Gautengers kan maar daai baadjies in die kas afstof. Inwoners van dié provinsie kan teen laatmiddag verwag om vir die eerste keer vanjaar behoorlike in ʼn koue greep vasgevat te word.
Alles vir die maand Junie 2012
Woede oor Shangaan Jesus
‘n Klagte is by die Mensregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak oor ‘n strokiesprent animasie wat glo die gek skeer met Shangaans en Christenskap.
Raaisel rondom Boksburg-man se dood
Johan Henning het verlede week van sy huis in Boksburg gery om ‘n motoronderdeel af te lewer toe sy familie sowat twee ure later ‘n oproep van die Glynwood-hospitaal ontvang het dat hy gesterf het nadat sy keel afgesny is.
Agt mans vermoor Johannesburgse paartjie, laat kind wees
ʼn Seun is gister wees gelaat ná ʼn groep van agt mans op sy ouerhuis in Honeydew toegeslaan het en sy pa en ma Woensdagaand vermoor het.
Baba Wiehan: Verdagtes se saak weer uitgestel
Die twee mans wat vandag in die Delmas-landdroshof verskyn het in verband met die moord op die 5-maandeoue Wiehan Botes en sy dagmoeder Magrietha de Goede (66), se saak is tot volgende Donderdag uitgestel.
Sussie (6) red boetie (2) se lewe
‘n 2-jarige seuntjie is deur sy 6-jarige sussie gered ná hy byna in ʼn swembad verdrink het.
Kaapse vrou verloor arm ná Boerboel-aanval
ʼn Vrou het Donderdag haar arm verloor na ʼn boerboel haar in Uitenhage, in die Oos-Kaap, aangeval het.
Cell C-selfmoord: Solidariteit vra maatskappye om meer menslik te wees
Familielede van André Ankiewicz het Donderdag gesê dit is teleurstellend dat die meeste maatskappye nie so toegewyd is aan hulle werknemers soos werkers aan hulle is nie.
Bekende paleo-antropoloog sterf
Emeritusprof. Phillip Tobias, ‘n bekende paleo-antropoloog en een van Suid-Afrika se mees gevierde wetenskaplikes, is Donderdagoggend op ʼn ouderdom van 86 ná ‘n lang siekte oorlede.
Skuldeisers moet seker maak van kennisgewings
Die konstitusionele hof het Donderdag beslis dat skuldeisers bewys moet kan lewer dat ʼn persoon met agterstallige skuld wel ʼn kennisgewing van die eiser rakende die skuld ontvang het, voor daar teen hulle opgetree kan word.
Polisiebeampte leef ná kitsbankrowers hom in die kop skiet
ʼn Polisiebeampte is in ʼn ernstig maar stabiele toestand in die hospitaal ná vier kitsbankrowers hom vroeg Donderdagoggend in Jouberton, naby Klerksorp in Noordwes, in die kop geskiet het.
Randfontein-huisbrand: Vier kinders word saam tot ruste gelê
Die vier kinders van Randfontein wat dood is as gevolg van ʼn huisbrand, word al vier Vrydag saam tot ruste gelê. ʼn Troosdiens word Vrydag om 11:00 by die AGS Finsbury, Randfontein, vir hulle gehou.
Rowers skiet Centurion-vrou voor haar ouers
ʼn 29-jarige vrou is Dinsdagaand deur twee rowers by haar huis voor haar ouers doodgeskiet. Arina Muller het by haar ouers, Jan en Kitty, op ʼn hoewe in Mnandi, suid van Centurion, gewoon.
Te kere gaan
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “te kere gaan”
Nuuskommentaar: ANC-jeugliga: Hier gaan ons al weer
Die ANC se appèl teen sy geskorste jeugligaleier, Julius Malema, oor die sing van ‘n haatspraaklied, moet nog aangehoor word, maar intussen vervat die jeugliga bloot weer met sy polariserende optrede.
Hele Gautrain-roete nou in werking
Die Gautrain-roete tussen Parkstasie in die Johannesburgse middestad en Rosebank is Donderdagoggend vir die eerste keer aan passasiers oopgestel.
Randfonteinse huisbrand eis vierde slagoffer
Die huisbrand waarin drie kinders Sondagoggend in ʼn huis in Randfontein omgekom het, het sy vierde slagoffer geëis.
DA gaan ʼn nie-rassistiese betoging teen misdaad in Delmas hou
Die DA van Mpumalanga gaan vandag ʼn nie-rassistiese betoging buite die Delmas-landroshof hou.
‘Ontwikkel swart opkomende boere se vaardighede’, sê ANC
Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal van die ANC, het Woensdag gesê dit is belangrik dat swart opkomende boere vaardighede ontwikkel om op kommersiële vlak te produseer.
Delmas-moorde: Twee in hof
Die vyf maande oue Wiehan Botes en sy dagmoeder Magrietha de Goede (66) is op 23 Mei in ‘n huis in Delmas, Mpumalanga, vermoor