Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. (Filippense 4:6)
ToekomsVenster: Wat wil jy word?
“Francis Chann, stigter van Corner Stone-gemeente in Kalifornië en skrywer van Crazy Love, vertel mense het hom as jongman gereeld gevra: Wat wil jy word? Wat is jou doelwitte? Hy sê: Ek het nie ʼn duidelike visie gehad oor wat ek gaan doen nie. Ek het nie spesifieke beroepsdoelwitte gehad wat ek graag wou bereik nie. Maar ek het geweet wié ek graag wil word!
Gedagte vir die dag: Elke dag se sorge
U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag. (Psalm 5:4)
ToekomsVenster: Vooraand van Jesus se hemelvaart
Aan die vooraand van Jesus se hemelvaart en vertrek van die aarde af, verseker Hy die ontstelde dissipels Sy weggaan is voordelig vir hulle. Na sy mensheid, kon Jesus net op een plek wees. Die Heilige Gees sal egter woning maak in elke ware gelowige en derhalwe Jesus teenwoordig stel, ongeag waar gelowiges hulle bevind.
Gedagte vir die dag: Julle sal ontvang
Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome sal wees. (Johannes 16:24)
ToekomsVenster: Gee die God toegang
Die Heilige Gees wil ons in ons totale menswees beheer en bewoon. Ons word maklik verlei om “geen toegang” bordjies by sekere aspekte (deure) van ons lewe aan te bring. Ons wil nie hê God moet weet waarmee ons besig is nie en verbied Hom effektief toegang.
Gedagte vir die dag: In Jesus se Naam
‘So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!’ (Johannes 15:16–17)
ToekomsVenster: Maak die mense Sy dissipels
Om te probeer gehoorsaam wees aan die groot opdrag van die Here, sonder die bemagtiging van sy Gees, is futiel en sonder impak. Juis daarom begin Jesus hierdie opdrag met die woorde “alle mag in die hemel en op aarde is aan my gegee”… en sluit Hy hierdie gedeelte af met die woorde “en weet, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld”
Gedagte vir die dag: Maar verlos ons van die Bose
Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. (Efesiërs 5:8)
ToekomsVenster: Die tempel van God
Daar was uiteraard ook die tempel in Jerusalem. Dit is interessant om daarop te let dat Paulus in die teksvers ons daarop wil wys dat ons gesamentlik die tempel van die Heilige Gees is. Ons leef in ʼn tydvak waarin mense op hulself ingestel is, die sogenaamde individualisme.
Gedagte vir die dag: Laat ons nie in versoeking kom nie
Moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: ‘Wie is die Here?’ nie, en sodat ek nie te arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie. (Spreuke 30:8–9)
Gedagte vir die dag: Soos ons ook vergewe
Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: ‘Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?’ Jesus antwoord hom: ‘Ek sê vir jou, nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer.’ (Matteus 18: 22)
Gedagte vir die dag: Vergeef ons ons oortredinge
Toe dit met hom so sleg gaan, het hy die Here sy God om genade gesmeek, groot berou getoon voor die God van sy voorvaders, en gebid. Die Here was hom genadig en het sy smeekbede verhoor en hom laat terugkom na Jerusalem, na sy koningskap toe. Toe het Manasse geweet dat die Here God is. (2 Kronieke 33:12–13)
ToekomsVenster: Ken die krag van die Gees
ʼn Kragtelose geloofsgemeenskap is ʼn anomalie. Alle gelowiges behoort in en deur die krag van die Heilige Gees te lewe! God se werk in jou is nie afgehandel toe jy tot geloof gekom het nie! Jy is geroep om die evangelie van Christus se redding met krag te bedien en nie slegs te ontvang nie! Laat toe dat die Heilige Gees in jou ʼn honger na sy buitengewone seën en gawes wakker maak.
Gedagte vir die dag: Gee ons vandag ons daaglikse brood
‘Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.’ (Johannes 6:51)
ToekomsVenster: Wanneer God se krag in ons ontbreek
Het jy dalk nie besef dat daar geen onderskeid tussen jou geestelike en sekulêre lewe bestaan nie; dat God in alles wat jy dink, kies en doen saam met jou is? Maak nou ʼn bewuste keuse om heeltyd vanuit God se teenwoordigheid te leef.
Gedagte vir die dag: Laat u wil geskied
So sê die Here vir Israel: Vra na my wil, dan sal julle lewe! (Amos 5:4)
ToekomsVenster: Jesus is gesalf deur die Heilige Gees
Die Heilige Gees wil jou ook ʼn getuie met invloed maak! Hy stel jou in staat om gemaklik en spontaan van God se groot dade te vertel! Hy verander jou in iemand wat nie kan stilbly oor Jesus Christus nie! Jy sal sien: Wanneer jy in en deur sy krag getuig, word mense gered!
Gedagte vir die dag: Laat u koninkryk kom
‘Ek is,’ het Jesus geantwoord, ‘en julle sal die Seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van Hom wat magtig is, en wanneer Hy kom op die wolke van die hemel.’ (Markus 14:62)
ToekomsVenster: Die doop met die Heilige Gees
Kan ons ooreenkom om nie oor die naam van ʼn roos te argumenteer terwyl ons sy lieflike geur kan geniet nie? Die vraag is eenvoudig: Is die Heilige Gees se buitengewone werk al ʼn werklikheid in jou lewe?