ʼn Man is Maandagoggend in Yeoville, Johannesburg dood nadat hy van ʼn gebou afgespring het.
Alles vir Maandag 22 Desember 2014
Vier mans dood in motor gevind
Vier mans is dood aangetref in ʼn motor nadat hulle vermoedelik in ʼn ongeluk betrokke was in Dobsonville, Soweto.
WAT Woord van die Week: steenbras
Die WAT Woord van die Week is “steenbras”, enigeen van ‘n paar soorte seevisse. Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waarom die visse só genoem word. Carike Keuzenkamp se bekende “Sarah de Jager” volg onderaan die berig.
Video: Polisiebeamptes keer rug op NY-burgemeester
Lede van New York se grootste polisievakbond het tydens ‘n nuuskonferensie met hul rug gekeer gestaan na die burgemeester van New York, Bill de Blasio. Die polisie se optrede is op video vasgelê.
Kobra pik baba in gesig
ʼn 10 maande oue babaseuntjie is in ʼn stabiele toestand in ʼn hospitaal in Noordwes nadat hy deur ʼn Mosambiekse spoegkobra in die gesig gepik is.
Meertaligheid vertraag Alzheimer
ʼn Studie wat aan twee Vlaamse universiteitshospitale gedoen is, toon aan dat die ontwikkeling van Alzheimer se siekte met tot vier en ‘n half jaar vertraag kan word by diegene wat aktief tweetalig leef.
Bewyse van Mars-waterreservoir op aarde gevind
Nasa berig dat wetenskaplikes wat meteoriete bestudeer wat van Mars afkomstig is, bewyse gevind het daarvan dat Mars oor ’n beduidende waterreservoir onder sy oppervlak beskik.
Nuuskommentaar: Om letterlik en figuurlik deur Zuma in die duister gehou te word
Beurtkrag is nie al wat Suid-Afrikaners in die duister hou nie. Propaganda doen dit ook.
Zuma in ‘goeie gesondheid’
President Jacob Zuma het Sondag gesê sy gesondheid het ʼn knou gekry na vanjaar se algemene verkiesing maar dat hy sedertdien herstel het.
Man sterf in trompop botsing
ʼn Man is dood en nog ʼn persoon is beseer in ʼn botsing reg van voor in Bloubosrand, Johannesburg.
Ma vermis na sy kinders red
ʼn Ma van vier word vermis en het vermoedelik verdrink nadat sy haar kinders uit die Bergrivier in die Paarl gered het.
Gedagte vir die dag: Jesus, die Ligbringer
Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede. (Luk 1:78-79)