ʼn Video van die Kanadees Elizabeth Putnam wat alleen in die berge van British Columbia ysskaats, laat kykers vasgenael sit.
Lees meerAlles vir Sondag 22 November 2015
‘Hersien Phiyega se hele polisieloopbaan’
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê die ondersoek oor beweerde wangedrag deur die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, moet uitgebrei word om ook verdere bewerings teen haar te ondersoek.
Trein tref fotograaf
ʼn Man is Sondagoggend ernstig beseer toe ʼn trein hom net ná 09:00 op die spoorlyn naby die meer in Boksburg, Gauteng, getref het.
Moltreine bly gesluit in Brussel
Die vlak van bedreiging in Brussel, België bly hoog terwyl die soektog na ʼn verdagte, wat sedert die aanvalle op 13 November in Frankryk voortvlugtig is, voortduur.
Brand by TUT-eksamensentrum
Studente aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie het glo drie sale en twee veiligheidsmotors op die Soshanguve-kampus aan die brand gesteek.
Atlantis-man moet opdok vir skade aan MyCiTi-bus
ʼn 22-jarige werklose man van Atlantis in Kaapstad het in ʼn pleitooreenkoms ingestem om R9 000 aan die stad oor te betaal vir skade wat hy aan ʼn MyCiTi-bus aangerig het.
Drie dood, twee beseer in Bloem-skietery
Drie mans is Saterdagaand dood en twee beseer tydens ʼn skietvoorval in Bloemfontein in die Vrystaat.
Kreefvisser verdrink by Rooiels
ʼn Man wat glo besig was om kreef uit te haal, het Saterdag by Rooiels, tussen Gordonsbaai en Hermanus in die Wes-Kaap, verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in ʼn verklaring gesê.
Boek: Die skoenlapperleeu
Bertie red ’n wit leeuwelpie uit die veld in Afrika. Hulle is onafskeidbaar, maar dan word Bertie ver weg na ’n kosskool in Engeland gestuur en die leeu word aan ’n sirkus verkoop.
Boek: Lafras Cuyper en die Hirondelle
Tydens die Napoleontiese oorloë word Lafras gevra om ʼn Franse gesant na Indië te neem aan boord sy korvet, Hirondelle.
Nuwe redakteur vir Beeld
Media24 het in ʼn persverklaring bekend gemaak dat Barnard Beukman vanaf Desember Beeld se nuwe redakteur sal wees.
[Video] Van kurkdroog tot massa water
ʼn Video op Facebook wat wys hoe die Limpoporivier afkom, is baie gewild op sosiale media.
Regering, Sanef stem ooreen oor gesonde mediaverhoudings
Die regering en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Saterdag hul jaarlikse indaba by die presidensiële gastehuis in Pretoria gehou.
Mpuma-eenheid binne 5 jaar beskikbaar, sê Eskom
ʼn Eenheid by die Duvha-kragstasie in Mpumalanga wat al sedert Maart 2014 afgeskakel is ná ʼn drukketel oopgebars het, sal in 2019/20 weer beskikbaar wees, het Eskom Saterdag gesê.
R114 miljoen vir droogte in KZN
Die departement van landbou en landelike ontwikkeling in KwaZulu-Natal is besig om ʼn R114 miljoen te bewillig vir boere wat deur die droogte geteister word.
Gedagte vir die dag: Almal raak soms moedeloos
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie. (2 Korintiërs 4:7-8)