Drie Chinese toeriste is Donderdag in Johannesburg in hegtenis geneem nadat ʼn renosterhoring en tik in hul besit gevind is.
Alles vir die maand Februarie 2013
Ontgroening-slagoffer beleef terugslag
Andrew Searle (14), die seun wat tydens ʼn “ontgroeningspeletjie” in ʼn skoolkoshuis met ʼn skoen in ʼn kussingsloop teen die kop geslaan is, het ʼn terugslag beleef.
Tronkbesoeker se “besoek” duur 72 dae
‘n Man wat ‘n kennis in die tronk van die Nederlandse dorp Zutphen gaan besoek het, moes onverwags die besoek na 72 dae verleng.
Niemand nog vas ná skietgeveg op hoofweg
Die polisie is steeds op soek na vier verdagtes wat Dinsdagmiddag op twee polisiebeamptes op die M2-hoofweg in Johannesburg losgebrand het.
Drie kry lewenslank vir boer se moord
Drie mans is Donderdag lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Thomas Ferreira (54), ʼn boer en die mede-eienaar van Tom’s Place-vulstasie buite Bloemfontein.
Tweede verdagte vas oor bendeverkragting
Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van en moord op die 17-jarige Anene Booysen van Bredasdorp in die Boland. Booysen is Saterdagaand dood nadat sy deur vier mans verkrag is.
Pretoria se water skoon
AfriForum het Donderdag die uitslag bekend gemaak van watertoetse wat verlede week gedoen is, nadat klagtes oor bruin drinkwater in die noordelike voorstede van Pretoria ontvang is.
Man ondersoek vir Westdene busramp-uitlatings
Die Menseregtekommissie gaan klagtes ondersoek nadat Zama Khumalo (24) op Facebook geskryf het hy gaan ʼn “Groot Swart Braai” hou ter viering van die dood van 42 wit kinders in die Westdene-busramp in 1985.
Skaatsplankryer gaan moontlik vervolg word
Die Kaapstadse skaatsplankryer wat by Kloofnek afjaag teen ʼn spoed wat ʼn munisipale spoedkamera laat afgaan, gaan moontlik aangekla word van roekelose en nalatige padgebruik.
Pretoria sonder krag ná diefstalpoging, brand
Groot dele van Pretoria is Donderdagoggend sonder kragtoevoer gelaat nadat ʼn brand by die Kosmosdal-substasie in Centurion voorgekom het.
Meisie se bendeverkragting, dood sterk veroordeel
Die regering het Donderdag sy misnoeë uitgespreek oor die dood van die 17-jarige Anene Booysen van Bredasdorp in die Boland. Anene is Saterdagaanddood nadat sy deur vier mans verkrag is.
Nuuskommentaar: Kwotas sonder brieke
‘n Onthulling deur die Oos-Vrystaatse koerant, Vrystaat, dat verskeie munisipaliteite in die omgewing eenvoudig nie briek aangedraai het toe die nasionale rassesamestelling gehaal is nie, laat die oë rek.
Video: “Dronk” bestuurder raak agter stuurwiel aan die slaap
Nog ʼn video is op ʼn YouTube geplaas van ʼn beweerde dronkbestuurder wat amok maak op die land se paaie.
Talle beseer in M1-botsing
Sowat 25 mense is Donderdagoggend beseer nadat ses voertuie op die M1-deurpad tussen die Booysens- en Xavierweg-afrit in ʼn kettingbotsing betrokke was.
Wag op konstruksieterrein geskiet
ʼn Veiligheidswag is Woensdagmiddag by ʼn konstruksieterrein naby Durban geskiet en gewond.
Tien beseer in JHB-botsing
Tien mense is Woensdagaand beseer toe die afleweringsvoertuig waarin hulle gery het, in ʼn botsing in Johannesburg betrokke was.
NVG lê beslag op R22 miljoen se karre van oud-metrolid
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Woensdag op ʼn voormalige Durbanse metropolisielid en sy vrou se luukse motors ter waarde van R22 miljoen beslag gelê.
Kapers los baba in pad
Kapers het ʼn baba in die middel van ʼn pad gelos nadat hulle die ma se motor in Durban gekaap het terwyl die baba op die agtersitplek in haar karstoeltjie geslaap het.
Meer as 2 renosters per dag gestroop in 2013
In die eerste 37 dae van die jaar is daar al 82 renosters vir hul horings doodgemaak.
Meisie (9) gee geboorte in Mexiko
ʼn Negejarige Mexikaanse meisie het geboorte gegee aan ʼn babadogtertjie.