Die mynmagnaat, Patrice Motsepe, is volgens die Sunday Times die rykste persoon in Suid-Afrika.
RDK steun glo Mogoeng-benoeming
Die Regterlike Dienskommissie (RDK) sal aan president Jacob Zuma aanbeveel dat Mogoeng Mogoeng die land se nuwe hoofregter moet wees.
Blou Bul-moordverhoor begin
Die moordverhoor van die Blou Bul-stut Bees Roux sal van 5 tot 9 September in die hooggeregshof in Pretoria plaasvind.
Opruimingswerk op Bloubergstrand hervat na olielekkasie
ʼn Opruimingsoperasie op Bloubergstrand in Kaapstad is Sondagoggend voortgesit nadat die gestrande Seli 1-vragskip vroeër olie begin lek het.
Mogoeng: God wil hê ek moet hoofregter wees
Regter Mogoeng Mogoeng, wat aanbeveel word vir die pos van hoofregter, het Sondag aan die Regterlike Dienskommissie (RDK) gesê God wil hê hy moet hoofregter wees.
Pa van seuntjie in ‘skokfoto’ sê dit was net ‘n grap
Die seuntjie wat in ʼn Facebook-foto gewys word waar hy leweloos lê terwyl ʼn wit man met ʼn geweer oor hom staan, is lewendig en gesond.
Malema se dissiplinêre verhoor uitgestel tot 11 September
Die ANC het in ʼn verklaring bekendgemaak dat die dissiplinêre verhoor van sy jeugligaleier, Julius Malema, en vier van sy kollegas op 11 September sal voortgaan.
RDK gee Mogoeng geleentheid om op kritiek te reageer
Regter Mogoeng Mogoeng, wat aanbeveel word vir die pos van hoofregter, het Saterdagoggend vrae deur die Regterlike Dienskommissie (RDK) beantwoord om sy geskiktheid vir dié pos te bepaal.
Baba sterf na botsing in Kaapstad
‘n Baba is dood na drie voertuie gebots het op Okovango-weg oorkant die Cape Gate Medikliniek.
Twee wat polisievrou verkrag, vermoor swaar gestraf
Een van die mans wat skuldig bevind is aan die moord en verkragting van ʼn polisievrou van Bloemfontein is twee keer lewenslank tronkstraf gevonnis.
Selebi se aansoek om appèl in November aangehoor
Die Nasionale Vervolgingsgesag het aangekondig dat die voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, se appèl teen sy skuldigbevinding aan korrupsie in November aangehoor sal word.
Suid-Afrika wen nog twee medaljes by wêreldkampioenskap
Die Suid-Afrikaanse atletiekspan is in die 17de plek by die wêreldkampioenskappe in Suid-Korea nadat hy Vrydag nog twee medaljes ingepalm het.
Petrol gaan weer op
Die departement van Energie het aangekondig dat die prys van alle grade petrol aanstaande Woensdag met nege-sent ‘n liter styg.
ANC verwerp Malema se aansoek om klagtes te laat vaar
Die ANC se Nasionale Dissiplinêre Komitee het jeugligaleier, Julius Malema, se aansoek om die klagtes teen hom ter syde te stel, verwerp.
Suid-Afrika wys sy staal op Wêreld-atletiekbyeenkoms
Suid-Afrika se mans aflosspan het vir die einderonde van die 4 x 400 meter aflos gekwalifiseer by die Wêreld Atletiek Kampioenskap in Daegu in Suid-Korea.
Hoof van renostersindikaat borgtog geweier
Die vermeende baasbrein van ʼn Suidoos-Asiese smokkelsindikaat is borgtog geweier in die Kempton Park landdroshof omdat hy as ʼn vlugrisiko beskou word.
Ondersteuners wens Springbokke sterkte toe vir wêreldbeker
Verkeer in Sandton in Johannesburg word erg ontwrig met talle rugbygeesdriftiges wat daarheen stroom om die Springbokke af te sien voor hulle na Nieu-Seeland vertrek vir die Wêreldbeker.
ISS: Korrupsie in polisie nie sistemies
Die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) sê korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ʼn groot probleem maar dit is nie sistemies nie.
Groenskrif oor hervorming van grond negatief ontvang
Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, sê opkomende boere het nagenoeg 30% van die grond wat deur die regering aan hulle verskaf…
ANC verwerp openbare-belang-verweer
Die ANC het die moontlikheid om die verweer van openbare belang in die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting in te sluit, finaal die nekslag toegedien.