Sewe mense is beseer ná ʼn taxi en ʼn motor Saterdagoggend in ʼn kop-teen-kopbotsing op die hoek van Rivonia en Witkoppenweg in Paulshof, Johannesburg betrokke was.
Alles vir die maand Junie 2012
Foto’s: Een dood na vragmotor op N3 omslaan
Een man is dood en twee ander ernstig beseer nadat ʼn vragmotor Saterdagoggend op die N3 omgeslaan het.
Sunday Times moet Byleveld om verskoning vra
Die Sunday Times moet aan Piet Byleveld om verskoning vra nadat hulle daarop gesinspeel het dat hy moontlik ʼn geskenk aanvaar het van iemand wat onder verdenking was.
Sjina lanseer sy eerste bemande ruimtetuig
Sjina gaan binnekort sy eerste bemande ruimtetuig lanseer.
CNN sê Kaapstad is een van die bestes
Kaapstad is as een van die Amerikaanse televisienetwerk CNN se lys van die “Wêreld se Mees Geliefde Stede” uitgesonder.
Gebrande meisie kry nuwe vel vir haar 3de verjaardag
ʼn Meisie wat op Oujaarsdag 80% derdegraadse brandwonde opgedoen het, kry ʼn nuwe vel vir haar 3de verjaardag.
Video: VVV in Midde-Ooste gewaar
Sosiale media is aan die gons ná ʼn vreemde vlieënde voorwerp in die Midde-Ooste afgeneem is.
Man dood na motorfiets teen konstruksievoertuig bots
ʼn Man is dood en sy 17-jarige seun ernstig beseer toe die motorfiets waarop hulle gery het Vrydagmiddag teen ʼn konstruksievoertuig in Bredell, Kemptonpark, gebots het.
Tiener in motorfietsongeluk beseer
ʼn 19-jarige man is ernstig beseer ná hy op sy motorfiets in ʼn kruising in Vanderbijlpark teen ʼn ander voertuig gebots het.
Paartjie wat deur 8 mans vermoor is: Name bekend gemaak
Die polisie het pas die name van ‘n Johannesburgse paartjie wat Woensdag deur ʼn groep van agt mans vermoor is aan Maroela Media bekend gemaak.
Hondsdolheid laat jong boer breindood
‘n Boer van Underberg, wat ook ʼn topkanovaarder is, is Donderdag breindood verklaar nadat hondsdolheid by hom gediagnoseer is.
Bobby en Karlien van Jaarsveld stap saam 30 ander bekendes teen geweld
AfriForum gaan op Dinsdag, 19 Junie saam met Bobby en Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr en 30 ander bekendes aan ’n staptog na die Uniegebou deelneem om regeringsingryping teen geweldsmisdaad in Suid-Afrika te eis.
Polisiebeamptes koop ʼn bergfiets vir gestorwe lid se seun
Sers. Bruwer Smit, ʼn polisiebeampte van Pretoria wat Dinsdagmiddag voor sy 10-jarige seun vir sy bergfiets en tekkies doodgeskiet is, is Vrydag begrawe.
Fleetwood Mac-sanger sterf
Bob Welch, ‘n kitaarspeler en sanger van die groep Fleetwood Mac, is op ʼn ouderdom van 66 dood.
Nuuskommentaar: Word die Afrikaner bedreig?
‘n Belangrike argument teen Malema se skuldigbevinding is of die Afrikaner as minderheid bedreig word, terwyl ‘n groepie akademici die Internasionale Reg eenogig betrag en minderheidsregte ontken of as ongewens afmaak.
Liggaam in sak by mynskag gekry
ʼn Liggaam wat glo die van ʼn onwettige myner is, is Donderdag by ʼn ou mynskag in Roodepoort, Johannesburg, gevind.
Man doodgeslaan ná hy lekkers steel
ʼn Man is Donderdag in Polokwane doodgeslaan ná hy glo lekkers van ʼn winkel gesteel het.
Geldwa-veiligheidswag in Wes-Kaap beroof
ʼn Veiligheidswag van ʼn geldwa is Donderdag in Parow, in die Wes-Kaap, van ʼn onbekende bedrag geld beroof.
“Vat jou goed en loop!” – Die trauma van afleggings
Dr Dirk Hermann bespreek die trauma wat werknemers tydens ‘n afleggings- of herstruktureringsproses beleef.
Klipversperrings op N2-hoofweg neem toe
Polisie in die Wes-Kaap waarsku motoriste wat van die N2-hoofweg gebruik maak om versigtig te wees vir rowers wat versperrings op dié pad plaas.