Die twee polisiebeamptes wat in ʼn onderonsie met Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte betrokke was, gaan strafregtelik vervolg word.
Seun het breinskade na taximan, wat ook advokaat sleep, hom omry
Die 7-jarige seun wat na bewering deur die taxibestuurder, Matome Thamage, raakgery is, het glo ernstige breinskade opgedoen.
Bylmoordenaar se verhoor begin Dinsdag
Die voormalige Blou Bul-speler, Joseph Ntshongwana, se verhoor sal Dinsdag in die Durbanse landdroshof begin.
RGB laat vaar van die klagtes teen Basson
Die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) het Maandag besluit om van die aanklagtes teen die biologiese oorlogskenner, Wouter Basson, terug te trek.
SA rugby-joernalis aangehou oor ‘dwelms’
ʼn Suid-Afrikaanse rugby-joernalis is Maandagoggend vroeg deur die polisie in Taupa in Nieu-Seeland aangehou nadat hulle vermoed het hy is ʼn dwelmhandelaar.
Vrou wat deur taxi gesleep is se toestand versleg
Die Johannesburgse advokaat wat deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is, se toestand het versleg.
Seerowers eis R33 miljoen losprys vir SA-gyselaars
Die Somaliese seerowers wat verlede jaar ʼn Suid-Afrikaanse paartjie ontvoer het, eis ʼn losprys van R33 miljoen.
Vrou (51) pleeg selfmoord op N1-hoofweg
ʼn Vrou het Sondag op die N1-hoofweg buite Bloemfontein selfmoord gepleeg deur eers voor ʼn vragmotor in te ry en toe sy die ongeluk oorleef het, voor ʼn kleiner vragmotor ingehardloop het, berig Volksblad.
Oos-Kaap ANCYL verontagsaam “Skiet die boer”-beslissing
Die leier van die ANC-jeugliga in die Oos-Kaap, Ayanda Matiti, het ʼn hofbeslissing verontagsaam deur die lied “Skiet die boer” te sing vir meer as 5 000 mense.
Ses mans vas na hulle rowers doodmaak
Ses mans is in hegtenis geneem nadat hulle Sondag drie vermeende rowers doodgeslaan het in Posdam in Oos-Londen.
DA verwelkom berig dat Cele die week afgedank word
Die DA het ʼn berig dat die nasionale polisiehoof, genl. Bheki Cele, die week afgedank gaan word, verwelkom.
Rugbywêreldbeker-uitslae: 25 September
Argentinië het Skotland in ‘n naelbytwedstryd met 13-12 geklop tydens hul Groep B-wedstryd in Wellington in Nieu-Seeland.
Verkoolde lyk moontlik dié van Lolly se prokureur
Die Johannesburgse prokureur, Ian Jordaan, se tande is vermoedelik eers uitgeslaan voor hy aan die brand gesteek is, berig Rapport.
‘Bekende’ dokter sterf na motor hom van fiets stamp
ʼn Bekende dokter van Pietermaritzburg is Saterdagoggend dood nadat hy op sy fiets gery het en deur ʼn motor raakgery is.
Rugbywêreldbeker uitslae: 24 September
Die All Blacks het Frankryk met 31-17 geklop in hul kragmeting by die Edenpark-stadion in Auckland, Nieu-Seeland.
Taximan wat vrou sleep, het glo kind raakgery
Die polisie in Gauteng kon nie berigte bevestig dat die taxibestuurder wat ʼn Johannesburgse advokaat omgery en meters ver gesleep het, sowat twee maande gelede ʼn 7-jarige seun raakgery het nie.
Man bied vroue werk aan, beroof en verkrag hulle dan
Die polisie in KwaZulu-Natal het ʼn beroep gedoen op jong vroue om op die uitkyk te wees vir ʼn man wat voorgee dat hy vir hulle modelwerk kan reël en hulle dan verkrag of beroof.
Wallabies se Cooper behaal vinnigste driekuns in WB-geskiedenis teen VSA
Australië het die VSA Vrydag met 67-5 vertrap in hulle Groep C wêreldbekerwedstryd in Wellington.
Cele dalk geskors oor polisie-huurkontrakte
President Jacob Zuma het te kenne gegee dat hy dit oorweeg om die nasionale polisiehoof, genl. Bheki Cele, te skors rakende die uitkoms van die ondersoek na twee polisie huurkontrakte.
Media24, Avusa vir beweerde prysvasstelling ondersoek
Die Mededingingskommissie ondersoek klagtes oor beweerde prysvasstelling en sogenaamde roofdierpryse, teen Media24 en die Avusa-groep, berig RSG.