Maroela Media se 10 gewildste debatskrywes, rubrieke en briewe vir 2023

Hierdie debatskrywes, rubrieke en briewe is in 2023 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. Die mense agter die smart

7 Oktober. Swart Sabbat. Die dag wat in elke Israeli se wese as ʼn waterskeiding afgeëts lê.

In die naskokke van Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober 2023 (Foto: MAHMUD HAMS / AFP)

  1. Uit die dagboek van ʼn maatskaplike werker: Woorde wat seermaak

Ek gesels eendag met ʼn 15-jarige dogter oor diep gebeurtenisse in haar lewe. Ons sit in die kamer, nie baie groot nie, waar sy, haar stiefma, stiefpa en 6-jarige boetie woon. Hulle woon saam met 30 ander mense op een erf. Elke dag van die hand na die mond.

Charmanay de Klerk (Foto: Verskaf)

  1. Die Biebers sing psalms en die Malemas sê hulle is Jesus

Dankie, Bieber, dat jy jou lewe probeer reg leef, al het jy foute. Dankie dat jy sing vir God. Malema, vir jou het ek niks meer om te sê nie.

René Roux (Foto: Verskaf deur SHH)

  1. Die kluisenaarkrap in my ma se dop

Maar die krap wat my ma se dop kom bewoon het gebruik dit nie vir beskerming nie. Dit het ʼn permanente tuiste kom maak.

Argieffoto

  1. Lesersbrief: Te wit om ʼn dokter te word

Ek skryf hierdie brief met ʼn hartseer en diep teleurgestelde hart. Ek is ʼn blanke ma van ʼn blanke dogter wat te wit is om in haar geboorteland medies te studeer.

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Insung Yoon / Unsplash)

  1. Lesersbrief: Dié jammer-sê kom uit my hart uit

Maar nou spring ek na ʼn ander kleur Smartie. Ek wil vandag uit my hart uit kom jammer sê.

(Foto: Verskaf)

  1. Die leuen van apartheid

Dit is een van die bitterste ironieë van Suid-Afrika dat die beleid van apartheid – waaraan Afrikaners vir dekades vasklou as hul enigste hoop en redding teenoor oorheersing – eintlik ʼn onuitvoerbare en onwerklike stelsel was wat direk tot die Afrikaners se ondergang gelei het.

Foto geneem op 1 Maart 1989 van ‘n bord wat sê “Whites only / Slegs Blankes” in die myndorpie Carletonville. (Foto: Philip LITTLETON / AFP)

  1. Wees bang Julius, ons bou om te bly

Iemand vra: moet ons bang wees vir die EFF?

EFF-leier Julius Malema by die party se tienjaarvieringe. (Foto: EFF/Twitter)

  1. Die Here het my mooi gemaak

Alles in ag genome, luister ek graag wanneer Bernice met haar vrolike lewensblyheid en mooi sangstem eer aan die Skepper bring. “Die Here het my mooi gemaak. Hy’t my baie mooi gemaak”. En in die video dans klein kindertjies en selfs volwassenes saam!

Bernice West (Foto: Youtube)

  1. Lesersbrief: Dan is ek seker ʼn rassis

Ek is glo ʼn rassis. Wel dit is wat die departement van sport, kuns en kultuur my wil laat glo omdat ek durf bevraagteken waarom twee mense met my hardverdiende belastinggeld regoor die wêreld gestuur word om sportbyeenkomste namens my by te woon.

Botha Msila, een van Suid-Afrika se twee betaalde “superondersteuners”, tydens die aangaande Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk. (Foto: Christophe ARCHAMBAULT / AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.