WEN kaartjies na die vertoning! Die Pieter Toerien-teater by Montecasino het hierdie week geskiedenis gemaak toe ʼn Afrikaanse toneelstuk vir die eerste keer by dié teater verskyn het. Besonderhede oor die kompetisie verskyn onderaan die berig.
Resensie: Droomkind – oortuigende Bybelstorie in die hart van die Karoo
Die meeste teaterliefhebbers lig ʼn wenkbrou as hulle hoor dat Bobby van Jaarsveld die rol van die Bybelfiguur Josef in die nuwe teaterproduksie “Droomkind – die verhaal van Josef” vertolk. Maar die prentjie verander as ʼn mens agterkom die Bybelverhaal is vertaal na ʼn hedendaagse, Suid-Afrikaanse konteks waar Bobby die rol speel van Josef Wolmarans, die twaalfde en gunstelingseun van ʼn skaapboer in die Karoo.
Video: Marion Holm oefen jou lagspiere
Marion Holm se eenvroustuk laat die gehore altyd skater van die lag en verlede jaar het Holm: ge-MARION-neer juis dit gedoen. Vanjaar pak Marion weer ‘n hele paar projekte aan.
Video: Bybelverhaal kry nuwe baadjie in Droomkind
Bobby van Jaarsveld was verlede jaar te sien in die musiekblyspel Liefling en aanhangers kan nou uitsien na wanneer hy sy volgende verskyning op die verhoog maak as Josef in die produksie Droomkind.
Video: Talle beseer toe Londen-teater se dak instort
Minstens 88 teatergangers is beseer, waarvan sewe ernstig beseer is, toe die dak van die bekende Apollo-teater in Londen Donderdagaand tydens ‘n opvoering ingesak het.
“Kersklanke” vier 21e speelvak
Dit is moontlik die laaste speelvak van “Kersklanke” in Pretoria, aangesien Carel en Petru nou in Somerset-Wes in die Wes-Kaap woon.
“Ons vir jou” is terug op publieke aanvraag
Na vier jaar se onophoudelike navrae, kan die Boereoorlog-musiekspel, Ons vir Jou, uiteindelik vanaf 5 Oktober 2013 vir die eerste keer in Kaapstad gesien word.
Die Skepping – ‘n Oratorium
Die Skepping – ‘n Oratorium, gekomponeer deur musiek-legende Janine Neethling met woorde deur Deon Opperman, het vroeër vanjaar gehore in die Staatsteater se Operahuis betower en is met staande-toejuigings ontvang.
Video: ʼn Vars benadering tot komedie
Jimmy in Pienk vertel die storie van Jimmy Bester, ʼn mielieboer wat sy kakiebroek en vellies eenkant toe te gooi en deelneem aan ʼn haarstiliskompetisie om sy plaas en familie te red.
Video:VerSKRIKKELik SNAAKS is inderdaad verskriklik snaaks
‘n Agter-die-skerms-kykie na VerSKRIKKELik SNAAKS, ʼn Afrikaanse verhoogproduksie wat bestaan uit ʼn unieke kombinasie van skerpskerts- en komediesketse.
Video: Première van Babalas
Die nuwe Suid-Afrikaanse rolprent Babalas begin op 2 Augustus in teaters draai, met bekendes soos Ian Roberts, Norman Anstey, Jack Parow en Tammy-Anne Fortuin.
Die Groot Trek op die verhoog
“Trek” beeld die daaglikse hartseer en vreugdes van die Groot Trek uit deur die oë van vier vroue wat die Trek meegemaak het.
Laaste kans om Jesus – Die Musiekblyspel te sien
Die verhaal van Jesus is al in verskeie vorms aangebied: op die verhoog, in rolprente, in boeke en Kinderbybels. Nou is die storie van Jesus weer op die verhoog, maar die keer in die vorm van ʼn musiekblyspel.
Fietsry ten bate van die Teaterbystandsfonds
Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees gaan van 2 tot 6 Junie die fietswiele laat sing ten bate van die Teaterbystandsfonds.
Agter die skerms van ‘Jy is my Liefling’
Na die suksesvolle rolprent, Liefling die movie, kan aanhangers nou uitsien daarna om dit op die verhoog in die Staatsteater te sien.
Moeiteloos na die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees
Mismoedig oor die hoë brandstofpryse? Bang dit gaan jou planne om vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees by te woon in die wiele ry? Lees hier!
Ester die Musical is terug
Julle het gevra en die vervaardigers het geluister! Na publieke aandrang is die musiekblyspel, Ester die Musical, weer terug op die planke by die Pretoria…
Pendoring 2012: Makietie in Kaapstad
Alle paaie gaan in September na Kaapstad lei vir die reklame-fees der feeste: Pendoring se heel eerste bekroningsaand in die Moederstad sedert dié reklametoekennings se ontstaan 18 jaar gelede!
Onderweg met Jannie du Toit
PG du Plessis se teks vermeng humor met erns en regisseur Emma Bekker omskep die aanbieding in ’n kragtoer wat du Toit se statuur as meester van die kleinkuns herbevestig.
Wen kaartjies na ‘n klassieke vertoning op 10 April
Hierdie kompetisie is gesluit: Marten Mathys Van Wyk vertolk Beethoven se Klavier Sonata no 23, “Appassionata”, op die klavier sowel as kort werke van Brahms, Liszt en Debussy.