Die regering beplan om miljarde in ‘n publieke vervoerstelsel te belê in ‘n poging om die Suid-Afrikaanse ekonomie meer “groen” te maak, het pres. Jacob Zuma Sondag gesê.
Mans gered vanaf Pringlebaai
Twee mans word behandel vir verkluiming nadat hulle deur ‘n helikopter van ‘n rubberboot af opgepik is naby Pringlebaai in die Wes-Kaap. Sterk strome het…
Selebi het glo gedeeltelike beroerte gehad
Voormalige hoof van polisie, Jackie Selebi, het glo ‘n gedeeltelike beroerte gehad en moet nou ‘n groot operasie ondergaan.
Minister versoek alkoholverbod by staatsfunksies
Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het ‘n beroep op haar kollegas gedoen om ‘n voorbeeld te stel en ‘n verbod op alkohol te plaas by alle regeringsfunksies.
92 in hegtenis geneem vir dwelmmisbruik
Twee-en-negentig mense is gedurende die naweek in Oos-Londen in hegtenis geneem vir misdade wat met dwelm- en alkoholmisbruik verband hou, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Kersliggies in Adderleystraat skop Kaapse feesseisoen af
Die Kaapse feesseisoen word Sondag 4 Desember afgeskop wanneer die kersliggies in Adderleystraat aangeskakel word as deel van ‘n konsert en karnavalparade.
Straat vernoem na Christiaan Barnard
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het gesê dat straatname in die stad verander word om die verlede te vereer.
Selfmoordkoers baie hoog in SA
Suid-Afrika se selfmoordkoers is hoër as Engeland of Amerika s’n, het Suid-Afrika se Depressie en Angsgroep (Sadag) Saterdag gesê.
Johannesburg as “groenste stad” aangewys
Johannesburg is as die “groenste stad” in Afrika aangewys, het die Ekonomiese Intelligensie-eenheid Saterdag by COP17 bekendgemaak.
Piesangs dooddollies
‘n E-pos wat die rondte doen waarin mense gewaarsku word om vir die volgende drie weke ie piesangs te eet nie, is ‘n e-pos-‘grap’.
Vissersboot brand in Kaapstad hawe
‘n Sjinese vissersboot brand steeds in Kaapstad se hawe teen Saterdagmiddag, het die stad se rampbestuur-eenheid gesê.
Romplose LP verban uit binnelandse sake-kantoor
Luidens ‘n berig in die “Saturday Star” het die parlementêre oorsigkomitee vir binnelandse sake die kantoor besoek en is Annette Lovemore toegang geweier omdat sy nie ‘n romp aangehad het nie.
Cwele verdedig ‘geheimhoudingswet’
Siyabonga Cwele, minister van staatsekuriteit het weereens die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting verdedig en gesê dat die doel nie is om die media te muilband nie.
Selebi moet regsfooie betaal
Voormalige hoof van polisie, Jackie Selebi, moet al sy regsfooie aan die staat terugbetaal, het die departement van justisie Vrydag gesê.
Twee vas vir R13 miljoen se tenderbedrog
Twee mense, waaronder ʼn voormalige werknemer van die Nasionale Vervolgingsgesag, is Vrydag in Pretoria en die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir beweerde tenderbedrog.
Pertolprys daal, dieselprys styg
Die departement van energie het aangekondig dat die prys van alle grade petrol Woensdag met 11 c per liter sal daal.
Selebi hospitaal toe ná uitspraak in appèlhof
Die voormalige nasionale polisiehoof, Jackie Selebi, het inmekaargesak kort nadat hy gehoor het sy appèlaansoek teen sy skuldigbevinding aan korrupsie is van die hand gewys.
Vrou vas ná hond haar baba ronddra
ʼn Vrou is in hegtenis geneem in KwaZulu-Natal nadat haar baba se lyk deur ʼn hond rondgedra is.
Selebi se appèlaansoek misluk
Die voormalige nasionale polisiekommisaris, Jackie Selebi, se appèlaansoek om sy 15 jaar tronkstraf vonnis ter syde stel is deur die hoogste hof van appèl in Bloemfontein van die hand gewys.
Vyf vas ná mislukte kaping
Vyf mans is Donderdag in Garsfontein, oos van Pretoria in hegtenis geneem ná ʼn mislukte kaping.