Solidariteit se Helpende Hand het ʼn vrywilliger in die Wes-Kaap van alle aktiwiteite van dié hulporganisasie geskors nadat hy in die hof verskyn het vir die beweerde verkragting van ʼn 12-jarige seun.
Alles vir die maand Februarie 2012
23 Februarie
“Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.” (Ps 51) Ongehoorsaamheid aan die Here…
Hoekom gebruik hulle nie verkykers nie?
Louis du Plessis neem deel aan die gesprekreeks: “Die Nuwe Suid-Afrika se verlede en toekoms”.
Kinders se ouers, ouma sterf in gru-ongeluk
ʼn Nege maande oue babameisie lê in traksie in die Polokwane- provinsiale hospitaal ná ʼn gru-ongeluk waarin haar ouers en ouma gesterf het.
Polisieman wat glo man doodskiet na nagklub-klopjag kry borg
Die polisieman wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn man doodgeskiet het na ʼn klopjag op ʼn nagklub in Boksburg, het Woensdag in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.
Bloulig-ongeluk moet nie “verpolitiseer” word nie
Die ongeluk waarin Thomas Ferreira ernstig beseer is was ʼn “gewone ongeluk” en moenie verpolitiseer word net omdat daar ’n bloulig-voertuig betrokke was nie, het die LUR vir plaaslike regering en behuising Humphrey Mmemezi gesê.
Nuuskommentaar: Begroting, waar is jou angel?
Selfs die beste begroting ter wêreld in die sterkste ekonomie kan nie alles vir almal wees nie, en kan misluk as die uitvoering daarvan nie sonder korrupsie , inhaligheid en wanbesteding plaasvind nie.
Cosatu: ‘Betogings teen tolstelsel gaan voort’
Die vakverbond Cosatu sê hy sal voortgaan met sy beplande aksie teen die tolstelsel op Gautengse hoofweë, ondanks die minister van finansies Pravin Gordhan se aankondiging van laer tolfooie tydens sy begrotingsrede.
Solidariteit: ‘Middelklas grootste verloorders in begroting’
Die vakbond Solidariteit sê ʼn reuse verhoging op die brandstofheffing, ʼn skynverligting in persoonlike inkomstebelasting en die vooruitsig van die implementering van die omstrede tolstelsel op Gautengse hoofweë, maak die Suid-Afrikaanse middelklas die grootste verloorders in vanjaar se begroting.
Leerling moet uittrek oor ‘verkeerde’ uniform
ʼn 10-jarige meisie wat ʼn grys langbroek in plaas van ʼn rompie na haar skool in Johannesburg aangetrek het, is glo gedwing om die broek uit te trek en die res van die dag in haar broekie, skoolhemp en trui te spandeer.
Goeie nuus: BMW-belegging ‘n teken van vertroue, sê Patel
“Die belegging deur BMW is ʼn teken van vertroue uit die privaatsektor in ons ekonomie,” het Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling Maandagmiddag gesê.
Tolstelsel: Só raak dit jou sak
Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het goeie en ook slegte nuus gehad vir Gauteng motoriste tydens sy begrotingsrede.
Vermeende stroper deur buffel doodgetrap
ʼn Vermeende stroper is Dinsdagaand deur ʼn buffel doodgetrap in die Krugerwildtuin.
Twee vas ná moord by Builders Warehouse
Twee van die vier rowers wat glo Woensdagoggend ʼn klant by Builders Warehouse in Sunninghill doodgeskiet het, is in hegtenis geneem.
VF Plus: “Maak plaasmoorde ‘n prioriteit”
Plaasmoorde moet as ʼn prioriteit beskou word in die lig van die styging in misdaad vanjaar, het die Vryheidsfront Plus Woensdag gesê.
Seekostert
‘n Heerlike en eenvoudige seekostert.
Man sterf, 13 beseer in Howick-ongeluk
ʼn Man is dood en 13 mense beseer, waarvan sewe ernstig, nadat die bakkie waarop hulle gery het omgeslaan het op die N3 in Howick in KwaZulu-Natal.
Somaliërs gevra om steun te werf vir vrylating van SA gyselaars
Somaliërs is gevra om die vrylating aan te moedig van twee Suid-Afrikaners wat deur seerowers ontvoer en aangehou word vir ʼn losprys.
Video: Reuse ooruil in vlug
Die vlug van hierdie reuse ooruil is teen 1 000 raampies per sekonde afgeneem.
22 Februarie
“God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie.”…