Terwyl die sterftesyfer in die ooste van die Oekraïne oploop, en die lughawe van Donetsk gesluit is, word binne die Oekraïne ook aan ‘n staatkundige oplossing gewerk.
Alles vir Dinsdag 6 Mei 2014
Uitdrukking: Lepel in die dak steek
Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor die uitdrukking “Lepel in die dak steek” wat gebruik word wanneer iemand doodgaan.
Resep: Jogurtbroodjie
Die maklikste resep vir ‘n heerlike broodjie
Kaleidoskoop betower met verwerkings
Die musiekgroep Kaleidoskoop se verwerkings van bekende treffers soos The Cranberries se Zombie was so gewild dat die groep besluit het om dit op CD en DVD beskikbaar te stel.
Nuuskommentaar: Die Christen en die verkiesing
Sedert pres. Jacob Zuma president van die land geword het was hy, en van die vernaamste leiers in die ANC, gereeld in die sop oor hoe hulle godsdiens vir politieke motiewe inspan.
Stemmateriaal by party-agent se huis gekry
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bevestig dat daar stemmateriaal by die huis van ‘n party-agent gekry is.
Oscar Pistorius: ANC-vroueliga betaal sodat June verhoor kan bywoon
Die ANC-vroueliga betaal June Steenkamp se reis- en verblyfkoste sodat sy Oscar Pistorius se moordverhoor kan bywoon, het Beeld Dinsdag berig.
Foto’s: Perde veroorsaak groot ongeluk in Centurion
Drie mense is beseer nadat hul voertuie Dinsdagoggend twee perde op ʼn besige pad in Rooihuiskraal, Centurion, getref het.
Transnet-gebou in Oos-Rand afgebrand
Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting nadat ʼn Transnet-gebou in die Oos-Rand Maandagaand deur betogers aan die brand gesteek is.
Twee in hof vir boer se moord
Peter Hackland (62), ʼn suikerrietboer van KwaZulu-Natal wat verlede jaar helder oordag op sy plaas doodgeskiet is, se dogter het Maandag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof tydens twee mans se moordverhoor getuig.
Hof gaan sê oor Limpopo-handboeke
Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer rakende ʼn aansoek om die onderwysowerhede in Limpopo te dwing om uitstaande handboeke af te lewer.
Doodgeskiet in motor: Naam bekend
Die man wat Maandagmiddag in sy motor doodgeskiet is in Bloemfontein in die Vrystaat se naam is bekend.
Foto’s: Dié drie soek na bankroof
Die polisie is op soek na drie mans wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het en die Standard Bank in eMalahleni (Witbank) beroof het.
Gedagte vir die dag: Wat God wil, kan Hy doen
Mark. 1:40 – “Daar kom toe ’n melaatse man na Hom toe wat smekend op sy knieë voor Hom neerval en vir Hom sê: ‘As U wil, kan U my gesond maak”.