Luister: Die Kinderwet, gesinshereniging en pleegsorg

Foto ter illustrasie. (Foto:
Meghan Holmes/Unsplash)

Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) het onlangs ʼn storie van hoop op Maroela Media gedeel, van ʼn seun wat ná sewe jaar in pleegsorg weer met sy biologiese ma herenig is.

Dié seun is as sewejarige weggeneem van sy gesin omdat daar ernstige geweld in die huis was en die hele gesin deurgeloop het.

Volgens Henda van der Merwe, direkteur van die CMR Gauteng-Oos, is die seun se storie egter een van hoop. Sy glo gesinne kan wel herenig word, selfs ná ʼn groot trauma en dit is ook iets waaraan maatskaplike werkers hard werk om dit moontlik te maak.

Van der Merwe het met Maroela Media gesels en ʼn paar vrae beantwoord oor die verwydering van kinders uit ouerhuise, asook die gesinsherenigingsproses. Sy het meer oor die Kinderwet vertel en die rol van pleegsorgouers bespreek.

Sy verduidelik in watter omstandighede daar oorweeg sal word om ʼn kind van sy of haar ouers te verwyder.

  • Die CMR Gauteng-Oos ondersteun tans amper 900 kinders in pleegsorg.
  • Besoek die CMR Gauteng-Oos se webblad of Facebook-blad vir meer inligting.
  • Luister na die volledige onderhoud boaan hierdie berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Santa ·

Ek glo dat die CMR oor die algemeen dalk goeie werk doen, maar ek weet dat die CMR ook arm wit gesinne opbreek en groot smart veroorsaak. Op amper elke hoek van die stad is daar egter swart dames met klein babas wat staan en bedel. Hulle word nie onder dieselfde kam geskeer as die arm wittes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.