Negentien mense is gered nadat ʼn vragskip Donderdag aan die kus by Knysna gestrand het.
Lees meerAlles vir Donderdag 8 Augustus 2013
Leërskool eis soveelste slagoffer
Die weermag se infanterieskool op Oudtshoorn het nog ʼn slagoffer geëis. Die liggaam van ʼn rekruut is Donderdagoggend gevind.
Kapers doodgeskiet na wilde jaagtog
Twee kapers is Donderdag in Durban in KwaZulu-Natal doodgeskiet terwyl hulle van die polisie probeer vlug het.
Muur bied hoop vir ongewenste kinders
As deel van die vieringe van Vrouemaand is ʼn muur met ʼn ingeboude broeikas bekend gestel wat ʼn alternatief bied vir ouers wat nie hulle kinders wil hê nie.
Wag wat glo moor kry borg
ʼn Veiligheidswag van Kimberley is Donderdag op borg vrygelaat nadat hy glo ʼn motorwag doodgeskiet het.
Hier is SA se Dorp van die Jaar
Die prentjiemooi Vrystaatse dorpie, Fouriesburg, is as die 2013-wenner van Kwêla op Kyknet se Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys. Fouriesburg is geleë langs die Maluti Drakensberg-roete (MDR).
Video: Sakelui ontstoke oor voorgestelde arbeidsmaatreëls
Suid-Afrika se sakesektor stuur af op ‘n hernieude geskil met die regering oor arbeidsmaatreëls.
Britse meisies op eiland met suur gegooi
Die polisie van Zanzibar, ʼn eiland aan die ooskus van Afrika, het Donderdag gesê hulle is op soek na aanvallers wat twee Britse tienermeisies met suur gegooi het.
Swaar straf vir Parys-plaasmoordenaars
Die twee mans wat Woensdag skuldig bevind is op die moorde van Ernest en Annetjie van Rooyen is Donderdag tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis.
Twee vas vir moord op JHB-tiener
Twee mans is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 15-jarige meisie van Johannesburg.
“Ideologie van rasseverteenwoordiging is wetlik en moreel bankrot” sê Solidariteit
Die ideologie van rasseverteenwoordiging is wetlik en moreel bankrot, het die vakbond Solidariteit Donderdag oor die voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming gesê in ʼn voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor arbeid
Skrums word nou anders “geroep”
Gereelde rugbykykers sal van Vrydag af, wanneer die Curriebeker se Premierreeks vir 2013 afskop, nie die bekende “touch, pause, engage” hoor wanneer skeidsregters ‘n skrum “roep” nie.
De Luxe-album- Hulle
Hulle is seker is een van die beste sangpare wat die afgelope tyd op die musiektoneel verskyn het, en hierdie album sal by ‘n groot gehoor byval vind.
“Bonnie en Clyde”-paartjie vasgetrek
ʼn Paartjie wat bekend geword het as “Bonnie en Clyde” is Woensdag deur die polisie aangekeer nadat hulle glo betrokke was by ʼn reeks diefstalle by skouhuise regoor die land.
Twee skuldig aan Parys-plaasmoorde
Twee mans is Woensdag skuldig bevind op die moord van Ernest en Annetjie van Rooyen, het Volksblad Donderdag berig.
Hoe groot is U – Jan de Wet
Jan is ‘n legende in die Afrikaanse musiekbedryf, en enigiemand wat van sy vorige albums gehou het, sal ook hierdie een geniet.
Margate-vrou verkrag en vermoor
Janetta Lorraine van der Walt, ʼn 60-jarige voormalige ouditeur, is Dinsdagaand by haar huis in Margate, KwaZulu-Natal, verkrag en vermoor, het Beeld Donderdag berig.
Parow-manewales maak voorbrand vir “iets groot” by Oppikoppi
Jack Parow se inhegtenisneming was glo ‘n publisiteitsfoefie vir “iets groot” wat die naweek by die Oppikoppi-musiekfees in Limpopo gaan gebeur.
Sanger sterk aan ná beweerde selfmoordpoging
Rudi Claase van die voormalige Die Lieflinge-faam, sterk by sy huis in Pretoria aan nadat hy glo oor die naweek probeer het om selfmoord te pleeg.
Desmond Tutu glo beroof
Inbrekers het glo Woensdagoggend op emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se huis in Kaapstad toegeslaan, het Eyewitness News Donderdag berig.