Gedagte vir die dag: Die Woord van God

(Foto: Priscilla Du Preez/Unsplash.)

Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees. (Josua 1:8)

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. (2 Timoteus 3:16)

Ek het eenkeer ’n brief gekry van ’n dame waarin sy my vra hoe ek so oneerbiedig kan wees teenoor God se Woord. Dit is omdat ek na my Bybel as my Landbouhandboek verwys. Ek het vir haar gesê: “Mevrou, ek is liewer vir my Bybel as wat die meeste ander mense is. Ek neem God se Woord met my saam waar ek ook al gaan. Ek kry al my boodskappe daarin. Ek staan elke oggend vroeg op en lees God se Woord.”

En dit is die waarheid. Ek lees elke dag my Bybel en ek spring ook nie rond tussen boeke nie. Ek lees dit sistematies. Hoekom begin jy nie sommer vandag om dit te doen as jy dit nog nie so doen nie? Begin deur die Psalmboek deur te lees. Dit is so pragtig en sal jou vertroos.

Lees dan Johannes in die Nuwe Testament. Dit is ’n pragtige boek en jy sal elke dag hoor hoe God met jou praat. Die boek sê vir my ek moet my vrou liefhê en respek hê vir mense wat ouer is as ek. Ek moenie my kinders mismoedig maak nie. Dit sê vir my wanneer om te plant en wanneer om nie te plant nie. Doen net wat die Bybel sê, en God sal die res doen.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here vir n Bybel, dat ek kan lees dat ek kan soek na nog inligting as ek nie verstaan nie…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.