Vyf vermeende renosterstropers is in Limpopo in hegtenis geneem.
Lees meerAlles vir Vrydag 27 Februarie 2015
Seun (3) verdrink in swembad
ʼn Driejarige seuntjie het Vrydag in ʼn swembad in Ramsgate, KwaZulu-Natal verdrink.
Seun doodgeskiet tydens Mpuma-betoging
ʼn 15-jarige seun is glo deur polisiebeamptes doodgeskiet tydens ʼn diensleweringsbetoging in Acornhoek en Bosbokrand in Mpumalanga.
Vrou in hof oor ‘ontvoering’ 17 jaar gelede
ʼn Vrou wat glo 17 jaar gelede ʼn pasgebore baba uit die Grootte Schuur-hospitaal ontvoer het, het Vrydag in die Kaapstad-distrikshof verskyn.
Sewe vas oor dwelms
Sewe mense is in hegtenis geneem nadat dwelms met ʼn straatwaarde van R15 miljoen in ʼn hotelkamer in Sandton gevind is, het die Valke Vrydag gesê.
Bekende Kaapstad-hotel word Sondag ingeplof
Die bekende Tulip-hotel in Kaapstad word Sondag gesloop.
Wildbewaarder-kamp: Hof lewer uitspraak
Die Vereeniging streekshof het Vrydag uitspraak gelewer in die saak van Alex de Koker en Michael Erasmus ná die afsterwe van Raymond Buys (15) weens gebeure by ʼn wildbewaarder-kamp.
Gesteelde Picasso as goedkoop Kersgeskenk teruggevind
’n Picasso wat in 2011 uit ‘n kunsmuseum in Parys voete gekry het, is in ‘n pakhuis in New York teruggevind.
Tiener ontbied hulp oor WhatsApp tydens huisroof
Danksy ʼn tiener se vinnige optrede moes twee aanvallers Donderdagmiddag vinnig die hasepad kies toe hulp onverwags opgedaag het terwyl hulle haar grootouers in hul huis in Florida, Roodepoort aangeval het.
Video: 5 vrae aan Piet Byleveld
Het jy al ooit gewonder wat veroorsaak dat iemand ʼn reeksmoordenaar word of hoe Piet Byleveld dit sou hanteer indien hy by die Oscar Pistorius-saak betrokke was? In hierdie video beantwoord Piet Byleveld hierdie vrae en nog meer.
Jong pa by myn doodgeskiet
Burger Botes (30) word vandag begrawe nadat hy verlede week by ʼn myn aan die Oos-Rand doodgeskiet is.
Eet ‘fôrrin’ in Suid-Afrika
Marianne nooi jou om saam met haar by drie van haar gunsteling- eksotiese eetplekke in Kaapstad te kom kuier.
Redakteursbrief: ‘n Mens agter elke CV
Dis moeilik om uit iemand se CV te bepaal wie hulle werklik is, maar soms lees mens iets tussen die reëls raak…
Luister: Sharoney gesels oor haar Ghoema-nominasies
In ons Fairytale is Sharoney se debuutalbum, maar sy het reeds twee Ghoema-nominasies daarvoor ontvang
Ratte verloor eis teen polisie
Willem Ratte, ʼn voormalige Suid-Afrikaanse Weermag (SAW)-soldaat, het Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria ʼn siviele eis teen die polisie verloor.
Goeie nuus: AB de Villiers maak wéér geskiedenis
Die Protea-kaptein AB de Villiers het Vrydag Wêreldbeker-geskiedenis gemaak tydens die wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande deur die tweede vinnigste honderdtal nog aan te teken.
Plaasaanvalle: DA kap polisie oor statistiek
Die DA het sy kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se verbintenis tot landelike veiligheid ná hul “onvermoë” om Woensdag tydens die Polisie Portefeuljekomiteevergadering…
‘Die rok wat die internet gebreek het’
Sosiale media het behoorlik ontplof… en dit oor ʼn rok. Dit is die rok se kleur wat ʼn groot debat ontlok – met sommige mense wat meen die rok is blou en swart en ander sê die rok is beslis wit en goud.
Goeie nuus: Ontvoerde kind na 17 jaar gevind
ʼn Meisie wat 17 jaar gelede uit die Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer is, is opgespoor, het Beeld Vrydag berig.
Nuuskommentaar: Skiet die boer; skiet ’n volk – skiet ’n nasie
Om in ’n land wat volhou om van die wêreld se beste boere op te lewer (wat dikwels onder erg marginale omstandighede boer soos die huidige droogte toon) daardie landbouers stief te behandel, doen nie die land enige guns nie, skryf Herman Toerien.