“Dit is tyd dat die regerende party in Suid-Afrika verantwoording aan die internasionale gemeenskap doen oor sy verdediging van haatspraak teenoor boere, terwyl tientalle boere jaarliks vermoor word,” sê AfriForum.
Bybel in al elf amptelike tale al amper realiteit
Die vertaling van die Bybel in Suid-Ndebele is byna voltooi, wat sal beteken dat die Bybel dan in al amptelike landstale vertaal sal wees.
Nuuskommentaar: Wen die oorlog en verloor die vrede: Lesse van die Shifta
Min Suid-Afrikaners het waarskynlik van die Shifta-oorlog en Irredentisme gehoor, maar dié kwessie herleef hom op die oomblik in Noordoos-Afrika en hou talryke lesse in.
Vier sterf in Bloemfontein-ongeluk
Vier mense is dood nadat die bestuurder van ‘n Volkswagen Golf waarin sewe mense vervoer is, teen ‘n boom vasgery het, het ER24-paramedici Woensdag gesê.
Tafelberg bloedrooi vir Vigsdag
Tafelberg sal Donderdag met rooi ligte verlig word vir Vigsdag.
Video: Zimbabwe-groep vra boikot Nando’s ná advertensie
ʼn Militante jeuggroep wat lojaal is aan Zimbabwe se president Robert Mugabe het gevra dat die Suid-Afrikaanse kitskosgroep Nando’s geboikot word na ʼn advertensie waarin Mugabe uitgebeeld word as “die laaste oorblywende diktator”.
AfriForum kap ANC oor plaasmoorde by VN-konferensie
Die burgerregte-organisasie AfriForum het tydens konferensie by die Verenigde Nasies (VN) ʼn beroep gedoen op die internasionale gemeenskap om die krisisafmetings wat plaasmoorde in Suid-Afrika aanneem, ten sterkste te veroordeel.
Uitgewer van ‘Pomp’ sterf
Die uitgewer van die publikasie Pomp, Hendrik Venter, is Dinsdagoggend aan vermoedelik ʼn hartaanval dood.
Inligtingswet: Publiek kan nou e-posse aan Zuma stuur
Die burgerregte groep AfriForum het Dinsdag ’n webblad bekendgestel waarop lede van die publiek boodskappe aan die president kan stuur rakende hul misnoeë met die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting.
DA: ‘ANC wou partylede omkoop’
Die DA sê hy gaan kriminele klagte aanhangig maak teen sewe ANC-partylede in die Wes-Kaap omdat hulle glo deel is van ʼn komplot genaamd “Projek Terugeis”.
Video: Vrou vas ná rassistiese uitlatings op trem
ʼn Vrou is in Londen in hegtenis geneem nadat sy glo rassistiese aanmerking gemaak het teenoor medepassasiers op ʼn trem.
Eie Afrikaanse onderriginstellings nou noodsaaklik
Afgesien van die geldelike aspekte, daal die gehalte en verander die aard van onderwys tans in Suid-Afrika.
Chanelle Henning-moord: Twee verdagtes wil pleitooreenkoms aangaan
Twee van die vyf mans wat aangekla word van die moord op Chanelle Henning wil ‘n pleitooreenkoms met die staat aangaan.
Nuuskommentaar: Van Columbus tot COP 17
Soos nooit tevore nie, is die mens in staat om die natuurlike klimaatsveranderings te beïnvloed, en in die proses sy vermoë tot voedselsekureit in die voet te skiet.
Broer en suster dieselfde dag vermoor
ʼn Broer en suster van Durban, albei in hul 70’s, is op dieselfde dag vermoor deur ʼn verdagte wat glo aan hulle albei bekend was.
Ouers skuldig bevind na hulle dogters glo as seksslawe gebruik
ʼn Ouerpaar wat “niks gedoen het” terwyl hulle dogters seksueel misbruik en verkrag is vir geld nie, is Maandag skuldig bevind in die Pretoria streekshof.
Chanelle Henning-moord: Nuwe inligting dalk bekend
Die vyf mans wat aangekla word van die moord op Chanelle Henning sal Dinsdag in die Pretoria landdroshof aansoek doen om borgtog.
Vermeende verregses beweer aanklagte teen hulle is vals
Drie vermeende verregses het Maandag in die Naboomspruit landdroshof verskyn op aanklagte van brandstigting en die besit van gevaarlike wapens.
Video: Platteland is treffer by die loket
Die Afrikaanse musiekrolprent, Platteland, wat Vrydag in teaters begin draai het, is ʼn treffer by die loket.
Ploftoestel gevind in Eastgate-winkelsentrum
Die polisie het bevestig dat daar Maandagoggend ʼn ploftoestel gevind is in die Eastgate-winkelsentrum aan die Oos-Rand.