‘n Aardbewing van 7,6 op die momentmagnitudeskaal het Woensdag aan die kus van Costa Rica voorgekom, en verskeie huise en ‘n brug het inmekaar gestort. Rik de Voest, die Suid-Afrikaanse tennisster, en sy vrou was daar op vakansie en het die voorval oorleef.
Alles vir die maand September 2012
Weerburo: Vyf provinsies moet voorbereid wees op swaar weer
Die Suid-Afrikaanse Weerburo het Donderdagmiddag waarskuwings vir swaar weer in vyf van die land se provinsies uitgereik. Die Oos-Kaap moet regmaak vir swaar neerslae, baie…
Vrydag is Loslitdag
Loslitdag is ‘n prettige en maklike manier om jou ondersteuning aan persone met gestremdhede te toon.
Woolworths in Rustenburg loop deur
Die Woolworths in Rustenburg was glo ʼn teiken van ‘n protesaksie nadat ʼn beroep op sosiale netwerke gedoen is om waentjies “vol kruideniersware en kos te maak en dit dan net so op die vloer te laat”.
Honde veilig ná kapingsdrama
Bridget Shelley (60) van Alverstone, noord van Durban, is met haar twee honde herenig nadat hulle Dinsdag saam met haar voertuig gekaap is.
Krugersdorp-skoolmeisie sterf tydens rooftog
ʼn 13-jarige skoolmeisie van Krugersdorp is dood, en haar suster en pa ernstig gewond nadat hulle Woensdagaand by hul huis op ‘n hoewe in Muldersdrift aangeval en geskiet is. Die twee meisies is albei leerlinge aan Hoërskool Monument.
Paralimpiese Spele: Oscar vanaand in 100m-finaal
ʼn Hoogtepunt om na uit te sien, is wanneer Oscar Pistorius om 22:24 op die atletiekbaan gaan uitdraf vir die 100m T44-finaal.
Vredesooreenkoms by Lonmin onderteken
Alle rolspelers, behalwe twee partye, wat by mynwerkers van die Lonmin Platinum se Marikana-myn naby Rustenburg se loononderhandelings betrokke is, het Donderdag in die vroeë oggendure ʼn vredesooreenkoms onderteken.
Video: Vyf mans, een klavier
Die Piano Guys het die wêreld gaande met dié video, waar vyf mans op een vleuelklavier musiek maak.
Stormwinde veroorsaak amok op Mpumalanga-paaie
Drie mense is Woensdag ernstig beseer in twee afsonderlike ongelukke nadat bestuurders beheer oor hul voertuie verloor het weens sterk winde in Mpumalanga.
Nuuskommentaar: Geld wat stom is … Woolies in die spervuur
Volgens die jongste Bloomberg-indeks het Woolworths se aandeelprys met meer as drie persent geval sedert die rasstorm oor sy aanstellingsbeleid losgebars het.
Boer en seun wat plaaswerker glo doodskok, vandag weer in hof
Mathys Cloete (69) en Danie (34), sy seun, wat Maandag glo ’n plaaswerker met motorkabels doodgeskok en ʼn ander werker erg aangerand het, verskyn Donderdag weer in die hof wanneer hul borgaasoek voortgesit word.
Boer vermoor, vrou skuil in badkamer
ʼn 58-jarige boer is gisteroggend op sy hoewe buite Brits in Noordwes vermoor.
Klip in gesig, man kry borg
‘n Vrystaatse betoger wat na bewering vir Isabel Hugo (67) met ʼn klip in die gesig gegooi het tydens ʼn betoging in Clocolan in die Vrystaat, is gister op borgtog vrygelaat.
Paralimpiese Spele: Goud vir mans aflosspan
Suid-Afrika se mans 4x100m-aflosspan (T43-44) het gisteraand die land se 17de medalje gewen in ʼn wêreldrekordtyd by die Paralimpiese Spele in Londen.
Komitee lê klagte oor prosteses
Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese Komitee (SAPK) het Woensdag ‘n formele klag by die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) ingedien oor of Oscar Pistorius se mededingers se lengte van hul prosteses hulle kon bevoordeel het.
Boer en seun wat werker glo doodskok bly in aanhouding
Mathys Cloete (69) en Danie (34), sy seun, wat Maandag glo ’n plaaswerker met motorkabels doodgeskok en ʼn ander werker erg aangerand het, bly in aanhouding.
Makhado-waterprobleem draai in die hof
AfriForum wil ʼn dringende interdik bekom om die Vhembe-distriksmunisipaliteit te dwing om aan sy inwoners, wat al vir maande met ʼn watertekort sukkel, water te voorsien.
Suid-Afrika val op mededingingsindeks
Suid-Afrika het die 52ste uit 144 lande ingeneem op die jongste mededingingsindeks wat deur die Wêreld-ekonomiese Forum (WEF) opgestel is.
Nege beseer in KZN-kettingbotsing
Nege mense is beseer na vyf voertuie Woensdagmiddag op die N3-deurpad naby Ashburton, KwaZulu-Natal, in ʼn kettingbotsing betrokke was.