ʼn Driejarige seuntjie het sy pa en hoogswanger ma in ʼn motelkamer in Albuquerque, Nieu-Mexiko geskiet.
Alles vir die maand Februarie 2015
Man kritiek na kwadfietsongeluk
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Sondag van ‘n kwadfiets af geval het in Magaliesburg.
IS onthoof glo tweede Japanese gyselaar
Die Islamitiese Staat (IS) het ‘n video uitgereik wat glo wys hoe ʼn Japanese joernalis onthoof word.
Marius Fransman koop glo stemme
Die ANC het Sondag ontken dat Marius Fransman, die party se voorsitter in die Wes-Kaap, vir mense geld beloof het in ruil vir stemme.
6 polisiebeamptes vas in 3 provinsies
Ses polisiebeamptes, van drie verskillende provinsies, is vir verskeie misdade in hegtenis geneem, het die Valke Sondag gesê.
Regering verdedig R10 m. se advertensies in The New Age
Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het Sondag die regering se besluit om meer as R10 miljoen op advertensies in The New Age te spandeer, verdedig.
De Kock het glo doodsdreigemente ontvang
Verskeie koerante het Sondag berig oor die vrylating van Eugene de Kock en gespekuleer oor waar hy hom nou moontlik bevind.
Roudiens vir Van Breda-gesin
ʼn Private roudiens word Donderdag vir Martin van Breda (55), sy vrou Teresa (54), en hul seun Rudi (22) in Pretoria gehou. Die egpaar en hul seun is Dinsdag in hul huis in die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch vermoor.
Man doodgeskok toe hy op elektriese draad trap
ʼn Man is dood nadat hy uit sy motor geklim en op ʼn elektriese draad getrap het in Margate, KwaZulu-Natal.
Weerlig slaan ses dood in KZN
Ses mense is dood nadat hulle in twee afsonderlike voorvalle in KwaZulu-Natal deur weerlig getref is.
Video: Seun se noodoproep ná Stellenbosch-bylmoorde
Henri van Breda (20) het na die aanval op sy gesin, waarin sy ouers en broer dood is, die nooddienste gebel.
Twee verkool in botsing
Twee mense is Sondag dood nadat hulle motor in ʼn stormwaterdrein beland het in Vereeniging, Gauteng.
Simba Mhere-ongeluk: Drywer aangekla
Die bestuurder wat glo met sy motor teen die bekende TV-aanbieder Simba Mhere (31) se motor gebots het, gaan van strafbare manslag aangekla word.
Gedagte vir die dag: Ék is die bewys!
God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar so dat die wêreld deur Hom gered kan word. (Joh 3:16-17)