De Klerk Oelofse, bekend vir sy rol in die kykNET-reeks Die Boekklub 2, is vanjaar op die Aardklop Nasionale Kunstefees in die solovertoning, Strooijonker, asook in die Nico Scheepers-produksie, Nêrens, Noord-Kaap, te sien.
Luister: Aardklop: ‘Los asseblief ʼn boodskap’, vra Simoné Nortmann
Simoné Nortmann, bekend vir haar rol as Irma Humpel in die fliek ‘Vir die voëls’, debuteer vanjaar met haar eerste solostuk, ‘Los asseblief ʼn boodskap’, by die Aardklop Nasionale Kunstefees.
Kan jou seun dié rol in ʼn Aardklop-produksie vertolk?
Die Aardklop Nasionale Kunstefees, wat vanjaar van 2 tot 8 Oktober op Potchefstroom in Noordwes aangebied word, is op soek na ʼn jong seun om in een van dié fees se produksies te speel.
Aardklop: Kom redekawel saam!
As jy graag redekawel, kan jy binnekort by die Aardklop Nasionale Kunstefees op Potchefstroom deelneem aan niks minder nie as 12 “Redekabel”-gesprekke oor alles van politiek en grondkwessies tot die invloed van sepies op die samelewing.
Aardklop: ‘Is bloed dikker as water’, vra ‘Winterboom’
Die verhoogdrama Winterboom wat in Julie op die Vrystaat Kunstefees gedebuteer het, is volgende maand ook op die Aardklop Nasionale Kunstefees te sien.
Aardklop: ‘Half leeg’ bied ʼn snit van die lewe
“Ons lewe in ʼn samelewing waarin ons heeltyd via sosiale media aan mekaar verbind is, maar tog práát ons nie genoeg met mekaar nie en maak nie egte konneksies nie.”
Aardklop: ‘Grensverskuiwende’ teater met één gehoorlid, één akteur
Die teaterwêreld gons behoorlik oor DEURnis – ʼn produksie met één akteur en één gehoorlid waar die teaterganger as’t ware deel word van dié fiksieverhaal wat nét tussen hom en die akteur afspeel.
[Luister] Aardklop: Kuier spotgoedkoop saam op Die Bult, in teaters
Aan ʼn wenresep durf verander jy nié – daarom word die Aardklop- nasionale kunstefees vanjaar wéér op Die Bult in Potchefstroom, waar die hart van die fees is, gehou.
[Resensie] ‘30 Years, 90 Minutes’: Nataniël weergaloos ná 30 jaar
Weinig dinge van waarde kan begin én voltooi word binne die bestek van 60 sekondes: Hoër gehalte en selfs hoër waarde verg meer tyd juis omdat elke aksie eers aandagtig ondersoek en evalueer moet word voordat dié aksie uiteindelik gestalte kry.
[WEN] ‘Altyd in my drome’ by die Brooklyn-teater
“Dis ’n stukkie toentertydse sentiment aangebied in eietydse teatervorm en is vermaak vir die hele gesin.”
[Wen] Karlien van Jaarsveld by die Blou Hond-teater
Die sangeres en aktrise Karlien van Jaarsveld is op 30 Augustus by die Blou Hond-teater in Pretoria te sien.
[Luister] Nataniël terug in volle glorie om 30 jaar te vier
“Vanjaar maak ek jou dood. Ek gooi vir jou met my ‘mic’.”
[Video] Aardklop: Kies ʼn feeskarakter en kom hou fees
Of jy nou ʼn feesflerrie, ʼn Sannie-smulpaap of ʼn boekie-bokkie is, vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees op Potchefstroom gaan iets vir jóú bied: die unieke en diverse feesganger wat om welke rede ook al dié fees ondersteun.
[Video] Aardklop 2017: sit aan vir ʼn fees na hartelus
“Kom ons praat uit die hart uit, en noem ʼn ding op sy naam: Aardklop 2016 was ʼn wonderwerk. Daarom gaan ons ná hierdie gesamentlike reusereddingspoging in 2017 elke uiteenlopende feesganger, deelnemer en kunstenaar se bydrae tot die sukses en voortbestaan van Aardklop vier.”
Gemeenskapsteater: “Uit Diep van Donker Nagte”
Verskeie versoeke is oor die jare gerig dat hierdie produksie weer opgevoer moet word. Vanjaar, as deel van die 500-jarige reformasieherdenking van die 16de-eeuse kerkhervorming, word “Uit Diep van Donker Nagte” weer opgediep, afgepoets en ʼn blinknuwe baadjie aangetrek.
[Teater] Sandra Prinsloo – Moedertaal
Elke mens se lewe is epiese een, as jy op die regte manier daarna kyk. Vir Nellie, oud en lank al alleen, kom berusting in die vorm van herinneringe: haar man, haar kind, en die onvermydelike rivier van tyd, wat net in een rigting vloei…
Jou teks dalk by kunstefees opgevoer
Skrywers word aangemoedig om hul tekste of idees vir tekste nou in te dien vir kunstefeeste, teaters en ander beleggers vir moontlike verdere ontwikkeling.
Ekstra Classics-konsert ten bate van Knysna aangebied
’n Ekstra Classics is Groot-konsert word op Saterdag 24 Junie om 12:00 by die Moreletapark-ouditorium in Pretoria aangebied, ten bate van diegene wat deur verwoestende brande in Knysna geraak is.
[WEN] Schalk Bezuidenhout in Atterbury-teater
As jy middel-Junie tydens die langnaweek jouself in Jan Tuisbly se karretjie bevind het jy drie geleenthede om Schalk Bezuidenhout, die krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies, te sien optree in die Atterbury-teater in Pretoria.
Innibos 2017 groter as voorheen
Meer as 300 kunstenaars op die feesterrein, vyf kuierverhoë buiten die Standard Bank-hoofverhoog, verskeie debuuttoneelproduksies en ’n uitgebreide crawl-program – dís maar net ʼn paar van die hoogtepunte waarna Innibos-feesgangers vanjaar kan uitsien.