ʼn 60-jarige man is deur die Pietermaritzburg-streekshof in KwaZulu-Natal tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy vir agt jaar lank sy tiener-stiefdogter verkrag het.
Alles vir Donderdag 3 Oktober 2013
Gemeenskap steek beweerde misdadiger aan die brand
ʼn Man is Woensdagoggend in KwaZulu-Natal doodgemaak deur ʼn groep mense wat glo die gereg in eie hande geneem het.
Nuuskommentaar: Ná Jansen se lesing lê die skerwe – hoe nou?
Dit maak nie veel saak hoe dit gekom het dat Kovsies se rektor, prof. Jonathan Jansen, so ‘n kat in die duiwehok losgelaat het nie – die reaksies op berigte wat oor die sage handel toon duidelik dat diep wonde oopgekloof is.
Polisie staan Oscar Pistorius se VSA-ondersoekers by
Die Suid-Afrikaanse polisie staan die Amerikaanse forensiese ondersoekbeamptes wat spesiaal deur die moord-beskuldigde Oscar Pistorius aangestel is om vir sy verdediging voor te berei, by in hul ondersoek.
Tom Clancy, meester van speurverhale, sterf
Die skrywer Tom Clancy, bekend vir boeke soos The Hunt for Red October en The Sum of all fears, is Dinsdag oorlede.
Video: Só steel ʼn 7-jarige dogtertjie ʼn selfoon
Kringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn restaurant in Norwood in Johannesburg wys hoe ʼn meisie, sowat 7 jaar oud, in die restaurant ʼn klant se iPhone steel.
Uitdrukking: ‘n Man van sesse klaar
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse uitdrukking “ʼn Man van sesse klaar”.
Kinders tydens skoolkamp in Hazyview beroof
ʼn Groep kinders en onderwysers van die Laerskool Hennopspark in Centurion het ʼn nare ondervinding gehad toe hulle Donderdagoggend in die vroeë oggendure tydens ʼn skoolkamp in Mpumalanga beroof is.
“Zuma was betrokke by Guptagate”
President Jacob Zuma word by Guptagate betrek, luidens ʼn eedsverklaring van ‘n senior lugmagbeampte wat Donderdag in die Beeld gepubliseer is.
Man vas ná hy ryloop met R15 000 se dagga
ʼn Ryloper is Woensdag in Ficksburg in die Vrystaat hegtenis geneem nadat hy geryloop het met pakke dagga wat hy aan sy lyf vasgemaak het.
BFN-gyselaarsdrama beëindig
ʼn Vroulike werknemer van die Manguang-maksimumsekuriteitsgevangenis in Bloemfontein is ongedeerd na ʼn gyselaarsdrama by die tronk.
‘Joost het privaatlewe in openbaar gehou’
Die oud-springbok Joost van der Westhuizen kan nie op sy reg tot privaatheid staatmaak om die publikasie van ʼn boek oor hom en eksvrou, Amor Vittone, te keer nie, het die hooggeregshof in Pretoria Woensdag gehoor.
Gedagte vir die dag: Skep ruimte vir mekaar
Eksodus 20:14– Jy mag nie egbreuk pleeg nie. Egte en standhoudende verhoudings berus op ware, wedersydse liefde en respek. So ’n liefde behoort gemodelleer te…