Awian van Schalkwyk (17) en Kim Swart (15) word steeds vermis nadat hulle glo Sondag saam weggeloop het.
Bloemhof-onluste: “Polisie werk saam met betogers”
Raadslede van die Lekwa Teemane-munisipaliteit het die polisie daarvan beskuldig dat hulle met betogers van Boitumelong, Bloemhof in Noordwes saamwerk.
Derby-Lewis nog net ʼn jaar oor om te leef; Steve betoog saam oor sy parool
Clive Derby-Lewis (78) is met longkanker gediagnoseer en het na verwagting nog net ʼn jaar oor om te leef.
Tulbagh-plaasaanval: Een sterf, twee aangekeer
Vinnige optrede deur ʼn boer, die polisie en ander boere in die Tulbagh-omgewing van die Wes-Kaap het daartoe gelei dat ʼn vermeende plaasaanvaller doodgeskiet, en twee medepligtiges aangekeer is.
Video van Potch-bakleiery van YouTube verwyder
Die video van ʼn student van Potch Akademie wat glo deur ʼn Ikeys-rugbyspeler ná die Varsitybeker in ʼn eetplek aangerand is, is Vrydag van YouTube verwyder.
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns hoor vandag oor verhoor
Twee 16-jarige seuns wat in Februarie glo twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor het, gaan na verwagting Vrydag in die Protea-landdroshof hoor of hulle saak verhoor gaan word.
Oscar Pistorius steeds in die getuiebank
Oscar Pistorius is Vrydag vir die vyfde dag in die getuiebank in die Pretoriase hooggeregshof.
SAUK onttrek DA se TV-advertensie
Die Demokratiese Alliansie (DA) het ʼn kennisgewing ontvang van die SAUK dat sy nuwe televisieadvertensie, getiteld ANC Ayisafani, nie meer uitgesaai gaan word nie.
Fourways-bankrowers nog soek
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat die Standardbank in Fourways, noord van Johannesburg, Donderdagmiddag beroof is nie.
Video: Duisende Toyotas in SA herroep
Duisende Toyotas in Suid-Afrika gaan na verwagting herroep word.
Foto’s: Man by Centurion-winkelsentrum doodgeskiet
ʼn 41-jarige man is Donderdagmiddag by ʼn winkelsentrum in Kloofsig, Centurion, in sy voertuig doodgeskiet.
Jannie Moolman ondergaan gesigoperasie
Die sanger Jannie Moolman het Donderdagaand ‘n operasie aan sy gesig ondergaan.
Video: Ikeys-speler rand glo vrou aan
ʼn Student van Potch Akademie beweer ʼn Ikeys-rugbyspeler het haar Maandagaand na die Varsitybeker in ʼn restaurant aangerand.
Polisie gaan 1 017 afdank oor misdaad
Die polisie gaan meer as ʼn duisend polisiebeamptes met kriminele rekords afdank, het die minister van polisie se kantoor gesê.
Meer as R46 miljard vir wapentransaksie
Die omstrede wapentransaksie het glo bykans R47 miljard gekos, het The Star Donderdag berig.
ANC karring glo aan DA-, IVP-plakkate
Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Donderdag gesê die ANC se foefie om DA-verkiesingsplakkate met hul eie toe te plak en aan IVP-plakkate in Ladysmith in KwaZulu-Natal te karring, is ʼn kriminele misdryf.
Saak teen Krejcir se vrou en seun teruggetrek
Die saak teen die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir se vrou, Katerina Krejcirova, en sy seun Dennis is Donderdag in die gespesialiseerde misdaadhof in Pretoria teruggetrek.
Video: Tiener doodgeskiet in Christiana-onluste
Die onluste in Noordwes het sy eerste slagoffer geëis ná dit van Bloemhof na die buurdorp Christiana oorgespoel het. Inwoners hier het verlede week begin plunder en die ontbinding van die plaaslike owerheid geëis.
Video: Superheld vir SA?
Die eerste volwaardige strokiesprentboeke het in 1933 in die VSA verskyn. Meer as tagtig jaar later het Suid-Afrika nog nie sy eie superheld nie maar dit kan moontlik binnekort verander.
Video: Kriekplaag in Wes-Kaap
Talle Wes-Kapenaars is geïrriteerd met duisende krieke wat die afgelope paar weke op die provinsie toegesak het. Inwoners kla oor slapelose nagte weens die krieke se geraas en selfs die owerhede het ingegryp.