MiWay-baas klap Afrikaners en toe klap hulle terug

miway-twiet

Foto: Verskaf.

Die uitvoerende hoof van MiWay, René Otto, het ’n twiet – nadat hy die boek The Lost Boys of Bird Island gelees het, uitgestuur wat Afrikaners en sosiale media gebruikers behoorlik ontstel het. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, reageer in ’n opebrief op Otto se twiet.

Beste René

Ek sien jy het om verskoning gevra vir jou twiet wat jy uitgestuur het nadat jy The Lost Boys of Bird Island gelees het. Ek wil graag deur die brief ʼn perspektief bied oor hoekom Afrikaners so woedend op jou twiet gereageer het.

Dit is mos deesdae hoogmode om Afrikaners te kriminaliseer. As jy dit self doen, dink jy mos jy het jouself van die smet van die bose gemeenskap gereinig.

So het jy met jou twiet ook by die koor van stemme ingeval. Jy gebruik ʼn boek, wat oor ʼn pedofielnetwerk handel en op wankelrige bene staan, om sommer in die proses ʼn klap uit te deel in die rigting van die Afrikaners van vandag wat glo hulle is die uitverkore volk van God en steeds in ontkenning leef oor die vernietiging van die apartheidsera.

Dit ten spyte daarvan dat twee sentrale karakters in die verhaal, naamlik die besigheidsman van Port Elizabeth, Dave Allen, en die voormalige NP-minister van omgewingsake, John Wiley, Engelsprekend was.

Of die feite in die boek glad nie, gedeeltelik of die volle waarheid is, is nie hier relevant nie. Jou klap na die hedendaagse Afrikaner was onvanpas en eenvoudig nie aanvaarbaar nie.

Die reaksie op jou twiet was oorweldigend en jy het om verskoning gevra vir die manier hoe jou twiet geïnterpreteer is. Volgens die verklaring wat later uitgereik is, was dit nie jou bedoeling om enige persoon of kultuur seer te maak nie.

Jy sê ook jy het die boodskap in jou persoonlike hoedanigheid getwiet, maar jy kan jouself en jou posisie by MiWay nie van mekaar skei nie. Jy het jou magsposisie misbruik. Jy is die uitvoerende hoof van MiWay en ek is bekommerd dat jou “opregte” berou dalk te make het met die skade wat MiWay gely het. Die probleem is nie die interpretasie van jou twiet nie; dit is jou twiet.

Afrikaners is moeg daarvan om geboelie en gekriminaliseer te word en jy het dit onderskat. Wat jy selfs meer onderskat het, is Afrikaners se reusekoopkrag. Wat jy onderskat het, is dat Afrikaners steeds meer as 30% van die finansiëledienste-koopkrag in Suid-Afrika het. Ek weet nie hoeveel Afrikanerkliënte MiWay het nie, maar ek vermoed dit is heelwat.

Hoewel hulle ʼn klein groep is, maak dit van hulle ʼn formidabele faktor om mee rekening te hou in die sektor waarin jy werk. Ek sou ook jammer gewees het as ek dié groep woedend gemaak het.

Om een of ander rede het jy egter steeds gedink dit is in orde om ʼn klap in hul rigting te mik. Dit is mos polities korrek om dit te doen. Op sosiale media het die Afrikaners teruggeklap.

Daar is drie instellings wat ʼn groot invloed op jou lewe gehad het. Die eerste is jou alma mater, die Universiteit van Pretoria (Tukkies). Deur Tukkies het jy jou kennis verwerf en is jy aan sekere waardes blootgestel wat jou gevorm het. Dit het jou in staat gestel om vandag die hoof van MiWay te wees.

Die ander twee instellings is Santam en Sanlam, wat geboorte aan MiWay gegee het.

Die drie instellings is instellings wat uit die Afrikaner se swaarkry gebore is. Dié instellings het hul destydse omstandighede te bowe gekom en het dit uitpresteer. Hul stories is merkwaardige stories. Dit is asof jy met jou twiet hierdie geskiedenis net eenvoudig wil ontken, al is dit Afrikanerinstellings en -waardes wat jou help vorm het.

Die drie instellings se stories is in breë trekke in der waarheid ook maar die storie van die Afrikaners. Dit is ook die stories wat my gevorm het en ek is ongelooflik trots daarop. Die volle Afrikanerstorie is my storie – die swaarkry, die opstaan, die kampe, die helpmekaar, die hartseer, die vreugde, die armoede en die reddingsdaad. Insgelyks was daar ook vergrype en verryking; ʼn honger na mag en magsmisbruik; vernedering en uitsluiting van ander. Dít alles het my gevorm. Die goeie maak egter nie ons volle storie heilig nie en die slegte kriminaliseer ons nie.

Net so is daar goed en ook heelwat kwaad te vind onder alle volke in die wêreld – dink maar aan die Engelse, Duitsers, Russe, Japannese en, hier op eie bodem, aan die Zoeloes en die Afrikaners.

Dit is hoekom die wyse president Kruger gesê het: “Neem uit die verlede wat goed en edel is en bou daarop die toekoms.”

Jy het dit nie gedoen. Jy het verval in die goed-kwaad-beoordeling van die geskiedenis en Afrikaners is aan die kant van die kwaad. Die geskiedenis is nie so simplisties nie en Afrikaners is moeg vir die soort beoordeling van hul geskiedenis. Ek is moeg daarvan om net as boos uitgebeeld te word, veral deur mense wat wil wys: “Ek is nie so nie”.

Jy het Afrikaners onnodig geklap. Hulle het teruggeklap, want Afrikaners is nie te klap nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

174 Kommentare

Celtis Africana ·

Dankie dr. Hermann vir u skrywe aan Renè Otto.
Dankie ook aan elke Afrikaner wat reageer het op die ” Tweet”.
Mag “Mi Way” die volle krag van ” Our way” ervaar.

George ·

Ek was in die proses om my versekering te skuif na Mi Way maar as die hoof van die firma so neersien op my as afrikaner dan moet hy beslis klaarkom sonder my karige ondersteuning, hoop al die Afrkaners redeneer en stem saam

Andrea van Vuren ·

Baie dankie dr. Herman. Ons is moeg om op elke gespreksforum, in elke hoofartikel van ‘n koerant en deur akademici as apartheidsboewe gebrandmerk te word. Ek voorspel hier kom nog ‘n “Spur” debakel!

Frank ·

Ook is die meeste Afrikaners “lae risiko” kliënte… dus kry (miWay) versekeraars hul meeste wins uit hierdie lede – dus hierdie lede dra gewoonlik die hoër risiko kliënte. Dit sal ‘n slag wees as meeste van die lae eisende kliente weggaan by MiWay…

De'lia ·

Baie dankie Dr Herman ek as Blanke Afrikaner is werklik keelvol om as dief en slegte mens uitgekryt te word deur iemand wat my geensins ken!!!Dankie vir u optrede!

Nick ·

Ek is n makelaar, en sal my best doen om al my kleinte by Miway te skuif, so word ons nie hanteer nie!!!

Andre Willemse ·

Ja hopelik vat René Otto en Miway nou die Highway! ?

Elane vd W ·

Ek weet verseker met wie ek beslis geen besigheid nou, of in die toekoms sal doen nie, nes met SASOL na hul nuutste aandeel verdeling vir werkers wat als, behalwe blank is!

Ek het doodseker gemaak ek of niemand sal daarna by SASOL brandstof ingooi nie – onge ag hul status van trots Suid Afrikaans. So sal dit met ene Rene se mpy MI-WAY wees.
SWAK PR en dit nogal van hulle hoof

Theron ·

Goed gestel Dr Herman. Ons klou ook nie aan apartheid nie, die anc en hul volgelinge is juis die wat apartheid nie wil laat gaan, sonder apartheid het hul geen voet om op te staan. Apartheid is anc se leuse, hulle bly dit vertroetel en toepas en het dit in 25 jaar vervolmaak.

Thinus Erasmus ·

Ja die Ingelse – waarvan baie liberaal is, in hul taal “like” dit om Afrikaners te verkleineer. Maar as die popo die fan strike, dan is hul gou om ‘n lelike engelse rassistiese houding in te slaan soos die Jenny Sparrow geval en andere. Dan word die “@” woord soos listig gebruik!

Stefan ·

Tien uit tien Dirk. Nul uit tien René. Ek hoop alle afrikaanssprekende kliente van Mi-Way lees dit

Pieter ·

Dankie aan die jong man, Willem Petzer se video en Dirk Herman se skrywe. Ek hoop Rene Otto en andere in sy posisie sal voortaan mooi dink voor hulle onnodige populistiese uitsprake maak. Spreuke 21 :23 stel dit so eenvoudig “Wie sy mond en sy tong in toom hou, hou hom buite gevaar” .

Nettie ·

Die “verfoeilike” Gods-geregtigde uitverkoorde AFRIKANER: 10
Renè Otto/Mi-Way: 0

Ben ·

Dit is reg dat die die Afrikaner terugklap. Meeste mense wat ons kritiseer ken nie die land se Geskiedenis nie en se feite is nie korrek nie. Dit is alles gebaseer op leuens van oningeligte swak leiers. Gebaseer op die leuens van Politkuste en nie Staatsmanne nie. As hy die CEO van MiWay dan ongelukkig is, doen jouself en ons almal n guns en emmigreer.

Ricki ·

Ek is n Afrikaner. En ek is só moeg om geboelie te word deur elke jan rap en sy maat. Dankie dat u sulke mooi woorde gebruik het om hierdie voor op die wa mannetjie op sy plek te sit. Ek sou dit beslis nié beter kon doen nie. Saluut.

Marietjie Naudé ·

Baie dankie Dr Hermann – u verwoord my gevoel op ‘ n puik wyse!

Leo Minnaar ·

Die manier om sulke mense en besigede ensovoorts te klap is om jou gelde te ontrek…partykeur gaan dit swaar maak vir jou maar is jy beruit om die punch te vat …wat is n persoon beruit om opte gee

Gerhard Burger ·

Baie dankie Dirk! Uitstekend gestel! Ek het ongelukkig nie ‘n Twitter-rekening nie, maar kan op hierdie platvorm my misnoë teenoor René Otto se aangehaalde boodskap uitspreek (sies!!!), en my volledig met Dirk s’n vereenselwig. Otter het geen behoorlike oorweging aan sy stellings gegee nie. Dit was inderdaad ‘n slegte klap na die Afrikaners om by die bewerings (let wel) as feitelik ingesleep te word EN, of dit waar is of nie, dit was steeds onverdiend en ‘n duidelike poging tot verkleinering van ons as ‘n groep. Ek is nie ‘n kliënt van MiWay nie, maar sou ek gewees het sou ek waarskynlik ook my opsies oorweeg het. Dankie ook vir die wye reaksie van ons mense op Twitter.

Henry ·

Dankie aan Dirk Hermann en Gerhard!
Julle sê alles wat gesê moet word.
Het ook nie ‘n twitter rek nie, maar is dankbaar dat Afrikaners hierdie kêrel en sy mi way aan gevat het.
Hopelik sal elke Afrikaner doen wat gedoen moet word met sulke siele en hul besighede.
Laat ons Afrikanergeld praat!!!

Melanie ·

Baie dankie Mnr Dirk Hermann vir jou skrywe. Baie Goed gestel. Stem 100% saam. Hoop MiWay kry hul pakslae.

Niek ·

An Appeaser Is One Who Feeds a Crocodile, Hoping It Will Eat Him Last. -Winston Churchill

Sal nooit help om jou die mense op te offer in die hoop dat jy ooorgesien sal word nie.

Theresa ·

Sjoe. Dr Hermann se artikel en Niek se paar woorde, sê als.
Hoop beslis ek ontvang nie weer ‘n lastige telefoonbemarking irritasie van hierdie plek nie – kan so torring en torring – so nee, “you did it your way” = goodbye.

Andre ·

Uitstekende antwoord, maar dit val op klipperige grond. Kan nie glo iemand lees ‘n boek en gee kommentaar daarop as of dit feitelik is sonder huiswerk doen. (Skokkende nuus René, die “Drie varkies” is ook ‘n leuen, varkies kan nie praat nie). Dan maak die persoon rassistiese opmerkings ook om punte te kry – ek is onskuldig, ek is een van die ander. Wou MiWay vra vir ‘n versekeings kwotasie. Maar hulle is vir altyd af van my lys. Bye bye MiWay (I went to the lavvy but the lavvy was dry…..)

JoeV ·

Meneer het gemaak dat twee karretjies al vrydag by nuwe versekering verseker is…. ons ‘spur’ hom toe sommer so uit ons eie!

Chris Marais ·

Dankie almal! Voel tans baie beter na almal se kommentaar! Hy praat namens “homself”, maar staan voor ‘n advertensieteken! H Zille mag nie eens die waarde v kolonialisme verdedig nie……

Bokka ·

Ongelukkig is Mnr Otto min gespin. Sy kommentaar het eknieqers gelees is: “93 cancellations not really a backlash”.
Jip daar het jy dit nou. Jou vriendelike miway versekeraar is verseker daarop uit om sy alie aan jou af te vee

Anoniem ·

Dit sal ‘n perd van ‘n ander kleur wees as dit 930 raak.

Boerboel ·

Dit sal baie meer raak as dit, nogtans het hy groot skade aan sy besigheid aangerig.

Johan ·

93 Plus myne. Ek was in die proses om te kyk na verandering van my versekering maar na hierdie uitlating is Mi-Way beslis nie meer op my lysie nie.

Piet Pompies ·

Ek sien die kommentaar van René Otto as ‘n aanval op afrikaanse mans. Mi Way is nou die Hiway….

trots ·

Dirk Hermann, dit is ‘n baie goeie skrywe. Mens kan sien jy is ‘n man met insig, nie net ‘n leë blik wat geraas maak. Puik!

Gatvol ·

Stem saam. Het reeds besluit om geen besigheid met die Maatskappy te doen nie. Spur MiWay. Tyd dat hulle dit aan die sak voel.

Pik ·

Kom ons as afrikaners gaan blok hulle ingang ,gebou en parkeer area en dring aan om hom te sien dan hoor ons wat hy te se het gatvol vir die mense wat te veel geld verdien en as die dinges die fan strike is hulle op die 1st vlug uit die land uit

Jimson ·

Uitstekend. Baie dankie. Is ek reg as ek sê dat Santam ook baie aandele in Miway besit? Indien wel , sal mens graag van hulle ook ‘n standpunt wou kry.

Mellivora ·

Miskien moet ek sommer my Santam versekering ook kanselleer. Virseker is dalk ‘n beter keuse.

Erika Ochse ·

Dankie aan Dirk Herman vir sy ewewigtige perspektief. Goed en boos is in elke gemeenskap en politieke stelsel en die gedurige uitsondering van Afrikaners as boos kom eenvoudig uit ‘n ongebalanseerde persepsie. Ek het bedenkinge oor die motief en gesindheid agter die onthulings. Die leedvermaak en heksejagtery het die “Malan-heldevereerders” wat my betref in elkgeval oorskat.
Weet iemand al of die selfmoordbrief van die mede-outeur eg of geplant is? Laaste wat gelees het, het sy seun gesê sy pa het geknak.

E.K. die eerste ·

Die Mnr Otto het nog nie geleer as jy eenkeer iets gesê/getwiet het is dit ‘n geval van gedane sake het geen keer of dan woorde wat gesê/getwiet is, kan nie teruggetrek word nie, dit bly daar al vra jy hoe om verskoning. Hy klink na die tipe wat moet wegbly van sosiale media.

Karen ·

Dankie vir die brief ja mr otto 93 sal 70 x 700 vermenigvuldig Laat weet ons gerus ons is nie afhanklik van jou sleg se….

Ardus ·

Ek is in die mark vir nuwe kwotasie. MiWay is nou gelukkig nie meer op die lys. 93 het gekanselleer maar ongelukkig kan hy nie die wat hom nou ignoreer tel nie.

Kalahari Kind ·

Man, dis lekker om sulke berigte te lees! Dankie Dirk, jy verwoord ons gevoelens pragtig. En kyk net hoe begin ons Afrikaner volkie opstaan vir hul regte! Mooi só. Tussen al die paniek en wonder of dit tyd is om te trek, raak ek sommer weer van vooraf patrioties.

Bennie Goosen ·

As jy in di weermag was weet jy wat dit beteken om n trotse Afrikaner te wees…My polis by mi way gaan ek nou kanseleer en dit gaan n plesier wees al betaal ek meer elders.

Marinda Lazenby ·

Baie trot dat ons kan saamstaan oor goed wat ons diep in die krop steek. Een ding wat ek nog oor wonder, ons word as paddas deur ons president beskuldig maar ons ondersteun sy McDonalds. Vra maar net??

Jacqueline Wilbers ·

Dankie vir ñ man met insig & karakter soos dr Dirk!!!

Mackie ·

Maar nou kom maak jy dit erger deur te se 93 is nie juis ‘n backlash nie ? MENEER Otto .. dit is in EEN DAG .. ek hoop daar is elke dag 93 mense wat hulle polisse by julle afskaf .. PLAAS hou jy net jou mond en gaan KRUIP WEG< maar jy doen PRESIES dieselfde as die SPUR man … gaan vra hom maar wat het van sy aandele en van BAIE Spurs geword . plaas hy net stilgebly het toe gaan maak hy dit erger . jy gaan ook seker vir DOKTOR HERMANN aanvat .. JY GAAN tweede kom . glo my …

Casper Labuschagne ·

#GoAwayMiWay Dit is baie eenvoudig: Op grond van aantygings wat algeheel ongetoets is en na my mening blote verdigsels is tensy dit ooit in ‘n hof bewys kan word, het MiWay se grootbaas alle Afrikaners oor die kam geskeer en inderdaad beledig.

My besluit om nooit met MiWay sake te doen nie, is dus gegrond op die feit dat Afrikaners rede het om beledig te voel, en nie onwaarhede nie.

CorrectWay ·

Ek skuif onmiddelik al my versekering na Virseker waar Afrikaners welkom is…

Martie ·

Om te dink ek het oorweeg om my versekering te skuif na hulle toe!!!! OF NIE!!!!!!

Nols ·

Hoor hoor!!
Ek is nie by MiWay nie, maar as ek was, het ek vandag gekanselleer.

Bella ·

Is besig met ander kwotasies – MiWay gaan nog voor die einde van die week gekanselleer wees!!

Skyspy007 ·

Kyk gerus na Solidariteit, alhoewel hulle onderskryf word deur Auto and General maar is ten minste nie HulleWay of MiWay nie, kry ‘n ry MiWay na die HiWay…!!! MacDonalds en Spur het alreeds die HiWay..MiWay volg fluks

Esme van Dyk ·

Ek se dankie dat u hom so goed geandwoord het en ek is so bly dat daar nog afrikaners is wat by mekaar staan ons is trotse mense A

Pieter ·

Baie dankie Herman. Ek hoop net die verloopte kan dit lees

Haas ·

Die van julle wat MIWAY op die HIWAY sit, lig asseblief julle banke ook in. Het daai stel afgetrap met die klomp laas jaar al. 3 Maande en baie “MATROOS AFRIKAANS” gevat dat hulle moet besef ek stel nie belang in hulle dienste nie.

Hendrien Botha ·

Dankie. Dis hoog tyd dat mense sal hoor hoe ons regtig voel en wie ons is. Ek is ‘n trotse Suid-Afrikaner en sal altyd een bly.

Elizabeth ·

Reg so, Hendrina!! Laat besighede in hierdie land ‘n slag agterkom wie en wat ons is. Ons KAN samstaan. Laat ons ‘n slag begin met #-veldtogte teen besighede wat nie van Afrikaners hou nie.

SAKKIE SOUT ·

askuus as ek nou uit my beurt praat, maar die man het dit getwiet nie Mi-way nie, die is nie ‘n spur geval, waar die instansie die swart dame se dade ooglopend voor getrek het nie, ja die man het dit getwiet, bad days vir hom. Om Mi-way saam te sleep is in my opinie kinderagtig.

Anoniem ·

Stem nie saam nie – hy is die uitvoerende hoof van mi-way en verteenwoordig dis die mpy op belangrike en wye spektrum. TOTSIENS MIWAY

DieWaarheid ·

Sy posisie by MiWay het hom n podium gegee om vanaf te skree. Sy verantwoordelikheid volg hom tot in sy huis.

Matthias Doppenschmied ·

hy is die Hoof van MiWay.
hy dra die volle verantwoordelikheid vir die Organisasie.

Stuiwer ·

Sakkie Sout, Helen Zille het ook nie in die DA se naam getwiet nie, en kyk die reaksie op haar twiet…

Boerboel ·

Ek stem saam, maar sy kommentaar oor die 93 kanselasies help nie juis sy saak nie.

marous ·

otto moet maar die volgende ook interpreteer …. “dis virseker nie net jou manier nie ” en “dit benodig slegs een vonkie om ‘n plantasie af te brand “

Analogie ·

Die feit dat Afrikaners kwaad is kan ek insien. Die feit dat ons reageer deur n maatskappy te boikot wat baie mense in diens neem ens oor een mens se ondeurdagte tweet gaan my verstand te bowe. Ons as nasie is so kwaad dat ons eintlik maar hierdeur reageer soos die wat skole afbrand en dan nerens het om te leer nie…
Ons behoort dit duidelik te maak ons is kwaad en dan te verduidelik hoekom – weerwraak is sinneloos – daar is min verskil tussen die aanhitsing vir n boikot en n vuurhoutjie en kannetjie petrol. Ons behoort beter te wees en mense op mooi wyse reg te wys – moenie dat woede ons dryf na die vlak van vernietigers nie.

Arend ·

Jou “analogie” hou nie water nie. Dink jy vir een oomblik om net “kwaad” te wees gaan iets beteken?

Matthias Doppenschmied ·

as die Leier van die Maatskappy het hy die mag om dinge te sê. saam met dit kom egter die verantwoordelikheid om sy uitlatings versigtig te kies.
wat sake vererger is die feit dat die einste Instansies wat hy so afkraak juis vir hom gemaak het.

Koos ·

Jou mooi teregwysing gaan geen effek hê nie. As jy jou besigheid by MiWay wegvat, vernietig jy geen werksgeleentheid nie, jy skuif dit net na ‘n ander maatskappy

Catharina ·

Hoekom moet ons aan mekaar die ander wang draai? Sal hulle ook boikot

Skyspy007 ·

Analogie, JY is nou seker jou werk kwyt….?! Jammer om van jou bollie te hoor. Die een wat die klip gegooi het het op MiWay se podium gestaan en…die klip is klaar geggoi. Jy kan nie die plek sien waar hy val nie maar wees verseker, die klip maak baaaaaaie “rippels” in die water.

Beste Way ·

Jip laat die man maar sy Way gaan – ons het hom nie nodig nie – hy het ons nodig vir sy besigheid en nou het hy ons verloor.
Ons gaan ons Way.

bgj van der westhuizen ·

ja beledig die mense wat vir jou brood en botter voor sien en nou kan hy sien wat kan ons trug klap en doen maar Sanlam en samtam moet ook geklap word wand hulle is betrokke by my way ook maak seer waar dit seer maak en dit is geld

Melanie Capazorio ·

Skuus Jerry…
Met respek gesê… Wie sê jy kan namens die meerderheid praat?
Dirk mag sy opinie lig nes jy nou joune lig. Nie so nie?

1+1 ·

Wat het geword van die begronding van vergelding, vanuit die Woord.?

Mellivora ·

Jerry wie is jou “ons”? Het jy ‘n meningsopname gedoen onder al die Afrikaners sodat jy ‘n ingeligte opinie kan lewer namens die meerderheid?

Mark Sayers ·

Ek het nou net my insurance by MiWay gekanselleer. Die dame het gese: “Maar meneer, jy het nie n polis by ons nie.” Toe se ek: “Jy’s flippen reg, en SO sal dit bly!!!”

Dereck Le Roux. ·

Baie dankie Dr. Dirk, ek hoop dat hy nie net die boodskap kry nie maar dat hy die gevolge ook daarvan gaan dra, dit het hoogmode geword om by die koor van Afrikaner blanke haat deesdae aan te sluit en die boek en sy kommentaar pas so mooi in die koorgesang dat verskonings geen punt meer kan bewys nie, wat hy gese het is gese, niks sal dit meer kan verander nie selfs al sal hy dit met trane in die oe soos Brain Molefe dit begeer.

Johanné ·

René Otto, jy het jou personeel op dryfsand gesit deur te sê dat 93 bedankings nie juis ‘n backlash is nie. Is jy bewus daarvan dat jy nie vir jou personeel baie sekuriteit bied deur sulke onnosel uitlatings te maak nie?? Baie onbedagsaam en onveranwoordelik!!

Jan Els ·

Die massa kansellasies sal nie vandag al plaasvind nie. Mense moet eers nuwe kwotasies kry en hul versekering skuif. Teen die einde van hierdie maand en volgende maand sal Rene wel die effek sien, glo my.

Skuif na Virseker of ander ·

Niemand sal my van verkragting beskuldig nie, ek skuif my versekering sonder om nog te wonder. Hulle pryse is inelkgeval nie goed nie en diens pateties.

Nou nog baie meer ·

Dis nie meer net 93 kansellasies nie, ek het nou eers uitgevind en julle gaan nou van my persoonlike en besigheidskansellasies hoor.

Melissa ·

Ek is so moeg daarvoor om jammer te wees omdat ek Afrikaans en Wit is. Ek is gelukkig nie ‘n kliënt van MiWay nie en sal nooit wees nie!

Jo ·

Ek is baie trots Afrikaner en niemand moet waag vir my vertel ek moet eerder ‘n ander geloof of taal aanhang nie.

petra ·

Ek het amper geskuif Mi way toe. Toe hou ek maar op die hi way en bly waar ek is vir nou.

Jannie ·

Rene Otto moet summier afgedank word ons as gesin en besigheid het alreeds ander kwotasies gekry en sal ons assuransie skuif by die einde van September 2018 soos hulle versoek ons moet maand kennis gee asgv die aftrek by die bank,as hulle Rene Otto afdank sal ons soos enige ander redelike besigheid ons portfolio hou by MiWay die probleem is mos dan verwyder.

KanekVra? ·

10 uit 10 vir die brief. Ek hoop Miway neem besliste stappe teen die Rene Otto, uitvoerende hoof. Wie dink hy is hy? Sal nie sy maatskappy ondersteun nie. En as ander van ons gewone mense, sulke snert op sosiale medie kwytraak, sou ons baie keer summier afgedank word! Sies vir jou!

ByeWay ·

Ek dink Dirk Hermann het alles in sy brief gesê wat gesê moes word. Daardie verskoning van Mnr Otto is niks werd, hy vra verskoning vir hoe dit interpreteer word nie wat hy gesê het nie. Say what you mean and mean what you say of hoe? Bye Bye Mi Way.

Dion Els ·

Hulle se mos., what theI heart is full the mouth will speak of, so iets. Nee die skade is klan gedoenthe. Kan daar, nieme iets gereel word soos met spur daardie tyd nie

Soms is voel die oplossing ·

Soms is voel die beste oplossing. Bird Island is wil gegryp en gehol daarmee, dit gaan nog baie hartseer bring en dit het ‘n groot kans dat dit net fiksie was!!!!! Baie baie jammer dat mense so iets vir geld doen.

Chris Swanepoel ·

Mnr Otto, jy moet nooit klippe gooi wanneer jy in ‘n glas huis woon.

Sarie ·

Virseker is n baie goeie roep My broer het die maatskappy wat sê hulle sal die verskil inbetaal as n ander maatskappy hul premie kan verbeter met Virseker getroef en R400 gekry

Frank Olivier ·

Ek kanselleer my Mi Way polis nou. Die ou is nie ñ patriot nie, hy is liberalis. Sal moeilik verander. Het seker gedink die lederaliste gaan My Way nou erg ondersteun na sy uitlatings. Kom ons kyk hoeveel van hulle haan nou aansluit in vergelyking met die wat kanselleer.

penny ·

Mi Way verander nou jul naam ,jul is n klomp Liberals,ek kanselleer altwee my bakkies se versekering ha ha

adriana ·

Ons staan nog altyd saam al wys ons dit nie altyd nie – wanneer dit by die ‘core’ kom is ons saam.

PW ·

Dankie Dirk dat jy op so ‘n mooi manier die sakie reggestel het.
Ek hoop andere neem kennis.

Hein ·

Dankie vir die ope brief aan drew e man van MiWay. Ons kon dit nie beter bewoord nie. Ek hoop dat Afrikaners sal saamstaan en die nodige doen om die man n les te leer. Ons is verseker nog nie verslaan nie….

James Hugh Wilson ·

Toedeldo ta ta en vaarwe MiWay dit is nou I did it My way! Sal maar kyk of Outsurance of Santam my en my soort beter behandel! Vra maar vir mnr van Tonder van Spur ons klappe brand op die beursie!

Pierre ·

So bly ek kon nog paar groot besighede kry wat ook hulle besigheid by miway gaan stop. Al is dit seker net 20 wat stop is dit beter as niks

GES ·

Dankie Dr. Hermann. Die Afrikaners is moeg om die slaansak van liberaliste en meelopers te wees. Die ene mnr. Otto het duidelik sy grense oorskry en behoort afgedank te word. MiWay sal verseker geen besigheid van my afkry nie. Wat my betref is hulle ook nou ge-spur.

schalk ·

rene otto dis nie baie slim om afrikaners en veral sosiale media inkrimenerende goed te sê oor afrikaans of enige groep ni.. baie dom.. jy weet hoe rof sosiale media is deesdae

Bonnie ·

Daar gaan ons ook Mi Way, en my 2 werkende kinders se korttermyn versekering ook.

Desire Uys ·

Ek voel in die gesig gevat. Geen meer Mi Way vir my nie. Mi Way gaan nou Spur se way.

Gerhardus ·

Waarom in debat gaan met ‘n skepsel wie se ouers hom nie maniere geleer het nie?? Ek het ‘n klag ingedien vir naamskending, want hy beledig my ouers en myself.

Johan ·

Ek het dadelik my persoonlike versekering gekanseleer, ek sal wragtig nie hiervoor staan nie!!!!!!!!!!

Leon ·

Kan ons asb een keer wys “eendragt maak magt” stamp hulle en vat julle polisse elders…. daars baie beter opsies by ander versekeraars wat julle ondersteuning verdien.

Rita van Rensburg ·

Dankie dr Hermann, Ware afrikaner. Mi way moet beslis van Rene Otto ontslae raak anders gaan baie ander werkers ook hul werk verloor, maar hy is so arrogant sal net aan homself dink. Hy is n belediging van n blanke man. Sal ook beslis nie sake doen met Mi way nie

Sieg ·

Dankie Dr. Hermann goed gesê ek hoop die maatskappy jaag hom weg want dit is wat hy nodig het die lafhartige mens.

Sieg ·

Ek het so rukkie terug baie belang gestel om my besigheid na julle toe te skuif dis nou nie juis baie geld nie maar so R 7000 per maand maar nee wat het nou teen dit besluit. Miway is dit nie werd nie. As die maatskappy sulke mense met die tipe integriteit indiens neem dan dink ek nie juis baie van so maatskappy nie. Miway verteenwoordig so tipe mense nee dankie sal nooit met Miway besigheid doen nie!!!!

M Bosman ·

‘n Besondere ingeligte perspektief! Dankie Dr Hermann! Hoop Mi-Way sal die volle implikasie van hul ondeurdagte liberale perspektief aan hul lyf voel.
Ek wil ook net die hoop uitspreek dat Dan Kriek en Agri SA ook sal besef dat om ANC lakeie te wees, hulle nie gaan vrywaar om deel te word van die Nasionaal Demokratiese Rewolusie nie. Die Nas. Demokratiese Rewolusie spel duidelik uit dat eiendom in privaatbesit nie ANC-beleid is nie. Om dus soos Agri SA oor eiendomsreg te onderhandel, is ‘n futiele oefening.

Limpopo ·

Ek betaal elke maand R35k + aan Santam! Raai wat….solank as wat Mr. Otto op Santam se Bestuursraad dien, sien hulle nie weer my geld nie!!

Ian ·

Babaai miway ek kanseleer my polisse met julle en gaan die afrikaner-way.Lank genoeg finansier ons ons vyande in die land.

Limpopo ·

Santam het nou vir my ‘n mooi brief gestuur, om my tog te herinder dat die man verskoning gevra het, en dat hy die “twiet” in sy persoonlike hoedanigheid gemaak het……..Fooi tog! Hier kom ‘n lelike ding!

James ·

Ek kan net almal wat onder “Afrikaners” tel vra om ‘n voorbeeld van MiWay te maak en dadelik hulle besigheid van MiWay te onttrek…ons Afrikaners het genoeg van sleg sê gehad !!!!!!

Oom Kalahari ·

Dankie Dirk Hermann, dit was nou ‘n puik samestelling. Dit is inderdaad hartseer dat so hoe profiel persoon sy eie mense op so wyse op publieke forums aanval en hul kultuur in swak lig stel. Het alreeds opdrag aan Santam gegee om my polisse na Discovery Insure te skuif. Mnr Rene Otto dit is en was baie onbedagsaam van jou met sulke uitlatings. Gedurig word die blanke Afrikaner vir alles gebrandmerk van verkragtings tot Apartheid mense vergrype ens. Hoop jy stof jou baadjie af by Mi Way en sluit aan by outa van die langpad.

M. Blom ·

Vertrou SANLAM sal hier intree en die man pos agv massiewe skade wat hy veroorsaak het – MiWay spruit mos uit Sanlam… of is ek verkeerd?

Die Stem ·

Tien uit tien, Dirk Herman!
Volgens hierdie tweet kon selfs n Afrikaanse weergawe van Rooikappie, gebruik word teen ons…
Baie goed gestel. Ek voel by elke sin, dat daar n ‘like’-knoppie kort. Ek sou almal druk.
Midway na die HiWay, volgens hierdie Afrikaanse kliënt.
Dankie Dirk.

Bennie Parys ·

Feitlik seker Rene Otto staan agter die deur! Boek krap ou wonde oop!

Riaan ·

Ag sies tog,jy kan mos enige iets se of doen in die nuwe SUID AFRIKA.Se net jy is jammer,dan word jy vergewe,of jy dit nou dit bedoel of nie.Solank jy net die Afrikaner kan aanval en sleg se.

Trots Afrikaans ·

Eendrag maak mag.

Stuur my groete aan, Spur, Castle, DSTV en MiWay. My geld praat Afrikaans…..

Spur ·

Spur het soortgelyk opgetree en vandag huil van Tonder laaang krokodil trane.

Jammer ·

Ek is nogal spyt ek het nie ‘n Miway polis nie. Dit sou my groot genot verskaf het om dit te verskuif na n ander firma na die Otto kerel se beledigings. Hy eet die boek vir soetkoek op. Nou ja toe. Aan die ander kant is ek bly het ek nog nooit n polis by hulle gehad nie want die man se ware kleure het nou uitgekom. Snaaks hoe mense soos hy (en die Spur kerel) vinnig spyt is na hulle hul ware kleure openbaar het

Lensia Jooste ·

Ek het nou net by MiWay versekering uitgeneem, maar gaan dit beslis skuif na iemand anders.

Uli Kaempffer ·

10/10 vir Dirk Hermann.
René Otto se uitlatings is rassisme uit eie volksgroep, wat onnodig is. Hier is genoeg negatiewe gebeurtenisse om sulke min agtende uitsprake te uiter. En dit van ń man van sy statuur sou ons meer verwag het.
Soos Dirk Hermaan gesê het, sy privaatheid en besigheidssatuur is nie maklik skeibaar nie.
Met Godsdiens het hierdie nie juis te doen nie…
Ekself twyfel aan die korrektheid t.o.v.d. inhoud van die boek….
Die Afrikaner probeer soos almal ń lewe kap uit die “nuwe ” SA en ń plek vind in die lewe.
Dit is totaal ongevraag en oonvaarbaar van René Otto. Hy het gedaal waar so baie gedaal het….
Ek sal my vernintenis met MyWay verbreek.
Uli

shirley Pretorius ·

Wonderlik om die skrywe te lees van Dirk Herman en al die kommentaar wat weereens bewys dat , al is die wit afrikaners in die minderheid, ons nog steeds die wil en ek glo die mag het, om mense soos René van MiWay aan die pen te laat ry vir sy ondeurdagte uitlatings.

Trots&hoop ·

Daar is een ding wat ek wil uitlig – en dit maak my trots. Die afgelope paar jaar, wat daar so na ons Afrikaners geklap is, het ons weer begin saam staan. Vir ‘n (te lang)wyle het ons weggeskram en inskaamte die klappe gevat, maar nie meer nie! Ons begin weer opstaan en saam staan en dit gee my hoop. Dit gee my hoop vir my volk. Dit gee my hoop vir die toekoms. Dit maak my trots.

Andrea ·

Dis waar. En dis danksy Solidariteit en Agriforum wat dit koördineer dat ons wel soms saamstaan.

honourable member ·

Jou dom uitlatings gaan jou besigheid kos. Onthou net daar is ander mense ook wat staatmaak op n salaris en as mense begin onttrek aan hierdie versekeraar het julle probleme…… ek sal in my lewe nooit besigheid doen met Miway. Het nog net goeie diens by Outsurance gekry.

charmaine ·

Dirk Herman beter kon niemand dit gedoen het nie, fantastiese brief. Ek het die naweek boereoorlog roman gelees en net weereens besef ons is n bedreiging, eers deur die Engelse gemartel, konsentrasie kampe, plase gebrand diere doodgemaak oor hulle BOERE WAS EN AFRIKAANS GEPRAAT HET en hulle is gesien as plafvloers(in die 1900) nou niks het verander dis nou ons velkleur waarvoor almal bang is, soos in die 1900 sal ons weer opstaan. En ons eie verraai ons net soos daai tyd met die Boereoorlog. Hartseer en skandelik!

jakes ·

Reeds vanoggend opdrag gegee dat al my versekering by Myway summier gestaak word.

Nettie ·

Afrikaner …………………………… Wat is ‘n Afrikaner nou eintlik??? Is ek, omdat ek wit is en Afrikaans praat, in Suid-Afrika gebore is, ‘n Afrikaner? Is my buurman, wat gekleurd is en Engels praat, in Suid-Afrika gebore is, ‘n Afrikaner? Is my ander buurman, wat in Malawië gebore is, Engels praat, maar ‘n Suid-Afrikaanse ID-dokument het ‘n Afrikaner?

Die term “Afrikaner” is maar relatief. En mense soos mnr. Rene Otto (Franse naam, Germaanse van, laasgenoemde een van die ‘stamtale’ van Afrikaans, wat deur die sg. verfoeilike “Afrikaners” gepraat word) verraai in elk geval hulself – ek neem aan mnr. Otto is òf ‘n tydsgenoot van myself óf van ‘n geslag vóór my.

Dan, mnr. Otto, het u – willens en wetens – óf GEDEEL in die voordele wat blankheid jou gegee het in die Apartheidsjare òf jy het ‘n AANDEEL GEHAD in Apartheid opsigself. Dus: moet jouself nie so vinnig verskoon en jou hande letterlik in die water van onskuld was nie. Jy is meer aandadig aan Apartheid, as wat jy dink.

lerato ·

Hallo Nettie

Baie mense verhef ‘n enkele gebeurtenis so dat ander veranderlikes buite rekening gelaat word. Apartheid verdien nie al die eer/oneer wat dit toegevoeg word nie.

Onteiening sonder vergoeding is nie ‘n nuwe konsep in Suid Afrika nie. In 1913 met die Landswet het Louis Botha se regering bepaal dat daar blanke gebiede en trust gebiede vir swartes is. Hierdie swart boere moes toe die blanke grond ontruim en moes hulle vee teen weggee pryse verkoop. As hierdie boere nie versteur is nie het ons vandag ‘n groter swart middelklas gehad as bolwerk teen rewolusie.

Toe kom Malan en speel op Afrikaner sentiment om apartheid in te bring. Verwoed sy opvolger verlig toe die swartes se lot deur hulle grond gebied tot 13% te verhoog. Die probleem is egter dat feitlik alle hulpbronne om die blankes gesentreer is. (ek self het studiebeurs gekry as arm wit seun, wat ek nie sou kon kry as ek swart was nie)

Waar lê die probleem dan? Ek glo die apartheid regering het die blankes so goed beskerm ten koste van ander landgenote dat daar die wrewel en haat ontstaan het wat ons aan ons lywe voel.

Inge Zaaiman ·

Ek sal nooit vir Miway ondersteun of aanbeveel nie. Otto moet sy kommentaar vir homself en sy “vriende” hou.

Susan de Klerk ·

Kan ‘n CEO so kortsigtig wees en se slegs 93X polisse is gekanselleer. Mnr Otto, die Miway “brand” is daarmee heen!!

Henry 60 ·

Dit is suiwer rassisme, gaan iemand hom aankla. Kyk gerus na die definisie. Hy sal ook verseker aan sy aandeelhouers (Mi Way, Santam, Sanlam) en werknermers moet verandwoording doen………

Jerry ·

Optrede teen Rene Otto is geregverdig. Ongelukkig benadeel die boikot teen MiWay, Santam en Sanlam onskuldige werknemers asook hulle gesinne en oorskry die optrede die perke van redelikheid. Die oproep vir polisse kanselleer en polisse uitneem by Virseker dui ook op gemene spel wat besigheids sabotasie, intimidasie en viktimisasie tot gevolg het. N lidmaatskap boikot aksie teen Solidariteit en Afri-Forum in die nabye toekoms lyk al hoe meer na n moontlikheid.

Anoniem ·

Dirk Herman het geskryf wat ek glo op elke opregte afrikaner se hart le. Ek waardeer u skrywe en dank u daarvoor. Ek is gelukkig nie n klient van MiWay nie maar dit is nou soos die spreekwoord se een vrot appel maak die hele kis vrot en ongelukkig gaan die aandeelhouers dit voel. Hoop hulle sal die Mnr n les leer.

Dirk ·

Wow! Dankie Dirk en kie. Ek moes myself knyp en wonder of ek dit reg verstaan. Ons het genoeg geboet en wil bitter graag vorentoe gaan. Wie gaan saam?

Werriez ·

Ek keer terug Suid Afrika toe volgende maand na n paar jaar in China. En my kar is vir die laaste twee jaar deur MiWay gedek en ek skuif my verserkering sodra my voete op SA grond is. Ek verstaan glad nie sy twiet inelkgeval nie. So ons moet jammer se en reg maak , wat probeer ons al hoe lank doen. Ons word gemoor maar niemand se jammer nie ons moet sukkel om werk te kry maar niemand hoef jammer te se nie want ons is wit. Maar laat jy nou n skande kry en die persoon is wit dan moet ons hele nasie op ons kniee gaan en jammer se ? Hoekom ? Die persoon sou sy straf kry en wit mense sou hom noem op die naam . Wat se dit vir ons dat net ons skuldig gevind sal word aan alles want die wereld leer die mense so plant die idees in hulle kop en almal se net ja en amen.

Bravo ·

Ons familie het klaar gesien dat MiWay gewillig is om geld te vat maar om eenkeer na jare as kliënte uit te betaal, ‘n groter stryd as grondhervorming is. Nou kan Rene maar net sy voet in sy mond hou! Dankie Dirk Hermann dat jy opstaan vir ons wat ook al moeg baklei is vir omgekeerde rassisme.

ek vra jou ·

Sal REGTIG baie graag wil weet hoe die twiet hul beinvloed het – hoeveel polisse is wel gekanselleer! Hoop Maroela kan dit uitwys? Dan sal mense voortaan weet met ons Afrikaanssprekendes moet jul nie lol – ons KAN saamstaan as dit moet. En ons reaksie kan ‘n uitwerking hê waar dit saakmaak – verlies van kliënte!

Beswaarde Afrikaner ·

Afrikaners soos ek wat beledig is deur Otto se afbrekende opmerkings moet aksie neem. Dit is nie genoeg dat slegs diegene met MiWay polisse hulle verbintenis met MiWay verbreek nie. MiWay is in volfiliaal van Santam en Rene Otto rapporteer direk aan die HUB van Santam, Lizé Lambrechts. My gevoel is dat Santam ( deur middel van Lambrechts) optree om van Otto ontslae te raak. Ekself het Santam tot die einde van hierdie week gegee op te tree en indien hulle dit nie doen nie, gaan ek my Santam polis kanselleer en versekering elders uitneem. Ek beveel aan dat alle Afrikaners wat Santam polisse het, oorweging skenk daaraan om ook druk op Santam te plaas wat eintlik die maatskappy is wat teen Otto moet optree

Henry ·

Stem saam.
Santam het reeds ‘n hele spul toetse die afgelope jaar en langer, in ons omgewing gedop – met lof.
Het eweneens soos talle van my pelle, reeds ons besigheid elders geneem.
Miway, Otto en Santam is in ieder geval gevogeltes van eenderse vere en is nie soos laaaank gelede, vriende van Afrikaners nie.
Hulle verdien nie langer enige lojaliteit vanuit ons geledere nie.
Is hoe dit is…

Arno ·

My hele familie was tot en met die sy Tweet Miway kliente…………………. hoor mooi ons was…… ons polisse alleen was saam 22. Glo daar is nog Afrikaners wat kliente was sal die nuus dophou. Blykbaar leer mense soos hy nie wat ons kan vermag as ons as Afrikaners begin saamstaan nie

Johan ·

Wat my verder kwaad maak is ander nuuskantore praat van “right-wing Afrikaners”. Dit is Afrikaners wat sleggese word in die geheel. Hulle probeer ons afmaak as ekstrimiste maar ons is net trots Afrikaners!!!

Boerboel ·

Ek gaan my beleggings ook wegvat by Glacier/Sanlam. Sanlam klaar in dieselfde paadjie as Naspers. Oorgeneem deur ‘n klomp lib/globaliste wat ‘n pienk veer voel vir die afrikaner. So is al die maatskappye wat die afrikaner opgebou het sedert 1910 deur die libtarts oorgeneem. Ek wil net dr Dirk en die ander maane waarsku om nie teveel tekoop te loop met die Afrikaner se “koopkrag” nie want dit is vinnig besig om uitgemelk te word. Ons sal nie nuwe “sterkpuny” moet kry, maar wat is dit?

aj ·

As die bg woorde en die Afrikaner boikot teen Mi Way nie daarin slaag om Rene te laat ontslaan nie …
wil iemand hom nie net namens my ‘n KLAP gee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.