ʼn Paar mense is Maandag dood en ʼn aantal persone is beseer nadat ʼn vragmotor voetgangers in Glasgow, Skotland getref het.
Lees meerAlles vir Maandag 22 Desember 2014
TB Joshua nooi familielede vir Kersfees
TB Joshua, ʼn prediker van Nigerië, sal glo gesinslede van slagoffers toe ʼn gebou by sy kerk ineengestort het, na Lagos vlieg om Kersfees en Nuwe Jaar saam met hom te vier.
Man dood aangetref in JHB-swembad
ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is Sondagaand laat dood aangetref in ʼn swembad in ʼn bekende vermaaklikheidsgebied in Cosmo City, Gauteng.
Baba en drie volwassenes dood in Mpuma-ongeluk
ʼn Baba en drie volwassenes is Maandag op die R37 naby Nelspruit in Mpumalanga oorlede in ʼn trompop botsing.
Vrou in hof ná gevangenes ontsnap
ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn vuurwapen in die hof ingesmokkel het om gevangenes te help ontsnap, het Maandag in die landdroshof in Mthatha verskyn.
Twee vas na hulle koei, ambulans steel
Twee nefies het in ʼn hof in Limpopo verskyn nadat hulle glo ʼn koei en ʼn ambulans, wat hulle as wegkomvoertuig gebruik het, gesteel het.
Video: Maak jou eie spitbraai
Ons almal weet hoe lekker sappig vleis kan wees as dit ordentlik oor ‘n spitbraai gaargemaak word. Suzelle DIY wys vir jou in dié video hoe om jou eie spitbraai te bou.
Koperdiefstal neem effens af in November
Die koste van koperdiefstal het in November tot R13 miljoen gedaal, volgens die SA Kamer van Handel en Nywerheid se koperdiefstalbarometer.
Foto’s: Trekker-meisie keer terug na suksesvolle Suidpool-reis
Manon Ossevoort, ʼn Nederlandse aktrise en avonturier, het ʼn 5 000 km lange reis na die Suidpool en terug suksesvol afgelê met ʼn 3.3 liter Massey Ferguson 5610-trekker.
Kaapse vierling sterk goed aan
Tracy du Plessis het Sondagaand vir die eerste keer een van haar vierlingdogtertjies vasgehou nadat hulle amper twee weke gelede gebore is.
Maroela Media Top 20 22 Desember 2014
Hier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek.
Musiek 2014: Hier is die bestes van die jaar
Van die bestes tot die swakstes in Afrikaanse musiek vir 2014. Hier is al die wenners!
Skrootwerf-verdagte doodgeskiet
ʼn Vermeende rower is Maandag in Roodekop, oos van Johannesburg, doodgeskiet.
Man jaag met gesteelde kar in skoolheining vas
ʼn Man is in Jabulani in Soweto in hegtenis geneem in verband met die besit van ʼn gesteelde motor, het die polisie in Gauteng Maandag gesê.
Vrou verkrag toe mans haar red
ʼn Vrou is Sondag tydens twee verskillende voorvalle deur drie mans verkrag, het die polisie in Gauteng gesê.
Baba Jesus en Josef se baard gesteel
ʼn Babapop wat Jesus by ʼn Kersstal-toneel in ʼn gegoede woonbuurt in Durban verteenwoordig het, is uit sy krip gesteel, het die Daily News Maandag berig.
Só gebeur grondbesetting in Swakopmund
Grondbesetters het glo ʼn ooreenkoms aangegaan om nog ʼn stuk grond in Swakopmund in Namibië te bekom, het ʼn leier Maandag beweer.
Video: Tweeling verwar kleuter
ʼn Video oor ʼn kleuter wat baie verward is toe hy ʼn tweeling die eerste keer sien, is binne twee weke reeds byna 16.5 miljoen keer op YouTube gekyk.
N1 gesluit sodat ganse die pad kan oorsteek
ʼn Metropolisiebeampte het Maandagoggend die N1-suid by Beyers Naude-rylaan in Johannesburg vlugtig gesluit sodat ʼn ma-gans en haar kuikens die pad kon oorsteek.
Polisie-held hardloop met baba na hospitaal
ʼn Vlugvoetige polisieman van Londen in Engeland het ʼn baba se lewe gered toe hy met die kind hospitaal toe gehardloop het.