Die ANC-jeugliga gaan volgende maand ʼn massa-optog hou in Gauteng om aan te dring op die nasionalisering van myne en ʼn gelyke deel van die land se minerale hulpbronne.
DA soek antwoorde oor Zuma se huurvlug
Die minister van verdediging, Lindiwe Sisulu, gaan moet verduidelik hoekom ʼn huurvlug vir president Jacob Zuma gereël is na New York.
Taximan wat vrou glo omry en meters ver sleep vandag in hof
Die taxibestuurder wat na bewering ʼn Johannesburgse advokaat omgery en meters ver gesleep het, sal na verwagting Woensdag aansoek doen om borg in die Randburg landdroshof.
Minister bring hofaansoek oor omstrede polisie huurkontrak
Die sakeman, Roux Shabangu, het die minister van openbare werke se hofaansoek om sy huurkontrak met die polisie ongeldig te verklaar, verwelkom.
“Skiet die boer” appèlaansoek Donderdag aangehoor
ʼn Aansoek vir verlof tot appèl teen die “Skiet die boer” haatspraak beslissing sal waarksynlik Donderdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word.
Vrou (60) in Port Elizabeth vermoor
Die liggaam van ʼn 60-jarige vrou is in haar huis in Framesby in Port Elizabeth gekry.
Man se naakte en vasgebinde liggaam in huis gevind
ʼn Man se naakte en vasgebinde liggaam is Maandagoggend in sy huis in Orange Grove in Johannesburg gevind.
Vrou wat deur taxi gesleep is, verloofde kry borg
Die verloofde van die Johannesburgse advokaat wat verlede week deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is, het Maandag in die Randburg landdroshof verskyn op aanklagte van anaranding met die doel om ernstig te beseer.
Tydelike ontrekking van inligtingswet wyd verwelkom
Die Nasionale Persklub sê die tydelike ontrekking van die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting wys dat druk wat op die regering geplaas word, suksesvol is.
Metropolisie-hoë krimineel aangekla oor vervalste nommerplate
Die Justice Project South Africa (JPSA) het ʼn kriminele klag gelê teen die adjunkhoof van die Tshwane-metropolisie, Ndumiso Jaca, na berigte dat hy vals nommerplate gebruik.
Vier mans ernstig beseer na gasontploffing
Vier mans het ernstige brandwonde opgedoen na ʼn beweerde gasontploffing by ʼn fabriek in Alrode Park in die ooste van Johannesburg.
Dirk van Schalkwyk “laat die stories loop” op Erfenisdag
Die storieverteller Dirk van Schalkwyk tree op nasionale Erfenisdag, 24 September, by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl op.
Vrou van ventilator afgehaal na taxi haar sleep
Die Johannesburgse advokaat wat verlede week deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is, is Sondagoggend van die ventilators afgehaal.
Morula Sun-casino van R3,5 miljoen beroof
Die polisie in Gauteng het ʼn soektog van stapel gestuur na 18 verdagtes wat Sondag die Morula Sun-casino buite Pretoria, beroof het.
OB hersien ‘olieskandaal’
Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, is besig met ‘n hersiening van die sogenaamde olieskandaal, berig die New Age.
Vrou verkrag, dogter ontvoer
ʼn Vrou is voor haar 2-jarige dogtertjie verkrag in Orange Farm, suid van Johannesburg.
Zuma wil glo hê Ngcobo moet ondersoek na wapenskandaal lei
President Jacob Zuma wil volgens mediaberigte hê dat voormalige hoofregter, Sandile Ngcobo, moet die kommissie van ondersoek lei na die omstrede wapenskandaal.
Malema-verhoor op 8 Oktober hervat
Die ANC sê die dissiplinêre verhoor van sy jeugligaleier, Julius Malema, en vyf van sy kollegas is tot 6 Oktober uitgestel.
Ierland veroorsaak wêreldbeker-opskudding
Ierland het ‘n opskudding veroorsaak nadat hy Saterdag op Eden Park die Drienasies-kampioene Australië met 15-6 geklop het.
Kalfie vrek na hy in mik van boom vassit
Die witrenosterkalf wat vroeër die week vir nagenoeg agt uur in die mik van ‘n boom vasgesit het nadat sy ma doodgeskiet is, is Saterdagoggend dood.