Drie vermeende stropers verskyn Maandag in die Makhado-landdroshof nadat hulle op ʼn private wildsplaas naby Alldays in Limpopo in hegtenis geneem is.
Alles vir Maandag 9 Junie 2014
Woord: tingting
Ken jy dié oulike streekswoord? Maroela Media het oor die naweek ‘n video opgelaai van Coke wat tingting gekook word. Jy kan jou koffie ook ting-ting maak! Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Nuuskommentaar: Word Zuma nou ge-PW of bly hy pyn in die nek?
Baie Suid-Afrikaners se aandag is nou met kommer gevestig op die platinumgordel eerder as Nkandla en sy baas. Tog kan die twee sake nie los van mekaar gemaak word nie – beide is ewe veel ‘n ekonomiese as politieke kwessie.
Kinders in brandende huis vasgekeer
Twee kinders van Jabulani in Soweto, Johannesburg, is oor die naweek dood nadat hulle sonder toesig in ʼn brandende huis vasgekeer is.
Twee vas oor renosterhoringdiefstal
Twee mense is oor die naweek in hegtenis geneem in verband met die onlangse diefstal van 112 renosterhorings uit ʼn kluis van die Toerisme-en-Parkeagentskapraad in Mpumalanga (MTPA).
Anni Dewani se moordenaar in die hospitaal
Xolile Mngeni, wat skuldig bevind is aan die wittebroodtoeris Anni Dewani se moord, is in ʼn hospitaal opgeneem.
Strandfontein-hengelaar doodgeskiet
ʼn Hengelaar is dood nadat hy en ʼn vriend Sondagoggend by Strandfontein aan die weskus aangeval en geskiet is.
Zuma uit die hospitaal ontslaan
President Jacob Zuma is Sondagaand uit die hospitaal ontslaan.
Gedagte vir die dag: Jou huis….’n tuiste wanneer jy veilig voel
Matt 23:37: “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net…