Hoewel die mens ʼn eenheid is, onderskei die Bybel tog drie wesenlike aspekte van menswees in hierdie teksgedeelte. Elsa Meyer beskryf dit baie mooi in haar stiltetydhandleiding oor die Persoon en werk van die Heilige Gees.
Gedagte vir die dag: Die dag behoort aan die Here
Toe het God gesê: ‘Laat daar lig wees!’ En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig toe ‘dag’ genoem, en die donker het Hy ‘nag’ genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag. (Genesis 1:3–5)
ToekomsVenster: Alles het nuut geword
Die Heilige Gees se werk in die lewe van ʼn gelowige is merkwaardig en opwindend. In die Ou Testament het die Heilige Gees per geleentheid op iemand neergedaal wat vir ʼn bepaalde taak en dienswerk geroep is.
Gedagte vir die dag: Vrede
Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie en julle moet nie bang wees nie. (Johannes 14:27)
ToekomsVenster: Die ark
Die Ou Testament vertel in baie gedeeltes gebeure wat met die ark verband hou. Israel was van die oortuiging dat die teenwoordigheid van die verbondsark in hul midde noodwendig en uiteraard oorwinning en die teenwoordigheid van die Here beteken. Hulle moes meermale leer dat die Here gehoorsaamheid vra.
Gedagte vir die dag: Ware geluk
Maar Hy sê: ‘Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.’ (Lukas 11:28)
ToekomsVenster: Ons lewe moet lekker ruik
Ons word aangetrek deur aangename reuke. Die teenoorgestelde is egter ook waar. Christene moet ʼn aangename geur versprei. Dis uiteraard ʼn metafoor of simbool vir die aard en gehalte van ons dienswerk en optrede.
Gedagte vir die dag: Vir altyd
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. (Hebreërs 13:8)
Gedagte vir die dag: Pas jou hart op en leef voluit
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. (Spreuke 4:23)
Gedagte vir die dag: Blydskap in die hemel
‘Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.’ (Lukas 15:7)
ToekomsVenster: Die brandofferaltaar
Ons het na verskeie items in die tempel verwys. Elkeen daarvan het ʼn spesifieke taak en doel wat deur die optrede en offer van Jesus bevestig en vervul is. Hy is die ewige lig van God. Waar Jesus Homself in en deur die lewe van getroue volgelinge openbaar, wyk die duisternis.
Gedagte vir die dag: ’n Kosbare pêrel
Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ’n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. As hy ’n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel. (Matteus 13:45)
ToekomsVenster: Jesus is die Brood van die lewe
Niemand kan leef sonder om te eet nie. Voedsel moet gesond en vullend wees ten einde aan sy doel te beantwoord. Wegneemetes soos dié wat ʼn mens by kitskosplekke kry, is nie noodwendig goeie waarde vir geld nie.
Gedagte vir die dag: Die ewigheid begin hier en nou
Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. (Kolossense 3:2–3)
ToekomsVenster: Ontvang die Heilige Gees!
Daar is verskillende beelde (simbole) wat gebruik word om na die Heilige Gees te verwys. Wind, vuur en olie is van die bekendes.
Gedagte vir die dag: Geniet
Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee. (Prediker 8:15)
ToekomsVenster: Ek is die weg en die waarheid
Ons is bekend met hierdie frase: “die weg, die waarheid en die lewe”. Jesus inkorporeer al drie hierdie momente in sy Persoon. Wie in Hom glo, ontdek die weg (pad) na die ware lewe.
Gedagte vir die dag: Voel saam
Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. (Romeine 12:15)
ToekomsVenster: Hy bly in beheer
Die lewe is vol uitdagings. Dis nie anders in die lewe van gelowiges nie. Soms gaan dit nie goed met ʼn mens nie. Jy ervaar dalk dat chaos en storms ʼn goeie beskrywing van jou lewe en gemoedstoestand is.
Gedagte vir die dag: Oorwinnaars
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. (Romeine 8:37)