ʼn Man is dood en vier mense is beseer in ʼn botsing reg van voor op die R500 naby Carletonville aan die Wes-Rand.
Lees meerAlles vir die maand Februarie 2015
Polisieman, nog twee vas oor renosterhorings
ʼn Polisiebeampte verbonde aan die Wes-Randse misdaadintelligensie-eenheid en twee medepligtiges is in hegtenis geneem nadat daar renosterhorings in hul besit gevind is.
Agt beseer na muur omval
Agt mans is Saterdag beseer nadat ʼn muur meegegee en op hulle geval het in Randburg.
Susters tronk toe oor moord
Twee susters van KwaZulu-Natal is tot tronkstraf gevonnis nadat een van hulle ʼn huurmoordenaar gekry het om die ander suster se man te vermoor.
Kaapse hoofweg heropen na betoging
Die R300 en N2 in Kaapstad is Saterdagmiddag vir verkeer heropen na ʼn betoging, het die Wes-Kaapse verkeersdepartement gesê.
Video: Motorfietsryer gesoek na ‘tref-en-trap’
Die polisie en lede van die organisasie Lyttelton Crime Stop (LCS) is op soek na ʼn motorfietsryer wat glo ʼn tienermeisie omgery en ernstig beseer het en toe weggejaag het.
Mikrovliegtuig stort neer in Irene
ʼn Direkteur van die Irene-melkplaas in Centurion is glo Vrydagaand ernstig beseer na ʼn mikrovliegtuig naby Nellmapiusweg neergestort het.
Man sit lank na hy bejaarde verkrag
ʼn Man van Mpumalanga wat ʼn 76-jarige vrou met ʼn speelgoedgeweer gedreig en toe herhaaldelik verkrag het, is Vrydag in die Nelspruit-streekshof gevonnis.
Pukke se SR-voorsitter glo onregmatig geskors
Monica van Schalkwyk, studenteraadsvoorsitter van die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkampus, is glo onregmatig van die Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (ISR) geskors.
Man vas oor perlemoen ná hoëspoed-jaagtog
ʼn Man is in Claremont in Kaapstad in hegtenis geneem nadat daar glo 500kg se perlemoen in sy besit gevind is.
Leonard Nimoy oorlede
Die akteur Leonard Nimoy, wat veral bekend was vir sy rol as Mr. Spock in Star Trek, is in die ouderdom van 83 jaar oorlede.
Slegte nuus vir motoriste
Die departement van energie het aangekondig dat brandstofpryse volgende week sal styg.
Gedagte vir die dag: Maar net ’n skaapwagter
Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. (Luk 16:10)
Vyf vas vir renosterstropery
Vyf vermeende renosterstropers is in Limpopo in hegtenis geneem.
Seun (3) verdrink in swembad
ʼn Driejarige seuntjie het Vrydag in ʼn swembad in Ramsgate, KwaZulu-Natal verdrink.
Seun doodgeskiet tydens Mpuma-betoging
ʼn 15-jarige seun is glo deur polisiebeamptes doodgeskiet tydens ʼn diensleweringsbetoging in Acornhoek en Bosbokrand in Mpumalanga.
Vrou in hof oor ‘ontvoering’ 17 jaar gelede
ʼn Vrou wat glo 17 jaar gelede ʼn pasgebore baba uit die Grootte Schuur-hospitaal ontvoer het, het Vrydag in die Kaapstad-distrikshof verskyn.
Sewe vas oor dwelms
Sewe mense is in hegtenis geneem nadat dwelms met ʼn straatwaarde van R15 miljoen in ʼn hotelkamer in Sandton gevind is, het die Valke Vrydag gesê.
Bekende Kaapstad-hotel word Sondag ingeplof
Die bekende Tulip-hotel in Kaapstad word Sondag gesloop.
Wildbewaarder-kamp: Hof lewer uitspraak
Die Vereeniging streekshof het Vrydag uitspraak gelewer in die saak van Alex de Koker en Michael Erasmus ná die afsterwe van Raymond Buys (15) weens gebeure by ʼn wildbewaarder-kamp.