‘n Heerlike en baie maklike resep vir ‘n meellose sjokoladekoek.
Alles vir Woensdag 4 Desember 2013
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Die Palm Ridge-streekshof het Woensdag ʼn aansoek van die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir se regspan van die hand gewys om ʼn polisiedossier onder oë te kry waarin ʼn beweerde bekentenis vervat is.
R1.7 miljoen vir Diana se rok
ʼn Uitspattige balrok wat aan Prinses Diana behoort het, is vir £102 000 (sowat R1.7 miljoen) verkoop by ʼn veiling in Londen.
JHB-motoriste vermy tolpaaie
Spitsverkeer Woensdagoggend was swaar op Johannesburgse paaie weens motoriste wat aanhou om e-tolsnelweë te vermy, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Uitdrukking: Iets voetstoots verkoop
Daar is ‘n oulike verhaal agter die uitdrukking om iets “voetstoots” te verkoop. Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind!
R290 miljoen vir Nkandla-pad
Nagenoeg R290 miljoen van belastingbetalers se geld is gebruik vir ʼn pad wat president Jacob Zuma se Nkandla-woning aan sy buurdorp, Kranskop, kan verbind, het The Star Woensdag berig.
Sesjarige in Kaapstad doodgeskiet
ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem en gaan na verwagting Woensdag in die hof verskyn nadat hy glo ʼn sesjarige meisie in Kaapstad doodgeskiet het.
101 Dae van lof
Die hele gesin kan nou saam op ʼn wonderlike reis van 101 dae deur die Psalms vertrek met Johan Smith se drie dagboeke oor hierdie wonderlike Bybelboek.
Nuuskommentaar: Tot op die been toe verrot
Terwyl sommige media soos RSG-nuus en die SABC TV-nuus dit nie eens meer nuuswaardig genoeg beskou om aandag aan te skenk nie, stuur Suid-Afrika se verdere daling op die korrupsiepersepsie-indeks skokgolwe deur ander media. Van 2009 tot vanjaar het Suid-Afrika van die 55ste plek tot die 72ste plek teruggesak.
Een sterf, baba kritiek ná KZN-ongeluk
Een persoon is dood en ses mense is beseer nadat drie voertuie Dinsdagaand op die N2-snelweg naby Sunningdale in KwaZulu-Natal in ʼn ongeluk betrokke was.
OB praat vandag oor Nkandla-verslag
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), het ʼn perskonferensie vir Woensdagmiddag gereël om die pad vorentoe te bespreek nadat die voorlopige Nkandla-verslag uitgelek het.
Rasse-argumente benadeel Afrikanersaak
“Daar is minstens 5 redes hoekom ek teen rassistiese argumente is, veral as dit gebruik word om die Afrikanersaak te ‘bevorder’,” skryf Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit.
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Die borgtogverhoor van die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir en drie medebeskuldigdes hervat weer Woensdag in die Palm Ridge-streekshof.
“Ek is nie ʼn monster nie”
Hy is nie die monster wat mense beweer hy is nie en hy het nooit sy vrou of haar drie weke oue baba aangerand nie, het Christiaan Oldewage Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria getuig.
Moordverdagte beweer kapers het haar man vermoor
ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar 60-jarige man laat vermoor het, het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg getuig dat hy deur kapers vermoor is.
Gedagte vir die dag: Aanbidding wat iets kos
Luk 7:37 – “ ’n Sekere vrou in die dorp, wat ’n sondige lewe gelei het, het gehoor dat Hy in die Fariseër se huis aan…