Wanneer Sean Courtney, die held van Witwatersrand, van ’n lang jagtog af terugkom, loop hy hom vas in die geweld van die Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se afgunstige haat, ’n volgende geslag Courtneys, en – bowenal – Ruth Friedman.
Alles vir Vrydag 6 November 2015
Vrou vas na sy glo tienerma se baba ontvoer
ʼn Vrou is Donderdag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn baba van drie weke oud uit ʼn hospitaal in die Fuyeni-gebied in Empangeni ontvoer het.
Mandela-kleinseun terug in hof
Die kleinseun van voormalige pres. Nelson Mandela wat van verkragting aangekla word, sal Vrydag weer in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
Nuuskommentaar: Sinai vliegramp krap radikale byenes oop
Die aansprake dat ʼn bom aan boord “meer waarskynlik as nie” vir die Russiese vliegramp in die Sinai verantwoordelik is, skep ʼn scenario wat die Weste en Rusland noop om presies te weet wat in die Sinai broei – veral weens plaaslike terreurgroepe se bande met die IS en Al Kaïda.
Ontmoet Carla Oberholzer
Toe Heuning vroeër vanjaar ʼn treffer met “Drome” gehad het, het die musiekbedryf vir die eerste keer kennis gemaak met die komponis van daardie liedjie, Carla Oberholzer.
Minister herbevestig transformasieteiken vir Bokspan
Mbalula het gesê indien dié teiken nie gehaal word nie, kan teen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) opgetree word.
Man vas oor 14-jarige se dood
ʼn 33-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 14-jarige seun, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
Studente en personeel van UJ geskors
Vyf studente en talle personeellede van die Universiteit van Johannesburg is geskors ná betogings by die universiteit.
Maaik se Mouterbaaikdam
In die Boesmanland is die weer áltyd ’n gespreksaak. Dis nou een onderwerp wat ’n mens selfs met ’n wildvreemdeling kan aanvoor sonder om gevaar te loop dat jy dalk op sy tone sal trap.
Gedagte vir die dag: Die pyn van verlies
God is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. (2 Korintiërs 1:3-4)