President Jacob Zuma se vakansie in Mosambiek vroeër vanjaar het die Suid-Afrikaanse belastingbetaler meer as R1.6 miljoen uit die sak gejaag, het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, gesê.
Lees meerAlles vir Sondag 18 Augustus 2013
Talle winkels wil nie meer krewe verkoop nie
Die verkope van kreef by sekere restaurante en winkels word bevraagteken, aangesien stropery glo tot ‘n afname in die kreefpopulasie lei.
“Sy kan vrot in die tronk”
Die familie van wyle baba Jordan Leigh Norton het die “erkentenis” van Dina Rodrigues veroordeel, het die Sunday Tribune berig.
Video: Troue gaan voort al is rok gesteel
Ure voordat die 23-jarige Amanda [van onbekend] moes trou, is haar trourok ter waarde van $6 000 (bykans R60 000) uit ‘n motor gesteel.
Is ruimtewesens werklik? CIA erken geheime basis bestaan
Die hoogs geheime basis, Area 51, bestaan wél, het die CIA uiteindelik erken.
Nuwe inligting oor Diana se dood
Die polisie in Brittanje ondersoek glo nuwe inligting wat hulle onlangs ontvang het oor die ongeluk waarin prinses Diana en Dodi Al Fayed in 1997 omgekom het.
WP klop Cheetahs op leë Nuweland
Dit was ’n vol naweek van rugby waarin twee Premierliga Curriebekerwedstryde reeds Vrydagaand afgehandel is en die twee openingswedstryde in die Castle Rugbykampioenskap Saterdag saam 17 drieë opgelewer het.
Polisie het glo joernaliste se selfone afgeluister
Die polisie het sy ondersoek oor misdaadintelligensiebeamptes, wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n regter om die bos gelei het om afluisterapparaat in voormalige polisiehoof Bheki Cele en twee joernaliste van die Sunday Times se telefone te plant, afgesluit.
Oscar se huis het glo “slegte karma”
Eiendomsagente wil glo nie die Olimpiese atleet Oscar Pistorius se luukse huis in Silver Woods in Pretoria bemark nie.
Adv. Barbie binnekort op parool
Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, gaan binnekort op parool vrygelaat word.