Pres. Cyril Ramaphosa word versoek om ʼn onafhanklike oudit van die databasis van Sassa-begunstigdes te doen.
Alles vir Sondag 14 Januarie 2024
Vermeende reeksverkragter vasgetrek
Die 30-jarige verdagte word deur DNS met 12 sake verbind wat tussen 2015 en 2022 gepleeg is.
Uitdaagbekerreeks: Lions verloor, maar jonges brul hard teen Montpellier
Die Lions het Montpellier soms in die skrums laat knor, hulle het die tuisspan opdraande in die lynstane gegee en met hul opskietverdediging die tuisspan agter die voordeellyn gewurg.
Nuwe Tshwane-polisiehoof se besem vee skoon
“Ek glo die Here het hierdie werk oor my pad gebring en ek is hier omdat Hy so gewil het,” sê Yolande Faro, nuwe hoof van die Tshwane-metropolisie (TMPD).
Minstens 3 sterf in KZN-storms
KwaZulu-Natal se rampbestuurspanne het gereageer op verskeie noodlottige voorvalle ná swaar reën Vrydagaand in verskeie gebiede in die provinsie.
Stormers span die seile teen Sale
Die Stormers het met tye weer die vonkelwynrugbykrane oopgedraai om Sale Sharks met 31 – 24 op die DHL-stadion in Kaapstad te klop.
Gholf: Fleetwood voor, maar Lombard en Lawrence steeds in wedloop
Lombard en Lawrence is net vier houe agter die voorloper, Tommy Fleetwood van Engeland, in die Dubai-uitnodigingstoernooi.
Soldate ‘nie toegerus, ondeurdag’ na DRK gestuur
“Indien ʼn mag van duisende troepe van die Verenigde Nasies nie die saak kon besleg nie, hoe gaan ʼn mag met soldate uit arm Suider-Afrikaanse lande dit doen? Ek dink dit is ʼn geweldige fout.”
‘Game of Thrones’-akteur weer in SA reeks te sien
Die Skotse akteur, Iain Glen, gesels met Maroela Media oor sy ervaring in Suid-Afrika.
Gedagte vir die dag: Gebed is rus
Gebed is nie ʼn onderhandeling met God nie.