Ons hande is reeds hemelwaarts uitgesprei. “Here, kom red ons van hierdie boosaardige bestel. Raap ons en skraap ons, maar kom haal ons net. Die res, wel hulle kry wat hulle verdien. Die onverskillige klomp swape het gesaai op die akker van ongeloof en moet nou maar sien kom klaar.
Gedagte vir die dag: As jy deur diep waters gaan
Van bo af het Hy sy hand na my toe uitgestrek en my gegryp, my uit geweldige waters uitgelig. (Psalm 18:17)
Gedagte vir die dag: Die toekoms
Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ’n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring … Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op kinders. (Jesaja 43:19; 44:3)
Gedagte vir die dag: Standvastigheid
Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie. (Jesaja 7:8)
ToekomsVenster: Spreek lewe, maar leef dan wat jy spreek
Inderdaad. Spreek lewe, maar leef dan wat jy spreek. Bou verhoudings. Nooi ander in jou lewensruimte in. Stel mense aan Jesus voor. Wees op jou knieë. Soek God in hierdie dae.
Gedagte vir die dag: Die krag van die Gees
Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here. (Miga 3:8)
ToekomsVenster: God se teenwoordigheid
Mense kom tot bekering. Sommige val op hul aangesig voor die Here en bely hul skuld. Ander breek uit in hosannas: “Loof die Here, o my siel en alles wat binne my is sy heilige Naam. Loof die Here en vergeet geeneen van sy weldade nie. Dit is Hy wat my sonde vergewe, my van alle ongeregtigheid genees.”
Gedagte vir die dag: Die vrug van die Gees
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Galasiërs 5:22–23)
ToekomsVenster: Dalk het jy ʼn geneesheer nodig
“My volk oor wie my Naam uitgeroep is.” Kinders van die Here, verbondsmense, kerk in die ou en nuwe testament. “Geroepenes , afgesonderdes, eenkant geplaastes, geheiligdes, koninklike priesterdom, eiendomsvolk van God, heiliges, regverdiges, opregtes … wanneer my volk hulle verootmoedig en bid en bekeer.”
Gedagte vir die dag: Ons gedagtes
Mag die Here julle gedagtes rig op die liefde van God en die volharding van Christus! (2 Tessalonisense 3:5)
ToekomsVenster: Wat word van hierdie wêreld?
God gebruik die uitdrukking: “… as my volk”. Ons parkeer die gebrokenheid van hierdie wêreld so graag voor die deur van ander mense. As al die onverskillige en Godvervreemde mense net hulself op koers wil kry.
Vrees vir die Here
Wanneer my geestelike lewe begin draai om my eie selfsugtige geestelike behoefte aan geestelike gelukbringers, verloor ek iets wat die wese van ons godsdiens en ons geestelike belewenis raak, naamlik die vrees vir die Here. Vrees, nie in die sin van verskrik en bang wees nie, maar vrees soos die woordeboek sê: ’n diepe ontsag, eerbied en respek vir wie God is. ’n Heilige eerbied vir die lewende God.
Gedagte vir die dag: Kennis en insig
Ook dit is iets wat van die Here die Almagtige af kom; kennis wat van Hom kom, is wonderbaar en laat alles voorspoedig verloop. (Jesaja 28:29)
ToekomsVenster: Herlewing
Herlewing, die smagtende verlange van God se kinders. Herlewing beteken dat iets wat eens op ʼn tyd geleef het tot so ʼn mate veragter het dat nuwe lewe nodig is. Dis soos ʼn vuurtjie wat dreig om uit te doof.
Gedagte vir die dag: Seënbede
Die Here het vir Moses gesê: ‘Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.’ ( Numeri 6:22–27)
Gedagte vir die dag: Woorde
Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. (Psalm 19:8)
Gedagte vir die dag: Die ewige lewe
Toe sê Jesus vir haar: ‘Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?’ (Johannes 11:25–26)
ToekomsVenster: Drink saam ’n koppie koffie
Wanneer ek saam met iemand koffie drink, gebeur daar twee goed. Ons sit teenoor mekaar en kyk mekaar in die oë en terselfdertyd gesels ons. Só leer ons mekaar beter ken en begin vriendskapsbande bou.
Gedagte vir die dag: My naam is in sy boek
Daar is ’n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam. Hulle sal vir my ’n kosbare besitting wees diedag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige. ( Maleagi 3:16–17)
ToekomsVenster: Maak oop jou deur
Om jou deur oop te maak dat iemand kan inkom, is vir sommige baie moeilik, moeiliker as om by die deur uit te gaan. As iemand inkom beteken dit dat jy toelaat dat iemand jou gebrokenheid en stukkendheid kan sien. Dit kan ook beteken dat jy iemand anders toestemming gee om met jou oor hartsake te kan praat, jou dalk tereg te kan wys en dit kan seer en ongemaklik wees.