Stem en wen: Help kies Maroela se Lentebruid

Afrikaanse meisies maak die mooiste bruide – dis nou maar gewis!

Maroela Media gaan met elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en uiteindelik gaan ons lesers ook die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar vir 2023 aan te wys.

Ons het vanjaar reeds ʼn Somerbruid, Herfsbruid en Winterbruid aangewys.

Paartjies wat tussen September 2023 en November 2023 getrou het, het vir die Lentebruid in aanmerking gekom.

Uit honderde inskrywings moes ʼn beoordelaarspaneel behoorlik kopkrap! Ons het die top-10 Lentebruide saamgestel en nou wil ons by julle, ons lesers, hoor watter een van dié mooie bruide as die Lentebruid aangewys moet word en uiteindelik deurdring na die finale ronde as Maroela se Bruid van die Jaar.

Ons gaan vroeg volgende jaar met die stemmery vir die Bruid van die Jaar vir 2023 begin. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy bly op hoogte met dié opwindende kompetisie!

Wat kan jy wen?

Stem vir ons lentebruid en kom in aanmerking vir ʼn spesiale geskenkpak van Caribbeantan ter waarde van byna R900-00.

Dié geskenkpak sluit in Milk & Honey – Hydrating Body Butter (200 ml), aanwendingshandskoen, Darkening Drops – Self Tan Additive (50 ml), Cinnamon & Coconut Skin Smoothing Exfolia (450 ml), Bronzing Mousse – Gradual Self Tan (B) (150 ml), Tinted Body Bronzer Shimmer Cream – Wash Off (200 ml), Tanning Spritzer – Instant Self Tan (200 ml), Tan In A Can Aerosol – Gradual Self Tan (200 ml), en Tan In A Can Aerosol – Instant Self Tan (200 ml).

Die Caribbeantan-geskenkpak op die spel

Wat is Caribbeantan?

Dis somer en die Desembervakansie is om die draai. Dis tyd om jou vel bietjie te verbruin! En nee, ons bedoel nie jy moet ure in die son lê en jouself aan skadelike UV-strale blootstel nie.

Die geheim? Suid-Afrika se nommer 1-selfverbruiner: Caribbeantan.

Dié reeks bekostigbare selfverbruiner-versorgingsprodukte bied ʼn vlekkelose verbruining wat lank sal hou en nie enige strepe op jou vel maak nie.

Caribbeantan is geformuleer met slegs die veiligste bestanddele en geen diere is mishandel in die vervaardiging van dié produk nie. Dit is maklik om te gebruik en voed jou vel.

Verbruining is maklik met Caribbeantan

Caribbeantan se reeks selfverbruiningsmiddels en versorgingsprodukte help jou om jou verbruiningsdoelwitte maklik te bereik. Van geleidelike tot kitsverbruiningsmiddels, lewer Caribbeantan vinnige, doeltreffende en natuurlik pragtige resultate.

Die produkte is beskikbaar by Clicks, Dis-Chem, SkinMiles, Superbalist, Takealot, Woolworths of aanlyn by www.caribbeantan.online en www.houseofcosmetics.co.za.

Klik hier om meer te lees oor Caribbeantan.

Hier is die top-10 Lentebruide

Die uiteindelike wenner van ons Lentebruid-kompetisie wen twee nagte vir twee persone wat deel by Piekenierskloof Mountain Resort (insluitend ontbyt) in Citrusdal in die Wes-Kaap met die komplimente van Dream Hotels and Resorts.

Lisa Schnetler

Lisa Schnetler

Lisa en Wessel Jordaan van Pretoria het op 24 Oktober 2023 by Oudezwaanskraal in Bronkhorstspruit getrou.

“Ons dag was perfek! Alhoewel daar (seker soos met enige ander troue) ‘n paar goed nie volgens plan verloop het nie, sou ons niks wou verander aan ons dag nie. Dit was só spesiaal en ons het elke oomblik geniet. Ek het gewens dat die dag nooit eindig nie en het werklik elke oomblik probeer inneem en koester. Ons het ons geliefdes se liefde, vreugde en geluk oor ons nuwe begin saam, ervaar. Ons dag was ekstra spesiaal omdat ons ons seremonie kon deel met my jong karatestudente wat rondom ons voete kon sit en elke oomblik kon waarneem. Breë glimlaggies en sprankelende ogies wat staar, wat ‘n voorreg om die oomblik met hulle ook te kon deel! Met ‘n wilde wind onder die wilgerboom kon ons die Here se teenwoordigheid fisies voel, ons kon nie vir ‘n groter seën vra nie. My wens vir elke bruid is dat sy haar troue só kan geniet soos wat ek myne het!”

Tenelle Bierman

Tenelle Bierman

Tenelle en Christo van Bethlehem het op 7 Oktober 2023 by Bella Montagna getrou.

“Dit was ʼn romantiese sprokiesverhaal waaroor mens eintlik net kan droom.”

Janie Ras

Janie Ras

Janie en Fritz Pretorius van Hartbeespoort het op 23 September 2023 by Ezulwini Game Lodge getrou.

“Ons spesiale troue het al die Vrydag begin waar vriende saam met ons gekuier het in afwagting vir die groot dag. Saterdag was ʼn perfekte dag met net die regte weer, asof ons dit bestel het. Almal het ingespring om te help met die voorbereidings en die dag het seepglad verloop. Met groot opgewondenheid kon ek nie wag om in die paadjie, tussen die bale waarop die gaste gesit het, te loop nie. Dit was so lekker om ons liefde vir mekaar met almal wat vir ons spesiaal is, te deel. Ons het gedans, lekker geëet en gekuier en natuurlik rugby gekyk, tot die son opgekom het. Vir ʼn meer perfekte dag kon ons nie vra nie en ek weet, ons liefde vir mekaar, sal altyd seëvier!”

Lize-Marie van Zyl

Lize-Marie van Zyl

Lize-Marie en Rikus van Zyl van Potchefstroom het op 7 Oktober 2023 by Kleinbosch in Potchefstroom getrou.

“’Sprokies’ is een woord wat ons troudag opsom. Dis ʼn ongelooflike ervaring om met jou high school sweetheart te trou. Ons seremonie was in die Nerderduitsch Hervormde Kerk, die oudste kerk noord van die Vaalrivier, en ons venue was tussen lang bome, met spierwit dekor en blomme by Kleinbosch. My rok was soos dié van Aspoestertjie, die ou motor, die ou kerk en my prins, Rikus. Só dag laat mens besef hoe belangrik familie en liefde is en hoe God se hand in ons hele pad saam teenwoordig was. Dit klink onwerklik. Om op 23 te trou sal party mense stom slaan, maar daar kom ʼn rustigheid oor jou as jy besef dat jy steeds so verlief is soos toe jy 18 jaar oud was en dat jy met jou beste vriend gaan trou in die teenwoordigheid van al jou geliefdes. Almal se harte was oop en het gehelp waar hul kon om die dag ʼn werklikheid te maak. Ek kyk elke dag na ons foto’s en kry trane in my oë, want dit was werklik net perfek. Ons sprokiesdag, ons troudag.”

Megan Tait

Megan Tait

Megan en Keagan Tait van Port Elizabeth het op 27 Oktober 2023 by Die Woud in Caledon getrou.

Megan se ma, Anien, meen dit was ‘n perfekte sprokiestroue, by die perfekte sprokiesvenue, vir die perfekte sprokiesbruidspaar!

“Keagan en Megan is ‘n besonderse bruidspaar, hul hele wese vul mekaar aan met hul mooi liefde en respek vir mekaar, asook hul liefde vir ons Hemelse Vader. Hul huwelik is verseker op die Rots gebou en dit het absoluut weerspieël op hul mooiste dag! Megan is ‘n beeldskone bruid en Keagan kon verseker nie sy trane van liefde en trots keer toe Megan na die kansel aangestap kom nie. Megan se mooi glimlag en oë het geskitter van kinderlike opgewondenheid en liefde om hierdie nuwe mylpaal in hul lewens saam met Keagan te begin!”

Ilze Mostert

Ilze Mostert

Ilze en Wessel Mostert van Vanderbijlpark het op 9 September 2023 by Beaurain in Heidelberg getrou.

“Dit was verseker die beste dag van my lewe! Ná nege jaar se wag het ek en my heel beste maatjie getrou. Dit was ʼn groot voorreg om saam met my ma my droomrok te ontwerp en te maak – ek het soos ʼn prinses gevoel. My boetie het saam met my in die kerk ingestap, dit was baie spesiaal vir my, en voor het my droomman baie opgewonde ingewag. Vir ʼn beter, lekkerder, mooier, gelukkiger dag kon ek nie vra nie.”

Lorraine Birch

Lorraine Birch

Lorraine en Edwin Birch van Springs het op 9 September 2023 by Riverside Country Estate getrou.

“Ons dag was op soveel maniere meer as wat ons ooit van kon droom. Ons was omring met soveel liefde en blydskap met ons naaste vriende en familie wat saam met ons ons liefde vir mekaar gevier het. Ons het die voorreg gehad om ewige trou aan mekaar te beloof voor Jesus en om vir die eerste keer as man en vrou nagmaal saam te gebruik. Die seremonie was baie spesiaal. My pa het my in die kerk ingestap en ons moeders het vir ons geteken as getuies. Die mooiste oomblik was toe ek sien hoe mooi ons twee seuntjies lyk en die ringe vir ons bring. Verder was alles so mooi en elegant. Riverside Country Estate is ‘n pragtige natuurskoon venue. Ek het soos ‘n prinses gevoel en ons gevolg was stunning! Ons het die mooiste foto’s en lekkerste kos gehad. Ons Gin Bar was ʼn hoogtepunt en ons eerste dans was iets besonders. My man se toespraak aan my het beslis hartsnare geroer en ek kon opnuut besef hoe gelukkig ek is om hom as my lewensmaat te hê. Ons het ‘n behoorlike viering van ons liefde gehad.”

Elaine Breet

Elaine Breet

Elaine en Eckhart Breet van Wellington het op 9 September 2023 by Wederom in Robertson getrou.

“Alles en meer! Dit was ontspanne, heilig, gesellig en soveel pret! Die woorde van my peetma het my bygebly… ‘Onthou, jou troudag is nie ‘n funksie nie, dit is ‘n feesviering!’ En was dit vir jou ‘n feesviering! Daar is feesgevier oor God se goedheid en ons het sy hand in elke detail gesien. Daar is feesgevier oor die liefde tussen ons as paartjie wat mekaar onvoorwaardelik liefhet en aan mekaar belowe om beste maats te bly vir altyd. Daar is feesgevier oor sterk, kosbare familie en vriendskapsbande wat ons menswees en karakters help slyp het. Daar is baie gelag en baie gedans! Ons het ook met vrolike harte en vreugdevolle trane aan geliefdes gedink wat nie meer met ons is nie, maar in ons harte. Ons het gesmul aan die smaaklikste kos, beste wyn en vonkelwyn, en bowenal mekaar se teenwoordigheid! Dit was alles en meer!”

Leoni Naude

Leoni Naude

Leoni en Jean-Claud Naude van Brits het op 28 Oktober 2023 by Oupa Jan se Stoor getrou.

“Dit was ʼn sprokiesdag. Alles was so mooi en ek het soos ʼn prinses gevoel. Dit was so lekker om al my familie by mekaar te hê. Dit was ʼn onvergeetlike dag en die kos was uit die boonste rakke.”

Lené Steenkamp

Lené Steenkamp

Lené en Arno Steenkamp van Port Elizabeth het op 28 Oktober 2023 by Mentorskraal Country Estate getrou.

“Wie trou dan nou op ʼn rugby-eindstryd?! Ons het drieuur die Saterdagmiddag in die klein kapel by Mentors ons belofte voor God aan mekaar gemaak. Daarna is ons gestrooi met olyfblare wat ook ‘n mooi betekenis vir ons het. Ons dag was soos iets uit ‘n sprokiesboek met al die groenigheid wat uit die dak gehang het. Al die wit tulpe en kerse het ook ‘n mooi atmosfeer geskep. Die belangrikste van alles was dat ek met my beste maatjie kon trou!”

Stem nou

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum om vir die Lentebruid te stem is 10 Januarie 2024 om 23:45.
  • Die wenner van die Caribbeantan-geskenkpak sal lukraak uit alle stemme gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • As jy aan die stemmery deelneem, stem jy in dat jou naam op Maroela Media se webwerf bekendgemaak mag word indien jy as die wenner van die Caribbeantan-geskenkbewys aangewys word.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar as jou inskrywing vir een of ander tegniese rede ons nie betyds bereik nie.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media sal die wenner telefonies en per e-pos kontak.
  • Indien jy nie van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie die wenner is nie.
  • Die stemmery vir die Bruid van die Jaar vir 2023 sal in Januarie 2024 plaasvind. Jy kan Maroela Media se Bruid van die Jaar-blad dophou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.