Die laaste twee plekke in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker is gevul met die afhandeling van die uitspeelrondes Saterdag in Centurion en op Orkney.
Lees meerAlles vir Saterdag 27 Augustus 2016
Bosch skitter; omkeerbesit kelder die Bulle
Die Sharks het die Blou Bulle Saterdag in Durban 26-19 geklop en is nou na vier Curriebekerwedstryde nog onoorwonne en boaan die puntelys.
WP se eerste sege, maar heelwat haper nog
Dit was hoofsaaklik ʼn geploeter met ʼn paar stukkies konstruktiewe spel in die stryd ná rustyd in die Curriebekerwedstryd tussen die OP Kings en die Westelike Provinsie in Port Elizabeth wat die besoekers 36-12 gewen het.
Eenjarige sterf na gesinshond haar byt
ʼn Eenjarige dogtertjie is dood nadat sy Vrydag deur die gesin se hond by hul huis in Hermanus gebyt is.
Guptas gaan aandele in alle SA-sake verkoop
Die omstrede Gupta-familie het Saterdag bekend gemaak hy gaan al sy aandele in Suid-Afrika teen die einde van die jaar verkoop.
SA vlieënier sterf in China
ʼn Suid-Afrikaanse vlieënier is Saterdagoggend in China dood.
Twee polisiereserviste gevonnis oor vervalste sertifikate
Twee polisiereserviste van Mpumalanga is gevonnis nadat hulle skuldig bevind is dat hulle vervalste matrieksertifikate gebruik het om permanente poste in die polisie te probeer kry.
Vrou vas oor groot hoeveelheid kokaïne, kontant
ʼn 30-jarige vrou is in Durban, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem nadat ʼn groot hoeveelheid kokaïne en kontant in ʼn woonstel gevind is.
Guptas ontken belangstelling in politiek
Die omstrede Gupta-familie het Saterdag ontken hulle stel enigsins belang in politiek na aanleiding van verskeie mediaberigte.
Ekonoom waarsku oor gevolge van Gordhan-sage
Indien Pravin Gordhan, minister van finansies, te midde van berigte dat die Valke hom moontlik in hegtenis wil neem oor ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), nie sy termyn kan voltooi nie, sal die Suid-Afrikaanse ekonomie skerp afwaarts spiraal, sê Annabel Bishop, hoofekonoom by Investec Bank Limited.
All Blacks steeds te goed vir beter Wallabies
Dit was moeiliker as in verlede week se eerste toets, maar die All Blacks het in geen stadium gelyk of hulle sou verloor nie en Saterdag 29-9 teen Australië in Wellington gewen.
Regstappe oorweeg na ANC glo miljoene kry uit Prasa-kontrak
Die DA beplan om strafregtelike klagte aanhangig te maak teen diegene wat betrek word by beweerde korrupsie by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).
Gevangene sit nog langer na DNS-bewyse
ʼn Gevangene, wat tronkstraf uitdien vir seksuele aanranding, is tot verdere tronkstraf gevonnis nadat DNS-toetse hom positief verbind het aan die verkragting van twee vroue en ʼn 10-jarige seun.
Pityana gekap oor kritiek teen Zuma by begrafnis
“Ons terugslae is self toegedien en ons het ons moreel-verhewe posisie afgestaan aan die teenstander.”
Polisieman vas ná ontvoering by lughawe
ʼn Polisiekonstabel van die Kempton Park-polisiestasie is in hegtenis geneem nadat ʼn man vroeër vandeesweek by die OR Tambo-lughawe ontvoer en beroof is.
Twee beseer in brand by Jhb-winkelsentrum
Twee mense is beseer in ʼn brand Vrydagaand by die Fourways Mall in Johannesburg.
Video: Deon Lotz: ’Moenie belangrikheid van Silwerskermfees onderskat nie’
“As Afrikaans weggeneem word by skole en universiteite, gaan ons oor twintig jaar nog mense hê wat Afrikaanse films kyk?” Deon sê inisiatiewe soos die Silwerskermfees hou die taal lewendig, omdat rolprente in Afrikaans geskep word, mense die geleentheid kry om in Afrikaans te skryf en gehore terselfdetyd geskep word.
3 dood, meer as 150 beseer in KZN-busongelukke
Drie mense is dood en meer as 150 beseer in drie busongelukke die afgelope 24 uur in KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: Blydskap in die hemel
‘Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.’ (Lukas 15:7)