Wanneer iemand in die “veiligheid” van sy eie huis oorval word, is die geestelike skade dikwels baie groter as die fisieke skade wat ’n rower aangerig het.
Alles vir Woensdag 5 April 2017
Twee swaar gestraf vir verkragtings
Twee mans is in twee afsonderlike voorvalle gevonnis vir onderskeidelik die verkragting van ‘n pleegkind en ‘n verstandelik gestremde vrou in Bloemspruit in die Vrystaat.
Rommelstatus is mosie van wantroue in land se bestuur
Die ekonome Dawie Roodt en Adam Jacobs meen die kredietgraderingsagentskappe was tot dusver eintlik geduldig met Suid-Afrika en het die land baie lank kans gegee om sy politieke en ekonomiese huise in orde te kry om ʼn afgradering te vermy.
Hoe sou Gert Muller in 2017 vertoon het?
Toe die All Black-afrigter Laurie Mains in 1994 die 19-jarige Johan Lomu die eerste keer in die toetsreeks teen Frankryk ingespan het, het hy rugby se doelpale verskuif.
Vier vas ná seun onthoof is
ʼn Inwoner van Umlazi het Dinsdag ʼn gruvonds gemaak toe ʼn 15-jarige seun se kop naby ʼn KwaZulu-Natalse skool gevind is.
Vandag se sportnuus
Gholf Die eerste Major van die jaar, die Amerikaanse Meesters, begin môre op Augusta. Dié toernooi word soos gebruiklik voorafgegaan deur die Syfer 3-kompetisie wat…
Pretoria-aktiviste eis Zuma se kop
“Ons is hier om Zuma te vra om te gaan. Wat ons vandag doen, is maar nog net ʼn teken van dit wat kom. Vrydag gaan die groot dag wees.”
Duisende by #SaveSouthAfrica-optog in PE
“Ons fokus op #ZumaMustFall. Ons is siek en sat vir ʼn president wat ons land vir ʼn bord kerrie verkoop het. Ons is die grap van die wêreld.”
Vrou in hof oor man se moord
ʼn 46-jarige vrou het Dinsdag in ʼn landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag dat sy die meesterbrein agter haar man se moord is.
Gedagte vir die dag: ’n Erfenis in die hemel
Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink … Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het my verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek. (Matteus 25:34-36)