deur bloulig-kar getref is uit intensief
Die matriekseun wat deur die ampsvoertuig van die Gautengse LUR Humphrey Mmemezi raakgery is in Krugersdorp, is uit intensief na ‘n hoësorgeenheid geskuif.
Pasiënte by psigiatriese hospitaal beweer hulle is aangerand, verkrag
Pasiënte by ʼn psigiatriese hospitaal in Fort Beaufort in die Oos-Kaap beweer hulle is deur personeel aangerand en verkrag.
Inhoudsopgawe: Die Warm Debat oor die boek “Ons was daar”
ʼn Warm debat het in Beeld-koerant begin oor die boek Ons was daar en word nou hier op Dié Groot Debat voortgesit. Hier is n uiteensetting van die bydraes soos dit ontvang is om dit vir jou maklik te maak om die debat te volg.
Polisieman in oog geskiet tydens jaagtog
ʼn Polisiebeampte is Donderdagoggend in die oog geskiet gedurende ʼn jaagtog met vermeende rowers in Norkem Park, Kempton Park.
Nuuskommentaar: Die nuttige idioot
Die politiek sou ‘n veel makliker speelveld gewees het as almal hul stemme uitgebring het vir partye wat min of meer die beleid handhaaf wat die kieser se eerste keuse verteenwoordig.
SA man deur olifant doodgetrap in buurland
ʼn Bekende eiendomsagent van Knysna se man is die naweek in Botswana deur ʼn olifantkoei doodgetrap.
Geskorste staatsdiensamptenare kos belastingbetaler meer as R45 miljoen
Meer as R45 miljoen is spandeer om die salarisse te betaal van geskorste staatsdiensamptenare wat wag op die uitkoms van dissiplinêre stappe teen hulle.
Die beskerming van staatsinligting en ons demokrasie
Sommige waarnemers beweer dat die aanvaarding Dinsdag van die wetsontwerp oor die Beskerming van Staatsinligting die einde van ons demokrasie in Suid-Afrika sal beteken. Dit is nie die geval nie – maar daar bestaan ander verwikkelinge wat myns insiens ʼn veel groter bedreiging vir ons nie-rassige demokrasie inhou.