Die polisie se duikeenheid en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur ná ʼn man wat glo in die see by Kampsbaai in Kaapstad ingehardloop het en onder die water verdwyn het.
Lees meerAlles vir Saterdag 7 Maart 2015
Eers verneder en nou wil almal met hom dans
ʼn Man van Londen is op sosiale media oor sy danspassies verneder. Dit was egter van korte duur en nou word daar vir hom ʼn reusedanspartytjie in Kalifornië gehou.
Foto’s: Drie dood na busongeluk in Franschhoekpas
Drie mense is dood en 26 beseer nadat ʼn bus Saterdag in die Franschhoekpas die pad verlaat en omgeslaan het.
Pta-skool toets spelers vir verbode middels
Rugbyspelers by die Hoërskool Menlopark in Pretoria gaan gereeld vir verbode middels getoets word, het Beeld berig.
Woodhill-moord: Man tuimel van balkon ná hy inbrekers pak
Die 53-jarige man wat vroeg Vrydagoggend in die luukse Woodhill-gholflandgoed doodgeskiet is, het met sy aanvaller gestoei voor albei van die dubbelverdiepinghuis se balkon geval het.
Man doodgeskiet, vrou verkrag tydens aanval
ʼn 57-jarige man is doodgeskiet, nog twee mans is gewond en ʼn vrou is verkrag tydens ʼn aanval Vrydagaand in Gerhardsville naby Centurion.
Valke lê op R20 miljoen se goud beslag
Die Valke en lede van die spesiale taakmag en misdaadintelligensie het op onverwerkte goud van nagenoeg R20 miljoen beslag gelê ná klopjagte op verskeie eiendomme in Springs, Johannesburg, en in Limpopo.
Seuntjie se ouers gesoek
Die Wes-Kaapse polisie het vir hulp gevra om die ouers van ʼn tweejarige seuntjie op te spoor nadat hy in ʼn winkelsentrum in Philippi agtergelaat is.
Man vas na moord op ma, dogter
ʼn Man is in Germiston, Gauteng, in hegtenis geneem in verband met die moorde op ʼn ma en dogter van Limpopo.
Hospitaal-ontvoering: Ooreenkoms bereik
Die biologiese ouers van ʼn meisie wat 17 jaar gelede uit ʼn Kaapse hospitaal ontvoer is, het tot ʼn vergelyk gekom met die gesin wat haar grootgemaak het.
Gedagte vir die dag: Sonder raad
Het ek nog die krag om dit uit te hou? Kan ek nog geduldig op my einde wag? Self is ek tot niks in staat nie. Ek weet nie meer raad nie. (Job 6:11, 13)