Mal oor mosaïek

Mal oor mosaïek is ’n samestelling van unieke projekte van Suid-Afrika se gewildste mosaïekkunstenaars en sluit onder andere projekte van Glacermo, Seedpod Studio, Mosaic Works, Mosaic Arts, Dish, D’lish, Icreate, Polkadot asook kunstenaars soos Ira Bekker en Karin Wainwright in.

Kopreis

Elke reis het ’n storie en elke storie is ’n reis. Want wat is ’n reis? Dis sekerlik wanneer ’n mens van A na B beweeg, ’n tog van een plek na ’n ander. Die vraag is nou net, hoe definieer ’n mens een plek en ’n ander plek? En hoe definieer ’n mens “beweeg”?