Een van die mooiste liefdesgedigte in Afrikaans, TT Cloete se “Anna”. Kyk ook na die video onderaan waar prof. Cloete self die gedig voorlees.
Alles vir Woensdag 11 Februarie 2015
Hitte duur voort in noordelike provinsies
Warm en bedompige weer word Woensdag in dele van Gauteng, Noordwes, Limpopo en die Vrystaat verwag terwyl erge donderstorms voorspel word vir dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.
Luister: ‘n Huldeblyk aan André P. Brink
Adéle Changuion, omroeper by Radio Pretoria, het as ‘n huldeblyk aan André P Brink met prof. TT Cloete, Marita van der Vyver en prof. Jacques van der Elst gesels.
Nuuskommentaar: Behoort Zuma die staatsrede te lewer?
Herman Toerien bespiegel of Zuma die geskikte persoon is om ‘n staatsrede te lewer na al die omstredenheid waarin hy beland het.
Boek: Diere klankboek
In hierdie slim lees- en luisterboek is daar 45 pragtige prentjies wat praat.
“Pay back the money,” sê ANC vir DA
Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, het die DA daarvan beskuldig dat die party die publiek se geld mors deur sy besluit om nie die dinee ná die staatsrede Donderdagaand by te woon nie.
Vandag 25 jaar gelede: Nelson Mandela se toespraak ná sy vrylating
Dit is vandag presies 25 jaar nadat oudpresident Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 uit die Victor Verster-gevangenis in die Wes-Kaap vrygelaat is. Hy het hierdie bekende toespraak op die balkon van die stadsaal in Kaapstad gelewer.
Agt sterf in Mpumalanga-ongeluk
Agt mense is dood en sewe beseer nadat die minibustaxi waarin hulle gery het Dinsdag in Mpumalanga gerol het.
Video: Sirkus-leeutemmer aangeval
ʼn Leeutemmer van ʼn sirkus in Egipte is tydens ʼn vertoning deur een van haar leeus aangeval.
‘Bendebaas’ en sy vrou vas
ʼn Egpaar van Port Elizabeth is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met geldwassery en ses aanklagte van die besit, aanskaffing en gebruik van gesteelde goedere.
Nuwe arbeidsonrus dreig weer by Poskantoor
Daar is steeds groot probleme by die SA Poskantoor en die moontlikheid van hernieude arbeidsonrus is glo nie uitgesluit nie.
Drie skuldig aan Corrie Sanders se moord
Drie Zimbabwiërs is Dinsdag skuldig bevind aan die moord op die voormalige swaargewigbokskampioen Corrie Sanders tydens ʼn gewapende roof.
Gedagte vir die dag: Bid en verander
Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Wie na julle luister, luister na My; wie vir julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat my gestuur het. (Luk 10:2, 16)